Om iemand te mis

Mei 16, 2011 in Sonder kategorie

Die dag na ek en *Ludic uit is, besluit ek dis tyd vir ‘n radikale verandering. Die enigste probleem: Ek pas nie in die stereotipiese groep van “arty” nie. Eks bang om drastiese veranderinge te maak. So, in plaas daarvan om my hare blou te kleur, of om vir my ‘n tatoo te kry besluit ek toe op ‘n oorbel.

Ek en my goeie vriend *Bernie (die onderwyser) wandel toe deur BaySide mall om ‘n plek te soek wat ‘n oorbel sal inskiet daar bó in my oor. Kry een en ek gaan sit. Dit werk so. Jy koop ‘n stelletjie van twee, en dan skiet hul dit vir jou gratis in. “wat moet ek maak met die ander oorbel?” hul stel voor ek hou hom vir ‘n spaar. Ek weet voor die dag verby is het ek hom weer verloor so ek maak toe die wildste besluit in ‘n lang tyd, “kom ons bêre hom op ‘n veilige plek. Stiet hom ook sommer in.” En dis hoe dit gebeur het dat ek drie oorbele in my regter oor het. Maar wag, ek is van die punt af.

Toe ek toe die dag op daai stoeltjie gaan sit, besluit ek sommer in my kop. As hierdie oorbele gesond is, dan sal ek seker maak my hart is ook

 

Dis nou ook al weer twee maande later. Volgens die juwelier behoort die gaatjies nou eenhonderd persent gesond te wees, en ek is seker hulle is. Ek weier net hom hul uit te haal, en om te ruil vir iets mooiers. Dis amper asof ek glo solank as wat ek hul nog in los, vir so lank kan ek nog aan my seer hart lek. Want, tot hul nie uit is nie, is hul nog nie regtig gesond nie!

 

Honde-redenasie, ek weet. ‘n Hond glo mos as hy jóú nie sien nie, is jy nie daar nie. As ek maak asof my oor nog seer is, mag my hart ook nog wees.

 

Ek het Saterdag vir *Ludic weer die eerste keer gesien. By ‘n vergadering in ‘n kamer met 30 ander mense. My hart het gebreek die oomblik toe ek die vertrek inkom, en ek net groter en groter geglimlag. As mens gelukig lyk, sal niemand mos vrae vrae nie. Maar my hele bors kramp van hartseer. Hoe is dit móóntlik? Ek het dan so mooi gevorder, en amperjies van hom vergeet. Ek het selfs ander ouens begin sien, sy foto’s van my muur begin haal. Op gehou om die plekke waar ons eens gelukig saam gekoer het, te vermy. Ek het weer begin lag, ek het omtrent nooit meer aan hom gedink nie…

 

En toe sien ek hom daar sit. Met sy pragtige donker krulle wat intussen weer kort geknip is. Hy sit en speel met daai mooiste mooiste hande van hom terwyl sy gesig op die gewone plooi trek waneer hy iets ondersoek.

 

Daar gat al my vergeet by die deur uit, en ek mis hom van voor af.

 

Ek verlang nie meer nie…

 

Ek mis hom net. Dalk moet ke maar net my oorbelle uit haal?

 

vergeet

ek wil jou net vergeet.
elke herhindering.
elke soen
elke dag

ek wil jou net vergeet
ek wil nie aan jou dink
ek wil nie oor jou droom
ek wil nie meer
vir jou wag

ek wil ophou dink,
dink oor hoe ek moet
vergeet
van jou
van ons
en ons liefde

ek wil vergeet
hoe om te huil
hoe dit voel
om te wees
in jou mag

ek wil vergeet van jou
soos jy gemaak het met my
en aan beweeg
weer en weer
iemand anders lief kry

ek wil vergeet
hoe gelukkig ons was
sodat ek ‘n slag
weer kan lag

ek wil vergeet
van alles wat jy is
ek wil jou bestaan nie onthou
of nog eenkeer
dink aan jou

ek wil vergeet van jou
want ek mag
ek wil vergeet
hoe ek saans
na jou smag
ek wil vergeet
ek wil vergeet
ek
wil
vergeet
van jou
vandag

5 antwoorde op Om iemand te mis

  1. loudavisi het gesê op Mei 16, 2011

    Ai tog!
    Jy gaan nog die een ontmoet wat jou vir altyd een sal wees – wag net bietjie, dan vergeet jy gou van *Ludic.

  2. zephur het gesê op Mei 16, 2011

    met tyd gaan alle wonde toe en maak ‘n letsel…

  3. Eerliknetek het gesê op Mei 17, 2011

    Ai die liefde is so lekker maar dit is net so seer.Baie sterkte.

  4. Modigliani het gesê op Mei 17, 2011

    Elke liefde in jou lewe het ‘n rede en ‘n betekenis. Wanneer die tyd reg is sal jy onthou sonder seer, maar ek weet nie of vergeet ooit sal gebeur nie, mens vergeet die seer maar nie die liefde nie.
    Sterkte.

  5. Vuurpyl het gesê op Mei 17, 2011

    Van vergeet en seer kan ek identifiseer. Mooi gedig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.