Perspektief

Mei 29, 2011 in Sonder kategorie

Laas week was mal. Die een voor dit ook. Daar is nie een aand verby wat ek meer as vier ure se slaap in gekry het nie.Soggens dan rol ek myself fiesies uit die bed sodat ek op die grond val, en dan van ongemak geforseer is om op te staan. Donderdag oggend rol ek myself weer uit die bed, en toe ek die grond tref oorweer ek dit wragtig waar om net daar te bly lê en om nog aan te slaap. Dis dan waneer jy besef,”ek het nodig om te rus.”

Ek moan by my vriendin en sy sê ek moet saam met haar knysna toe om by haar niggie te gaan kuier. Ek het so baie dinge om te doen. Die skool in Green Park het nodig om ‘n slag reg gepak te word, my klas werk is bietjie agter, en my baas wil hê ek moet vrydag aand na die kinders kyk. Dit neem my omtrent 5 sekondes om die besluit te neem, en Vrydag na klas klim ek in my vriendin se kar.

Vrydag aand gaan slaap ons 22h00. Saterdag oggend fladder my oë teen 10h00 op. Die res van die dag gee ons voor ons is toeriste en drentel net deur die dorp. Ons gaan eet midag-ete by die waterfront, gaan drink drankies by die roei-klub, en gaan kyk die uitsig va “the Heads”. Saterdag aand skakel ons  ons lig teen 21h00 af, en ek kan nie onthou waneer laas ek ‘n 11 uur lange dag gehad het nie. Geen selfoon. Geen facebook. Geen E-mails. Geen projekte. Geen petrol wat ek hoef te gebruik. Geen seer hart. Geen “vyf-minute-etens-uur”. Geen kar wat lek. Geen rekrninge om te betaal.

Ek is terug in die Kaap met sy drup-drup weer. Ek raak weer bewus dat my bankrekening leeg is en dat al wat ek die week gaan eet is 2 minute noodles. Daar is ‘n miljoen kenisgewings op facebo0ok, en ‘n boodskap van ‘n huismaat op my foon. Maar dit skeel my min. Ek is uitgerus. Ek is gelukkig. Ek het ‘n warm bed om in te slaap, selfs al moet ek more oggend weer uit hom rol. Maar wat maak dit saak? hoe aaklig sou die lewe gewees het as niemand sou agterkom dat ek net bly lê het nie?

3 antwoorde op Perspektief

  1. Maankind2 het gesê op Mei 29, 2011

    Solank jy aanhou uitrol, so lank gaan jy sulke naweke kan doen. Balans is belangrik mos!

  2. hierdie weer maak dit ook nie maklikernie, nè

  3. loudavisi het gesê op Mei 30, 2011

    Om uit te rol is ‘n goeie plan.
    Ek sal ‘n ekstra matras op die vloer sit…mens wil nou nie ou heupe breek nie.

    Lekker Maandag!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.