Hoe op AARDE het ek hier beland?

April 28, 2011 in Sonder kategorie

Ek bevind myself gereeld in die sutsuasie waar ek alles los wat ek doen, en vir ‘n sekonde voorgee ek is iemand anders wat my lewe van ‘n afstand bekyk. Dan sien ek hierdie meisie, besig met die mees lukraakste aktiwiteit, en wonder by my self: “Hoe op aarde het ek hier beland?”

Dit is oomblike soos waneer ek onderstebo op my kop staan en my lyf teen ‘n muur ballenseer teen ‘n muur terwyl twee tien-jariges tel: “eeeeeen, tweeeeee, drieeeee…”. Oomblikke soos waneer ek die sand van my gesig afvee terwyl ek besig is om op ‘n sondag middag twaalfuur plante by ‘n kleuterskool te plant, net duskant die R300. Oomblikke waar ek agter op ‘n bakkie staan, drie bokse probeer keer om af te waai, terwyl ek probeer om my rok tot tenminste op my kniee te hou. “Hoe op AARDE het ek hier beland???”

Maar dis seker wat gebeur as jy emisioneel en prakties meng? Jy besef dat die aktiwiteit waarmee jy besig is dalk iemand se dag, week of jaar kan maak, en jy is hopeloos te prakties om ‘n meer gepaste kanidaat te gaan soek om die aksie uit te voer. “?Want something done? Do it yourself.”

So meld ek weer laasjaar myself aan vir ‘n uitreik program as span-ma nogals, en op 16 Dessember vertrek ons uiteindelik en genadelik na die strand-dorpie wie se kinders ons gaan bedien. Soos altyd hardloop ek weer rond soos ‘n mal haas om seker te maak alles verloop goed, en tussen deur worstel ek alweer in my kop met baie ander dinge. Elkeen op my span sukkel met iets, en ek moet net mooi fokus om alles bymekaar te probeer hou.

Die dag van 23 Desember is dit weer tyd vir die jaarlikse kers-konsert, ‘n groot hoogtepunt op die program. Met net een dag om ‘n konsert aanmekaar te slaan, en om 30 kinders mooi te laat verstaan presies wat hul rol is, en níé is nie, gaan dinge redelik woes. Elke kind moet leer om op die regte tyd oor die verhogie te stap, sy reel te lees, en waar hy moet gaan sit. Hy moet die liedjies leer en mooi verstaan dat dit nie okey is om Josef se kleed te probeer aftrek nie. Behalwe vir dit moet ek seker maak elk van my spanlede kry ‘n bord kos, en ‘n geleendheid om warm te stort. (hierdie was die groot moeilikheid, want tussen tien lede en een stort, sukkel dit om elkeen ten minste net een keer te laat stort in 48 uur)

twee ure voor die konsert moet begin gee ek my span die geleentheid om te gaan eet, op slaap in te haal, skoon aan te trek, en vir die wat eerste ge”shotgun” het, ‘n kans om te gaan stort. Ek gaan weer deur alles in die saaltjie, toets die mikrofone, en sit die kostuums reg vir waneer die deelnemers oor ‘n uur opdaag.

Ek het vergeet om vir die herders erens klere uit te krap.

Vinnig hardloop ek terug na ons tente, gryp drie handoeke en vadoeke (ek maak darm seker hulle is tenminste skoon) en hardloop terug saal toe. Hierdie natuurlik alles ten aanskoue van die hele karavaan park, maar ek het lankal ophou worry daaroor!

Helemal oorweldig en moeg en uitgeput vat ek maar die naald en gare en besef dis tye soos hierdie waarvan Jesus gepraat het toe hy gesê het;”kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is”. Dan sal ek maar hierdie uitrustings biddend maak. Kan Jesus my hoor praat terwyl ek rook? ‘n Siggaret is net wat ek nodig het.

So hardloop ek met die naald en gare, die handoeke en vadoeke, én met die sigaret na agter die ou saaltjie, daar waar geen kinders my sal vind en my sal kan sien dampe blaas nie. Ek gaan sit met my boude plat op die grond, maak asof ek nie die tien dorings in my agterstewe agterkom nie, steek die siggaret aan, en begin bid terwyl ek herders-hoede met die naald en gare vang.

Ek sê net Amen toe dit weer met my gebeur. Ek staak als wat ek doen. Net vir ‘n sekone. Zoem uit, en dink… “hoe op AARDE het ek hier beland?”

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.