En tog het ek jou begin vergeet…

Mei 1, 2011 in Sonder kategorie

Vergeet:

Ek wil jou nog nie vergeet nie

Ek wil jou nog so rukkie vashou

Aan die droom van jou

Die moontlikheid

Van ‘n geleentheid

Dat jy my dalk eendag

Weer kan onthou

Daar is soveel mooi om my

Wat ek wil wys vir die mooi van jou

Wat ek wil deel

Met daai hart van jou

Ek wil jou nie vergeet nie

Ek wil nie aan beweeg nie

Wil nie ophou

Droom van jou

Ek wil nie sonder jou nie

Ek wil nie

Van jou vergeet nie

3 antwoorde op En tog het ek jou begin vergeet…

  1. louisna het gesê op Mei 1, 2011

    Pragtig en sterkte. Dit moet iemand baie spesiaal wees.

  2. TS het gesê op Mei 1, 2011

    Die gee ‘n knop in die keel

  3. Sonnet_Sestet het gesê op Mei 1, 2011

    Ag nee wat. die hardseer gaan mos maar verby, en aan die einde van die dag vergeet mens tog…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.