Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

Die belangrikste dinge wat ek al in die lewe geleer het.

Mei 4, 2011 in Sonder kategorie

“One-liners” is dalk bitter corny, maar dit dalk vir ‘n rede. Vandag wil ek nie sad raak, filisofeer, of enige stories uit my lewe deel nie. Net so paar goed noem wat ek geleer het in die afgelope 22 jaar:

1) jou Ma weet als.

2) Lag, en die wêreld lag saam met jou. Huil, en jou vriendin sal jou troos.”

3) “only dead fish go with the flow”

4)” be true to no-one but yourself.”

5) “life is not about the amounts of breaths you take, but about the amount of moments that takes your breath away.”

6) Byna alle ouers doen dit wat hul glo die beste is vir hul kind. Tenspyte van wat die kind dink.

7) Die prentjie is groter as net jy

8) Jou naam loop jou vooruit

9) Vriendelikheid kos niks

10) Almal het ‘n storie om te vertel. En almal soek net iemand om te luister.

11) Die donkerste uur duur slegs sestig minute

12) die slegte tye in ons lewens is slegs die brue wat ons van een goeie tyd na die volgende neem

13) Dertien is nie regtig ‘n ongelukige getal nie.

14) expect the unexpected

15) “Don’t trust anyone…not even your dad”

16) allle goeie dinge kom ook tot ‘n einde

17) Gryp elke geleentheid aan

18)  A drink to much cause you to loose money, your memory, and your name.

19) Niks wat met “te” begin is ooit goed nie, net tevrede.

20) Na twaalf gebeur niks goeds nie. (Dit klink onrealisties, maar is 90% van die kere waar)

Dink daar is nog baie meer, maar dis net die’s waaraan ek nou kan dink. Voeg gerus nog voorstele by?

Die tweede “eerste dag” van die tweede kwartaal

Mei 3, 2011 in Sonder kategorie

Paasnaweek, die Royal wedding, Osama se dood, en al die ander vakansie dae is verby, en vandag moet ek weer vroeg opstaan om betyds op die N1 te klim voor die ergste verkeer begin. Die breuk was langer as my amptelike vakansie en om terug te kom in dit wat onderstel is om roetine te wees is ‘n sukkel.

Ek was nog nooit een vir laat slaap nie en is gewoonlik teen sesuur lankal op. Vakansies ook. Omdat ek ADHD het sukkel ek om stil te sit, en sorg daarom dat ek vakansies ekstra werk reel, en projekte aanpak sodat ek op ‘n manier van al my oortollige energie kan ontslae raak. Maar ‘n maand terug het ek besluit die natuurlike manier om my lewe efens georden te hou werk nie meer nie, en het dus weer aan my dokter se deur gaan klop vir dááí voorskrif: Ritalin.

Dus het ek hierdie vakansie gebruik om te doen wat “normale” mense op vakansie doen. Niks. En dit was ‘n fees! Ek het geen begeerte gehad om op en af die hele wêreld vol te ry nie, en het rustig na die televisie gekyk sonder die gewone neiging om nog iets te doen om my besig te hou nie. Maar saam met hierdie “afskakel” kom natuurlik die deel waar mens weer moet “aanskakel”. Nagmerrie. (In my kop is ek besig om te redeneer of dit dan nie net makliker is om nie af te skakel nie, dan sit jy nie met die probleem nie.) So… Vanoggend toe my wekker my om ses wakker maak, rol ek myself fiesies uit die bed en daar lê ek wragtig op my vloer en wonder of ek nie maar hier kan aanslaap nie. “Nee. Klas gaan begin en jy haat dit om agter te wees met jou werk.”

My bankrekening is weer leeg want met al hierdie vakansie tussen in sukkel my salaris nou om deur te wees. (Ek is SO gatvol daarvan om permanent “broke” te wees!) Dus, geen koffie vir die pad vandag nie.

