My Hiperaktiwe saterdag…

Mei 9, 2011 in Sonder kategorie

Vroër die week bel my suster my. Nie sy of my ma kan hierdie saterdag by hul koffie-winkel op Stellenbosch wees nie, sal ek omgee om ‘n ogie te hou? NATUUUUURLIK NIE! (Ek sê alles in die oortreffende trap, op ‘n melodramatiese wyse.) Dit is vir my regtig heerlik om daar rond te hang en na al die mense te kyk. Hier kry ek ‘n slag die geleentheid om mense in sosiale aksie waar te neem wat baie meer opbeurend is as al die enkel mense in hul karre weeksoggende op die N1 tydens verkeer. Dan lyk almal baie depressed, ek seker ingesluit, en staar net met blanko gesigte voor hul uit. Die enigste ander kans wat ek kry om mense waar te neem, behalwe in díé is waneer ek by die koffie winkel is. Hier lyk die mense gelukkig en lag en doen baie meer intresante dinge as wat die mense in hul karre maak.
 
So…Saterdag oggend staan ek op, sit my grimeering aan, trek my platste paar skoene aan (ek het nie een paar skoene sonder ‘n effense hak nie) en klim in my kar. Vandag is saterdag, ek kan ontspan, rustig die koffie winkel bestuur, en het nie te veel konsentrasie nodig nie. Dus los ek my ritalin veilig in sy houertjie, en sien uit na my hiperaktiwe, over-the-top dag.
 
My dag verloop great. Alles gaan goed, en die klieente is entertaining! Ek gaan vlugtig terug kar toe om my selfoon daar te gaan haal wat ek daar vergeet het, en wonder of ek nie maar tog my wonder pil moes pop nie. Ek kuier saam met al die mense wat daar omkom en ek al ken, lag lekker hard en uitbundig, en ek embrace al my ekstra energie.
 
Toe maak tyd kom en ons begin oppak. My kar sleutels is weg. Wag…laat ek liewer sê misplaas want ek was nêrens behalwe in die koffie winkel heel dag nie. Ek soek oral, maar ek weet dit is tefergeefs. As ek ingedagte raak, druk ek goed op allerande plekke in waar ek hul op die vroegste weer oor twee jaar gaan kry. Ek en die een meisie besluit om buite by die badkamer te gaan soek en ek trek die deur toe sodat niemand ons hansakke wat binne lê kan gaps nie.Dis nie daar nie. En ek het vergeet om die sleutel van die winkel saam te bring.
 
Nou is ons handsakke, haar selfoon, en haar karsleutels binne die winkel toe gesluit.
 
Ek is so moedeloos ek hou amper op asemhaal. Ek stamp my voete soos ‘n twee-jarige uit furstrasie. HOE nou gemaak? Ek het my broer so paar minute vroer darm gebel om te vra dat hy asb die spaar sleutel van die kar sal bring. Nou is ek weer terug op die foon, sê hy moet maar terug draai, by my ma-hul se huis gaan inbreek, en haar ekstra sleutel optel, en dan weer terug kom Stellenbosch toe.
 
Ons sit vir 45 minute en wag buite die winkel. Die arme meisie moes al eintlik ‘n uur en ‘n half terug ophou werk het, maar wat kan sy nou maak. Ek kan haar nie terug neem huistoe sonder my kar sleutels nie, en hare is in die koffie winkel toe gesluit.

My wonderlike broer daag toe gelukkig met ‘n spaar sleutel op, vir die koffie-winkel, én vir die kar. Wat ‘n HERO! Die arme jong meisie kry ook toe haar ry, en ek klim in my kar reg vir huis toe gaan.

By elke verskeerslig kyk ek die mense, en wonder…gebeur sulke dinge met hulle ook?

7 antwoorde op My Hiperaktiwe saterdag…

  1. loudavisi het gesê op Mei 9, 2011

    Dit gebeur gereeld met ALMAL!
    Ok, met mense wat ek ken – 😀 soos ek bv.

  2. Sonnet_Sestet het gesê op Mei 9, 2011

    Haha…eks bly om te weet. Dit gebeur net HOPELOOS te veel met my!

  3. HeavyHenry het gesê op Mei 10, 2011

    Ag ja wat – dis normaal – en mens moet probeer keer – want hoe meer dit gebeur, hoe meer gebeur dit.

    🙂

  4. lora2me het gesê op Mei 10, 2011

    Ek is nog erger, want ek soek die sleutels terwyl ek daarmee in my hand loop of soek my bril en kry dit in die yskas bo-op die botterbak. Moenie vra nie, … dis erg.

  5. rosiemetdorings het gesê op Mei 10, 2011

    Ek en verlore sleutels vorm ‘n gedugte span.
    hoop jy ander stel sleutels het uitgekom

  6. Sonnet_Sestet het gesê op Mei 10, 2011

    Ek wag nog…maar sal heel moontlik ‘n nuwe eksta stel moet maak. Was boonop nog my ma se kar want ek het gedink, “hul is weg vir die naweek, daar is petrol in haar kan…hoekom nie?

  7. Sonnet_Sestet het gesê op Mei 10, 2011

    O ja…ek misplaas dinge op die vreemdste plekke as ek ingedagte is. Het al my skoen in my yskas gekry!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.