Was my lewe maar net ‘n Romantic-Comedy…

April 26, 2011 in Sonder kategorie

So…ek het toe gister na my ervaring in Musica wel by die fliek deel uit gekom. Die storie loop soos altyd. Twee siele vind mekaar erens in die malhuis lewe van New York. Hul spanseer tyd saam, en breek op. en dan skielik kom die leters “six weeks later” op die skerm, en albei besef hoe leeg hul lewe is sonder die ander een. Dan begin daar mooi instrumentele musiek speel. Hul albei spring in hul kar, jaag na die bestemming waar hul dink die ander een sal wees, en presies op die selfde tyd, ariveer hulle op presies dieselfde plek, met presies dieselfde intensies. En dit alles terwyl die viool sy klimaks bereik. ai…was my lewe maar ‘n romantiese komedie.

 

Kyk. Dis nie asof my lewe nie romanties is nie. En ‘n komedie, dit kan ek jou belowe. Maar kan ek nie maar die woorde saam jam en vir altyd gelukig lewe nie?

 

My kêrel het my ‘n ruk gelede ingelig hy dink nie hy is regtig verlief op my nie. Hy weet nie…maar hy dink amper nie so nie. Hoe laat mens so verhouding werk?

 

As ‘n bitter emisionele dog praktiese mens het ek besef ek sal ernstig moet treur hieroor voor ek sal kan aanbeweeg, dus kan ek dit net so wel so gou as moontlik agter die rug kry.

 

In hierdie week van rou het ek weereens besef hoekom ek nie van vodka of brandewyn hou nie. Ook het ek agtergekom dis nie noodwendig wys om uit te gaan na jy klaar gemaak het mt jou 18h00 – 11h00 skof nie.  Ek het geleer dat om baie shifts te werk mens net moeg maak, en ook dat as jy jouself aan die slaap huil, jou oë die volgende dag heel dag SAL puffy wes. En dit was die einde van dit.

 

Die volgende week het ek weer opgestaan, met normaliteit (wat dit ook al mag wees) aangegaan, en van voor af probeer.

 

In my geel kar wat meestal stukkend is speel musiek oor gebreekte speakers en dan haak my laserskyf ook nog. Toe ek deur ‘n slag-gat ry byt ek my tong raak en mors ek my slushpuppy oor my nuwe rok uit, net om te sien hoe ‘n kamera flits en ek tot die besef kom NOG ‘n speedfine is in die pos. My dosent lig my in dat die my skets van ‘n aandrok lyk soos ‘n “Hip Hop” nommertjie, en my bankrekening is weer leeg. Tussen deur moet ek wawiele en handstane maak saam met die meisie wat ek aupair en voorgee die lewe is ‘n fees. waar is die viool en sy klimaks tog?

 

Dis vandag ses weke nadat my hart gebreek is.

Geen e-pos, sms of foon oproep het al hierdie kant toe gekom nie.

Ek wag ook nie daarvoor nie.

My lewe is nie ‘n Romantic-Comedy nie. 

En al is my week van treur baie langer as sewe dae lank, weet ek selfs dit sal ook verby gaan. Nuwe dinge sal gebeur. Nuwe kêrels sal my hart kom breek. Nuwe musiek sal oor nuwe speakers speel. En ek sal aanhou wens…was my lewe maar net ‘n Romatic-Comedy

 

3 antwoorde op Was my lewe maar net ‘n Romantic-Comedy…

  1. loudavisi het gesê op April 26, 2011

    Ek het ook eenkeer so getreur oor ‘n liefde. Toe ek hom jare later weer raakloop het ek besef watter “lucky miss” dit was.
    Het ook besluit ek huil nie meer so nie, juis oor die powwerige oe en opgeswelde bo-lip.

  2. TS het gesê op April 26, 2011

    Mmmmm die is ‘n lekkerlees blog – dankie!

  3. Ek het vergeet van die lip! en die rou neus. Bly as my blog plesier kan verskaf!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.