In die Kaap aangekom besef ek die een helfte van my projek waaraan ek wou werk lê by die huis. En die werk wat ek moet ingee is bitter effentjies gedoen. (Die vakansie ding was hopeloos te lekker.) Toe my dosent inkom vertel hy my dat ek kan bly wees hy is nog in die “royal” mood, want queens daal nie tot op die vlak waar hul soos ‘n bitch op hul studente skree nie. (Jammer vir die taal, maar dis aangehaal.) Hy is terleurgestel. Ek kan dit sien. En die enigste ding wat vir my erger is al ertjies eet, is as iemand terleuresteld is.

Stert tussen die bene gaan ek vanmidag huis toe. Op pad terug na agter die boerewors gordyn om my werk te gaan probeer red, is daar ‘n ongelukstoneel. Die verkeers beamtes laat almal stadig in een baan indruk terwyl oranje bakens die regterkantste baan afsper. Ouder gewoonte is my venste wawyd oop (geen lugreling in geel golfies nie.) en ek wonder nog wat aangaan toe ek ‘n straatkind in die afgesperde baan hoor skree dat dit bars. Ek sien hom op die teer lê in ‘n plas bloed, terwyl sy ledemate in al die verkeerde rigtings gedraai is. Ek begin skree. Dan huil. En dan begin my hele lyf skud en die pins en needles begin van by my tone tot my neus se punt versprei. Ek trek eers af om te kalmeer. Die blerrie taxi’s tog! As daar een ding is wat ek meer haat as ertjies en terleurgestelde mense, is dit kinders wat swaarkry. Ek verstaan dit nie, en raak elke keer ontsteld as ek daarmee in aanraking kom.

Net na ek myself weer uiteindelik kalmeer het lui my sel. My baas is aan die ander kant. Sy is baie jammer maar sy het nou eers my salaris in betaal. Dit behoort teen donderdag in te wees. Ek vloek in my kop. En dan voel ek skuldig. Kwaad word help niks. Ook wil sy my net vra of ek asseblief na Stikland sal ry om daar vir haar ‘n pakkie te gaan optel. “Als reg.” sê ek, want my werk is kosbaar. (ek vloek weer en voel nie eers skuldig nie.) Waar wil sy hê moet ek petrol intap as my salaris nog uitstaande is? Dit moes al vrydag in gewees het?

Ek weet nie waneer laas jy in stikland was nie maar die plek is ‘n malhuis. Die adress sê La Belle road, maar is eintlik in een van daai agter strate wat nie ‘n naam het nie. Ek bel die plek en hou hul op die foon tot ek voor die sekuriteitshek van die kompleks stop. Daar is my lugtyd van Mei ook iets van die verlede.

Die sekuriteitswag sê my dat ek na die kompleks langsaan moet ry want hy weet nie of die plek hier binne by hom is nie. Ek sê vir hom dit is. Hy trek net sy skouers op.

Geduldig maar geirreteerd ry ek nba langsaan waar ek myself sommer regmaak om ongeskik te wees. Ek is bitter gatvol en hou aan dink aan die projek wat ek moet loop red. (O ja, ek het nog nie eers die bergie genoem wat tydens die hele duur van ‘n rooi lig vir my gevra het of hy saam met my kan kom sodat ons kan gaan karfoefel nie.) Ek wil nog my geireteerde gesig opsit toe ek die swart engel met die wit tande by my venster sien. My ouma het toe ek klein was vir my gesê dat engele nie kan swart wees nie maar sy het pleinweg gejok want hier staan een dan.

“hello sissi, and how can I help you today?” Sy stuur my terug na die eerste hek en toe ek daar kom is sy wragies daar besig om met die ander sekuriteits man te raas. Sy laat my in ry tot by ‘n parkeerplek onder so groen seil, en beduie my nes daai mense op die aanloop baan dat ek hier kan parkeer. “V.I.P. parking for you mam. May you have a blessed day.”

