Die begraafnis en die troue

Mei 22, 2011 in Sonder kategorie

Ek staan donderdag oggend op met die wete dat ek vandag weer na ‘n begrafnis moet gaan.  My bors trek sommer toe terwyl ek die swart klere in my kas deur sif vir iets van pas.

Ek stop voor die kerk waar ek nog die vorige dag my stem laat geld het, en vandag is dit weer tyd om mense met gebreekte harte te probeer laat glo dat die lewe weer sal aangaan. Hoe doen mens dit? Uit ervaring weet ek dat Jou wêreld in eenstort en tyd gaan stil staan, terwyl die res van die wêreld aanhou draai.

My buur-oom het ‘n ryk, vol lewe gehad. Niemand huil hardsverskeurend nie, en sy familie en vriende lag lekker saam, en giggel terwyl hul die herhinderinge aan hom met almal anders deel.

Hy was deeglik, sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hy het mense lief gehad en niemand was ooit te onbelangrik om te help nie. Tyd was nie vir hom ‘n faktor nie, Hy het gehou van die lewe, en was altyd regverdig.

Nie eers ek wat so graag huil dat ek vir my ‘n weeklikse huil-sessie inruim het gehuil nie, so dan kan jy maar weet. Hierdie begrafnis was ‘n huldeblyk aan ‘n onglooflike man, wie se tyd nou dood eenvoudig tot ‘n einde gekom het.

Nou gistermidag 13h00 klim ek en twee vriendinne in die kar om die troue te gaan bywoon van ons vorige huis-maat. Ons is so opgewonde want laas jaar het ons nog een-en-twintigstes bygewoon, en nou begin ons vriende al trou.

Die musiek begin speel en al die gaste staan op vir die bruid om in te kom. Voor in die koor stap my beste vriendin van skool. Sy is die “maid of Honour”. Na on laas jaar saam gebly het, het sy hierdie jaar na die vrystaat verhuis om haar praktiese jaar te gaan doen. My oë begin lek soos die kraan in ons agterplaas. Waneer het ons so groot geword? hoe is dit moontlik dat ons al besig is met “die res van ons lewe”?

Die bruid volg kort daarna en ek huil selfs nog harder! Sy lyk soos ‘n grootmens! Sy is seker een? Beide die bruid en bruidegom STRAAL!

By die onthaal staan Marleen op om ‘n heildronk op die bruid en bruidegom in te stel. Sy vertel ons van watter fantastiese vriendin Nadia is, hoe lojaal sy is, en hoe haar lewe verbeter het vandat sy in die lewe gekom het. Ek tjank weer. En dan weer toe die trou-paartjie hul eerste dans dans op ‘n liedjie wat ek onthou van die jaar 2000.

Ek gaan sit buite op die gras, vat ‘n groot sluk rooiwyn, en wonder:

Wat sal mense op my troue en begraafnis sê?

12 antwoorde op Die begraafnis en die troue

  1. avega het gesê op Mei 22, 2011

    Dis belangrik wat hulle in mens se lewe sê, wat hulle na jou dood sê gaan nie veel vir jou beteken nie.

  2. loudavisi het gesê op Mei 22, 2011

    Dat jy dierbaar is…

  3. Dit lê in ‘n baie groot mate in jou eie hande, wat hulle daar gaan sê. Vir wat dit werd is, want ek ken jou nog nie goed nie, jy lyk vir my heel orraait!

  4. elgado het gesê op Mei 22, 2011

    🙂 Janee dit gaan so.

  5. Dis waar! Dit laat mens maar net twee keer dink weer vir ‘n slag. Waarmee hou jy jouself regtig mee besig. Ons almal het mense sonder wie ons lewens nie naastenby die selfde gewees het sonder hulle nie. Is jy daai persoon vir iemand anders?

  6. FOXY1975 het gesê op Mei 23, 2011

    Hi jy, eerste keer wat ek hier op jou blog kuier en dink ek sal meer gereeld ‘n spoortjie hier los 🙂 (terloops my spoortjies is om maar vir jou sterretjies te gee, so moenie snaaks dink as jy dalk iets hartseer blog en ek gee vir jou 5 sterre nie! My kop raas darem nog nie so erg nie, maar soms skiet woorde te kort en dan wil ek nog steeds hê jy moet weet ek was hier en ek ‘voel’ vir jou)

    Ek wonder soms ook nogal oor jou vraag.. my troue is nou al 13 jaar gelede en daar is nie veel oor my gesê nie omdat ek dit so verkies het, maar ek wonder ook nogal wat sal daar dalk op my begrafnis kwytgeraak word, veral omdat ek in die laaste jaar ‘n paar begrafnisse bygewoon het wat my geweldig geraak het.. so by so dat ek selfs ook daaroor geblog het…

    Mag alles wat oor jou kwytgeraak word, mooi wees!

  7. FOXY1975 het gesê op Mei 23, 2011

    Ook baie waar wat jy hier sê, daarom dat ek probeer om dit te doen.. is net dat mens soms ‘n glimps van iemand kry wat jy glad nie eens geken het nie en wat jou in daardie oomblik amper intens laat verlang daarna om hom/haar te kon ken.. ek’t in die laaste jaar al ‘n blog of 2 ook daaroor geskryf – juis oor mense wat my lewe ‘geraak’ het sonder dat ek hulle ooit ontmoet het.
    x

  8. avega het gesê op Mei 23, 2011

    My man glo in ‘celebrations’. Gee hom net ‘n halwe kans en hy vier iets. Ons gesin het die gewoonte om wanneer iemand verjaar vir elke gas ‘n beurt te gee om iets nice oor die persoon wat verjaar te sê. ‘Affirmations’. Jy kan nie glo hoe blom die persoon wat verjaar nie.

  9. avega het gesê op Mei 23, 2011

    My man glo in ‘celebrations’. Gee hom net ‘n halwe kans en hy vier iets. Ons gesin het die gewoonte om wanneer iemand verjaar vir elke gas ‘n beurt te gee om iets nice oor die persoon wat verjaar te sê. ‘Affirmations’. Jy kan nie glo hoe blom die persoon wat verjaar nie.

  10. dankie! Hoop jy kuier in die toekoms lekker hier by my! as jy lank genoeg bly maak ek sommer koffie ook!

  11. Dink dis ‘n uitstekende instelling! eks weer lief vir praat. vir elke geleentheid het ek ‘n heildronk. dink ons sê hopeloos te min dit wat ons regtig bedoel!

  12. FOXY1975 het gesê op Mei 24, 2011

    Dan kuier ek verseker lank genoeg!
    x

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.