Tannie Elsabe…What a Leg(end)

April 27, 2011 in Sonder kategorie

‘n Jaar of twee terug keer ‘n dame my voor by ‘n kersmark waar ek werk. Ek herken haar vlugtig as die tannie wat gereeld voor in die kerk praat oor Green Park, die plakkerskamp (informele nederseting) waarby sy betroke is. “Jy het mos ons moederskamer en die baba-huis se mure so mooi geverf né?” Nugter is al weer al een met die andwoord oor hoe sy nou dit weet. “wil jy nie my plakkerskamp kom verf nie?” Nogal haar plakkerskamp. En dit is ook so.

Hierdie is steeds die storie wat ek mense vertel waneer hul my vra oor hoe ek juis in Green Park aangekom het. Tannie Elsabe. Hierdie vrou is een van dááí mense. Jy ken haar vyf minute en jy weet jou lewe gaan nie weer dieselfde wees nie. Sy staan vir niemand terug nie, laat haar deur níks onder kry nie, en glo geen droom is te groot om in ‘n gebed te verander nie. Sy is ‘n voltydse verpleegster, het ‘n man en kinders, en dan speel sy nog ma ook vir al wie ‘n siel is in Green Park ook(soms mense dubbel haar ouderdom). En natuurlik vir my ook. Nadat ek die eerste keer saam met haar vrou-alleen die plakkerskamp ingery het met haar “Jesus-bakkie” soos sy dit noem, was my lewe nie weer dieselfde nie.

So het ons hierdie naweek wat verby is ‘n paas partydjie gehou vir die kinders van Green Park. “Haai kind, en dit so op die heilige Sondag” praat tannie Elsabe hier agter my terwyl ons borrels blaas en die kinders verby ons na die springkasteel jaag. ‘n Reuse sukses! Oppad terug hoor ek opgewonde kinders agter in my kar kliek, en tussen deur herken ek die woord “jump” so paar keer. Met al die opwinding in die lug word een van die bakke waarin daar een of ander bederf in vervoer was in my geel kar agter gelaat.

Van vandag is my vakansie ook verby, en ek het half agt by die werk aangemeld. Sewe uur het ek uit die bed gespring, heeltemal verslaap, en toe net die nodige pille gedrink om ‘n dag in ons samelewing te oorleef. By die werk wag daar toe twee opgewonde kinders wat elk sy unike eis aan my stel en dit sukkel maar om albei se wense te laat waar word. Na werk is ek terug na my huis om ‘n jonger vriendin van my met haar redenaars toespraak te help, en daarna weer Kuilsrivier toe vir ‘n volgende afspraak. My maag grom en met eens en ek besef ek het al weer vergeet om vandag te eet. Dinge het net te mal gegaan en dis alreeds na sewe. Buitendien is ek ook nog bewus van die bak agter in my kar en ek is letterlik minder as ‘n km van haar huis weg.

Nou kyk. My en tannie Elsabe se vinnige geselsies is selde korter as twee uur en ek weet ek is besig om baie laat te raak. Maar what the hell. Sy mag dalk die bak nodig kry en anders gaan dít ook net in my kar verdwyn (lag maar, sulke dinge gebeur met my). Met skreeunde bande stop ek voor haar huis met Don McLean wat ek sommer so laat aansing terwyl ek haar voordeur klokkie lui. Ag Crap. Lyk my mos hier is nou mense ook.

As daar een mens is wat altyd bly lyk om my te sien is dit tannie Elsabe. “ek het net gestop om die bak af te gee tannie, voor ek hom verloor.”( Tannie Elsabe weet al te goed hierdie is baie moontlik) “Kom in , kom in.” “nee tannie ek moet regtig oppad wees.” ag laat ek net vir jou ‘n stukkie vleis inskep.” Ek het al geleer om met tannie Elsabe te sty is tevergeefs. Dit help nie, so moenie eers probeer nie. “goed tannie maar ek moet regtig vinnig maak.” binne drie sekondes gee sy my ‘n tupper-bakkie met verskillende gebraade vleise én ‘n stukkie knoffelbrood. “dis regtig nie nodig nie tannie” probeer ek nog propesteer. “ag kind ons deel mos graag”

Ja tannie. Tannie deel té graag. Tannie deel alles wat tannie het maar meeste tannie se hande, ore, hart, voete, denke, drukkies, en raad. God het mense gemaak wat engele kon wees. En dat het Hy engele gemaak wat maar net soos mense lyk. Waar kry sy haar krag, en blymoedigheid?

Die kos was op voor ek die volgende verkeerslig gehaal het. Nou moet ek net die tupper daar terug kry want teen môre het die weer êrens in my kan gaan wegkruipertjie speel. Ek praat nou die dag met een van my vriende wie se pad al vlugtig met tannie Elsabe sin gekruis het op ‘n halwe grond pad in Green Park. Haar naam kom weer iewers in die gesprek op en hy laat hoor heel bewonderend van hom… ” Tannie Elsabe…What a Legg“…

4 antwoorde op Tannie Elsabe…What a Leg(end)

  1. jeanihess het gesê op April 27, 2011

    🙂 Jy sal nog Tannie Elsabe word:)

  2. loudavisi het gesê op April 28, 2011

    Dis heerlik om sulke positiewe dinge te lees.
    xx

  3. TS het gesê op April 28, 2011

    dankie vir die lekker lees.

  4. Vuurpyl het gesê op April 28, 2011

    Die Here seen jou werk!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.