En net so is my tweede eerste dag van die tweede kwartaal weer ‘n goie een!

Die Storie van my ma…

Mei 3, 2011 in Sonder kategorie

Vrek…

Ek mis my ma vanaand. Die temtasie is groot om in my kar te spring, sommer net so in my jammies, en na haar toe te ry. Dan sal ek vergeet van haar groot “space bubble” en haar ernstige sin vir higiene, en dan by haar in haar bed loop klim. Onder haar groot wit duvet, en dan sal ek styf teen haar gaan lê en voel hoe haar lyf stokstyf word van ongemak oor iemand so na aan haar is. Dan sal ek haar vertel oor die kinders wat ek oppas, die naaldwerk waarmee ek besig is, my hart wat amper weer gesond is, en ons sal skinder oor die familie.

Maar, soos baie ander dinge het my ma my geleer dat na die klok 12 geslaan het, geen besluit ‘n goeie een is nie. So laat ek maar hier onder my eie duvet inklim, en haar op my skerm verlang.

My ma is ‘n besondere mens. Eenhonderd persent my teenoorgestelde, maar absoluut besonders. (ja…ek weet dis wat almal oor hulle ma’s sê, maar myne is REGTIG EGTIG) Ek erken graag as mense my vra dat van die min dinge wat ons ingemeen het is hardkoppigheid, en sensitiwiteit (al is ons altwee te hardkoppig om die laasgenoemde te erken.) Maar tenspyte van dit het ek haar innig lief, en ek dink nie ek sê dit ooit genoeg vir haar nie.

My ma het eindeloos baie vir haar kinders gedoen met die grootword jare, en met vier woelige kinders soos ons kon dit nie maklik wees nie. Tussen deur het sy die fight teen borskanker braaf geveg, en dan nog na haar ma omgesien. Ek het deel geneem aan elke buite muurse aktiwiteit wat daar moontlik is, van Funk-danse, tot kuns. Al wat ek nie gedoen het nie is drama, want my pa het volgehou, ek het verseker nog klas daarin nodig nie.

Maar ja…die storie wat ek vanaand oor my ma wil deel is ‘n heel ander een. Toe ek net so om die draai van skool verlaat is het ek deur ‘n lekker dip gegaan, en my wêreld het gevoel asof dit besig is om in mekaar te val. Maande het my ma omgesukkel om my weer opgewonde oor die lewe te kry en die sterre terug in my oë te blaas, en dit nog alles terwyl die res van haar lewe moet aangaan soos gewoonlik.

Een môre kom maak my ma my toe wakker. Ek moet die mooi vol maan kom kyk wat deur haar skuif-deur vir haar loer. Ek is bitter min lus maar uit eindelik kry sy my op. Af in die gang na haar kamer waar sy die gordyne wa-wyd ooptrek. “Kyk net hoe mooi!” Ek soek maar sien geen maan nie. “waar?” “Hoe kyk jy dit mis? dáár!” sy beduie vir my met haar mooi maer vinger.

Ek kyk en kan amper my oë nie glo nie. Haar vinger trek ‘n reguit streep na dit wat baie beslis nie die maan is nie. Ek lag. Sy vererg haar half en probeer klein kry wat dan nou vir my, wat maande laas gelag het, só snaaks kan wees. “Ma…daardie is die bure se DSTV skottel’

Ek mis my ma vanaand!

Nostalgie in die Noordelike-Voorstede

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

Een van die dinge wat ek die meeste geniet om weer in ‘n Voorstad van Kaapstad te bly is dat daar kinders in my straat speel. Vandag weer toe ek voor my huis stop en uit die kar klim, loer daar ‘n tien-jarige van uit die bos vir my. Op sy kop is ‘n weermag-helm, en oor sy shouer hang ‘n speelgoed punt-22. Dis die selfde kind wat gister verby my op sy fiets gery het en vir sy boetie vertel het : ” Ouma en oupa sit op die stoep. Oupa gee ‘n harde poep. Ouma vra ‘Wat makeer?’ Oupa sê sy maag is seer.”

