Die Vettie en die Strooi-meisie Rok

Mei 24, 2011 in Sonder kategorie

Lekker lag ek nou! My vriendin kuier vanaand by my want ons moet aan ons mode-geskiedenis projek werk. Natuurlik snuffel ons eers rond op facebook en gaan krap in al die mooi kêrels se foto-albums, soek die nuutste skinder-stories, en met behulp van fotos ruil ons informasie oor ons vriende en familie aan mekaar uit. Ons eindig toe op by my suster se trou-album van 2008 en kyk noukeurig na al die kiekies. Ons stop by ‘n foto van die bruid en haar strooi-meisies, waarvan ek een was. My steen-kleur rok span lekker om my lyffie, en my wangetjies is lekker pof! “Is dit jy daai?” ek lag maar net. In die agt maande na ek by Stellenbosch weg is, voor ek Kaap toe is, het ek vir die eerste keer in ‘n woonstel gebly waar my ma nie vir my kon kook nie, en daar nie iets so gerieflik soos ‘n eetsaal was nie. Dus het ek gelewe op vinnige-voedsel van die Engen-eenstop winkel wat oorkant my woonstel in Welgemoed was. Met ander woorde- Pie’s en Coke.

Haar opmerking laat dink my terug aan ‘n insident waarin ek my laasjaar bevind het:

Verlede jaar was ‘n besige jaar vir my. Ek het vol-tyds studeer, Saam met ‘n vriend ‘n T-hemp maatskapy begin, by liefdadigheids-werk betrokke geraak. Ook het al hoe meer meisies my begin kontak om te hoor of ek nie vir hul aandrokke kan maak nie?

So eindig ‘n meisie weer by my op einde van laasjaar. Sy is ‘n strooi-meisie by haar virendin se troue en sy kort hulp! Ons gesels lekker, ek teken ‘n paar prentjies. (Ek het al agtegekom dat sodra jy ‘n prentjie van ‘n rok teken, dan eers kwalifiseer jy as ‘n ontwerper. Anders dink kliente jy is net ‘n seemstress) Terwyl ek kamer toe beweeg om ‘n paar sommetjies te gaan maak gee ek vir haar die album met foto’s van rokke wat ek al gemaak het sodat sy idees kan kry. Nog iets wat klieente vreeslik beindruk het ek al agter gekom!

Toe ek terug kom na haar en vir haar vra waarvan sy hou wys sy vir my die einste foto waarna ek en Simone vanaand kyk. “Ek hou baie van hierdie rokke, maar ek wil net nie soos hierdie vet enetjie lyk nie.” Ek lag. “Dis ék daai. Dit was my suster se troue laasjaar.” Die frons op haar voorkop sê dat sy nou nie mooi verstaan nie. “Néé man, ek praat van híérdie vettie!” “Dis nog steeds ek. Belowe.” Ek sê dit darm met ‘n lag. Sy raak bloedrooi, en lag dan maar saam. Ek kan myself maklik in haar skoene sit want sulke dinge gebeur daagliks met my! Sy vra hartlik onverskooning. “vir wat, dit is mos ‘n ou vettie op die foto.”

Ek bly altyd verbaas hoe meisies, veral in my industrie, vir mekaar oor hul lywe jok. “Jy is nie vet nie, net groot gebou.” As jy ‘n Size 40 jean dra is jy vet. En wat daarvan? “Wat bedoel jy jy het seluluut? dis net oor dit nou winter is en jou bene wit is” Lieg. ‘n Lemoenskil is ‘n lemoenskil, is ‘n lemoenskil. Wit, of bruin.Ek het regtig nie eers die puisie raak gesien tot jy dit nou vir my uitgewys het nie.” Waarvan praat die vrou tog, ek het daai puisie gesien toe die meisie nog onder in die gang was.

 

Ai, waarom is dit so erg om nie altyd perfek te wees nie? Hoekom is ons so selfbewus en altyd gepla dat ons nie so mooi soos die volgende persoon is nie. En wat maak dit in elk geval saak. Die ekstra 2 cm om jou middellyf bepaal nie jou persoonlikheid nie. Jou skewe voortand maak nie jou glimlag minder bekoorlik nie. Die insuig woolworths denim maak dit nie vir my meer aanloklik om jou vriendin te wees nie.

 

Daardie strooi meisie rok het ek ekstra mooi gemaak. Selfs al het ‘n meisie met so persoonlikheid geen mooi rok nodig nie.

4 antwoorde op Die Vettie en die Strooi-meisie Rok

  1. maryke-anne het gesê op Mei 24, 2011

    Ag dis nou ‘n nice inskrywing. Ek kan altyd met die vetties vereenselwig 🙂 Ek is ook maar mos so aangepleister 🙂
    Lank terug ook klere gemaak vir mense, maar hulle geite het my gou laat lig sien. Nou maak ek websites en ek het gedink ek is klaar met geite. Nooit gesien nie, dis nou net erger.
    Wens ek kon weer tyd gehad het om ‘n skeppinkie aanmekaar te slaan.
    Ek het lekker gelees.

  2. loudavisi het gesê op Mei 25, 2011

    Sonnet, ek het ook nou lekker gelees.
    Voorspoed met jou skeppings.

  3. zephur het gesê op Mei 25, 2011

    Dis Sarie se skuld,die mooi wees ding…en dis nie te sê ek praat van die tydskrif nie…hehehe

  4. LOL Zeppie! Verstaan net nie waarom ons alewig aan ons self peuter as ons almal een hart, twee longe, en maag het nie. Beauty is in the eye of the beholder!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.