Om ‘n broodjie te deel…

April 25, 2011 in Sonder kategorie

Gisteraand praat ek weer met ‘n ou vriend wat se loopbaan glad geteer is. Hy is vinnig besig om die korperatiwe leer te klim en daar is nie tyd vir afkyk, en om hoogte vrees te kry nie. Geniet hy dit? Hy sê so. Maar ek wonder tog: Mis hy dit nie om te lewe nie?

 

Voor jy my kruisig, ek is eenhonderd persent agter ‘n goeie loopbaan en baie geld maak. (Ons mag dalk verskil oor wat om met die geld te maak maar dis weer ‘n gesprek vir ‘n ander dag.) maar die baie bekende uitdrukking : “Work to live, don’t live to work”, is ‘n cliche vir ‘n baie goeie rede.

 

Hoeveel keer per dag jaag ons nie teen 85km/h verby al die mooi in die lewe nie? (en dit nogals in ‘n 60km/h zone!) oral om ons is daar splitsekondes van suiwer skoonheid wat ons mis. En waarvoor? Vir ‘n groter huis wat ons nie nodig het nie? vir Sekuriteit wat in elk geval nie gewaarborg is nie?

 

Daar is soveel mooi in die bergie wat sy krummels uit jou drom deel met die straatbrak wat hom getrou volg. En binne die meisie wat onder haar tydskrif skuil van die reen, en vir haar taxi wag, skuil daar iets bekoorliks. Die bedelaar wat jou so irreteer se uitgeleefde plooie en hardseer gesig. Die vreugde op die tannie agter die toonbank gesig as jy vyf sekondes neem om haar oor haar klein-kinders te vra. Die drukkie van ‘n kind wat met kliek geluide vir jou iets spesiaals probeer vertel.

Die glimlag wat jy met ‘n vreemdeling op ‘n park bankie uitruil.

 

Dis alles so eenvouding en maklik dat die impak wat dit op mens het amper ontmoontlik groot voel. Dat ons as mens instaat is om so ‘n magiese efek te verkry met so min inspanning.

 

My vriend vertel my steeds van al die wonderlike dinge waarmee hy besig is toe ek hom ingedagte in die rede val. Ek vra hom toe: “Waneer laas het jy jou broodjie met iemand gedeel…?”

 

 

3 antwoorde op Om ‘n broodjie te deel…

  1. Die laaste keer wat ek ‘n broodjie gedeel het, het die by my gesteek (Vrydag se blog). Baie goeie vraag wat jy vra.

  2. een van my kinders het ‘n goeie aanstelling opgegee omdat hy gevoel het dat hy geen bevrediging uit die werk put nie!!

  3. dis wat mens op die einde seker vir mens self moet vra…wat is dit wat jou sal gelukkig maak?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.