Ek lag kliphard in my kop. Nie vir die baie bekende rympie nie, maar vir hoe baie die kleiner boetie dit geniet. En skielik wonder ek by myself. “Waneer was dit dat die rympie op gehou het om vir my snaaks te wees?”

Kyk, ek weet 22 is bloedjonk. Ek probeer nie eers om oud te klink nie, belowe. Maar ek is nie meer ‘n kind nie. Ek is nie eers meer ‘n tiener nie.

Ek begin terug dink aan my grootword jare, nie te ver van waar ek nou woon nie. Ek onthou hoe ek op die kerk se parkeer terein met my fiets oor die groot bome se wortels gaan jaag het oor dat díé mens so lekker laat hop. Ek verlang terug na my tiende verjaardag partydjie, en die swempartydjie en die roomys koek. Daar was my “Lion King” swembroek met valletjies op skouertjies vas gewerk en dit was vir my so só mooi. Ek wonder wat van die seuntjie geword het vir wie ek briefies aan gestuur het in standerd 2. (As ek sy naam kan onthou, sou ek hom op facebook gaan soek het.)

Daarna het die tiener-jare natuurlik gekom, waar ek gewens het ek het nooit enige een van hierdie dinge gedoen nie, want dit was “way embarrasing”.  Toe ek net so amper met laerskool klaar was wou ek met alle mag saam met die mooi meisies in die skool, winkelsentrums toe gaan net om daar rond te slenter en weg te wees van onder die ouer oog (vandag kan ek die plekke nie verdra nie.) Ek het geweier om te glimlag op fotos en skielik wou ek skool toe stap want fiets ry was net vir die “losers”, dit maak nie saak hóé ver die skool is nie. En dan natuurlik, net sodra ek uit die huis is, het my skoolrok se belt tot laag oor my heupe gesak.

Ek ry so paar dae gelede verby ‘n höerskool meisie wat haar belt soos hierdie dra. Wie op aarde het besluit dat hierdie ‘n gier behoort te wees? Dit lyk AAKLIG! Haar hare is verslons agter haar kop vasgemaak en al die make-up om haar oë verbloem haar pragtige tiener gesig met mening!

Ek lag maar net weer vir myself want ek besef dit is ek, nie te lank terug nie. As ek maar net my ma geglo het toe sy vir my keer op keer gesê het dat ek oor ‘n paar jaar sal terug kyk en net my kop sal skud.

Skielik wens ek weer ek was agt. Sodat ek vanvoor af kan begin, en al hierdie nonsens fieterjasies kan los. Sodat ek langer barbie sou speel. Sodat ek nie my tyd so gemors het nie, en dat ek elke oomblik meer waardeur het en besef het dat ek nie veraltyd hierdie dinge sal kon doen nie.

Maar ek is nie spyt nie. Ek het soveel geleer en ondervind en besef. Die dinge wat ek vandag weet, en die mens wat ek nou is, is alles te danke aan dit wie ek was.

maar wag…laat ek nou nie te nostalgies raak nie. anders sal ek oor vyf jaar terug kyk en dink, “waarom het ek 22 nie meer waardeer nie?'”

En tog het ek jou begin vergeet…

Mei 1, 2011 in Sonder kategorie

Vergeet:

Ek wil jou nog nie vergeet nie

Ek wil jou nog so rukkie vashou

Aan die droom van jou

Die moontlikheid

Van ‘n geleentheid

Dat jy my dalk eendag

Weer kan onthou

Daar is soveel mooi om my

Wat ek wil wys vir die mooi van jou

Wat ek wil deel

Met daai hart van jou

Ek wil jou nie vergeet nie

Ek wil nie aan beweeg nie

Wil nie ophou

Droom van jou

Ek wil nie sonder jou nie

Ek wil nie

Van jou vergeet nie