My glamor(Les)’s lewe

Mei 30, 2011 in Sonder kategorie

Meisies vertel my gereeld dat ek hul kinderdae droom leef sodra ek hul vertel dat ek mode-ontwerp studeer. Ek hoor van hoe hul altyd rokke geteken het en van mooi klere hou, maar hoe hul die droom erens langs die pad ingeruil het vir iets meer realisties. (Waarom mode-ontwerp onrealisties is kon ek nooit verstaan nie, maar dis nou weer heel van die punt af.) Ek sien gereeld hoe meisies met sterre in hul oë agterna kyk waneer ek met ‘n maatband om my nek die pick a pay instap, of hoe iemand iets fluister en my verlangend aanstaar as ek met ‘n aandrok wat ek gemaak het na my kar beweeg.

Ek gaan nie jok nie. Voor ek begin studeer het, het ek ook na tiener televisie reekse gekyk waar ‘n hoërskool meisie oornag ‘n bekende ontwerper sou raak, en dit dood eenvoudig nadat sy ‘n paar lappe op ‘n kreatiwe manier op ‘n dummy sou vas steek. Ek het gedink dis fantasties en dis wat ek wil doen. Maar min mense besef dat daar ‘n miljoen meisies is wat mooi lappe op ‘n mooi manier om ‘n pop kan draai. Dit het boggerol met wat ek leer uit te waai. Tiener reekse vertel jou nie van sketse oor en oor en oor doen nie. Dit wys jou nie hoe jy aande omsit en aan opstelle werk oor die geskiedenis van mode nie. Daar word nooit genoem dat jy eers ‘n perfekte patroon moet optrek voor jy ‘n perfekte vorm sal kry nie. Dit reflekteer nie dat talent bitter min met jou sukses uit te waai het nie. Dis juis daarom dat slegs een derde van ons eerste jaars klas hierdie jaar klaar maak. Dis slegs realisties haalbaar met ‘n groot passie en harde werk. Soos meeste ander gewone realistiese opsies. Weer van die punt af…

Ek hoor vandag die nuus dat ek een van tien studente in my klas is wie se werk aan foshini vertoon gaan word, en dat ek dalk die geleentheid sal hê om by Cape Town Fashion Week my werk te wys. Jip. Dis moer exiting, maar ek weet in my wêreld beteken dit maar minimaal. Jy is maar net nog een nommer wat dalk die geleentheid gegun sal word om 10 sekondes van roem te beleef en dan weer vergeet te word. Ek is steeds bly, want dis ‘n persoonlike oorwinning.

So vandag wandel ek weer in die strate van Kaapstad met my hoë hakke, rooi lipstif, portefulje in die een hand, en Garment-bag in die ander oppad na die Fasion Council van Kaapstad om my werk te gaan aflaai vir die kompetisie. Mense kyk na my en my vriendinne en ek kan sien hoe hulle na ons kyk assof ons die droom lewe.

Na ek my werk ingelewer het klim ek in my cute geel karretjie, steek ‘n lang dun sigaret aan om my dag te vier, en blaas rook walms tussen my rooi lippe uit. My Cat Stevens CD speel en trap petrol om by die “puma” kantoor uit te kom waar ek tans ‘n internskap doen. My lewe klink bietjie soos ‘n tiener reeks, ek weet. Bonop gaan ek weer gereeld uit met nuwe, oulike kêrels ek drink cocktails meer gereeld as koeldrank, en word selfs verras met blomme elke nou en dan.

Tog, toe ek die kantoor 17h30 verlaat sit ek in die verkeer terwyl daar water op my sweid boots drup omdat my kar besig is om op te roes. Ek soek alweer ‘n take-away plek wat gesonderige kos verkoop, want deesdae kook ek nie meer nie. Om kos te maak vir een persoon is uiters depresing. Ek wil iemand bel om die goeie nuus van die dag te vertel, maar my selfoon is so in sy dinges in dat hy nie meer klank het nie. Ek kou aan ‘n pizza-skyf waarvan die base so dik soos ‘n sny brood is, en dit is noggals die “thin-base” opsie.

Ja, van buite af lyk my lewe so glamorous, maar saans, waneer al die pret verby is,waneer die laaste vleiende sms deur gekom het, en waneer al die grimering af is, dán is waneer die wêreld moet kyk. Dis hierdie oomblike wat in televisie reekse behoort vas gevang te word. Die oomblike waneer ek ook maar net in my pajamies en pantoffes sit en werk om my realiteit te kan behou.

Ja. Ek is mal oor wat ek doen. Ek ís baie bevooreg om my droom te kan leef. Maar vir elke glamour’s oomblik, is daar 10 glamourLESS oomblikke wat mens eers moet deur werk voor jy daar kan kom. Ons almal se lewens het maar soet saam met ‘n bietjie suur.

5 antwoorde op My glamor(Les)’s lewe

  1. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2011

    Ek hou van die. My vriendin se dogter swat ook mode-ontwerp en glo my, ek voel saam met jou en met hulle. Ek dink dis ‘n ongenaakbare wêreld wat jy betree. Maar met jou oopkop en realistiese beskouing sal jy dit ver bring. Doen so voort.

  2. loudavisi het gesê op Mei 31, 2011

    Geluk, Sonnet!
    Jy gaan ‘n fab toekoms binne.

  3. zephur het gesê op Mei 31, 2011

    take-away plek wat gesonderige kos verkoop…tant Malie se tuisnywerheid…hahaha nee ek weet nie

    Maar hou aan met die droom…leef hom en geniet hom

  4. LOL Zeppie! het toe maar gesetle vir ‘n small vegetarian pizza, want ek het geleer spinasie maak jou darm tenminste sterk.

  5. Wanneer jy nou eendag rietsh en fymis is, hoop ek darem jy onthou om vir ou oom Janneman te groet as jy verby hom loop. Dit sal darem die ou hartjie kwaad doen as jy jou ou vrinne vergeet, ou nig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.