Die Kaarte in my Beursie

April 25, 2011 in Sonder kategorie

Vandag toe ek in my beursie krap om my laaste paar sente bymekaar te maak sodat ek vir my Don McLean se “american pie” album kan koop, bessef ek net hoeveel kaarte ek in my beursie het. Kaarte wat ek nooit regtig gebruik nie. Waarvoor hou ek die goed? Maar soos met baie ander vrae, sal Nugter aleen weet! wie ook al hierdie “Nugter” knaap mag wees.

Ek besef toe egter dat hoe min die kaarte ook al gebruik mag word, hulle bestaan is ‘n getuienis van my lewe. As ‘n vreemdeling hierdie beursie moet optel, sal hul bietjie meer weet oor die vreemdeling op die Lisensie-foto.

Hier volg dan die storie wat my beursie jou mag vertel waneer jy hom dalk eendag sou optel:

“Goeie dag daar vreemdeling! My naam is Dinah Maria Marais. Ek is ‘n gebore op **/**/**** en my ID nommer is 02/*************. Ek is ‘n vroulike Suid-Afrikaanse burger en het my Kode B bestuurders lisensie ontvang op die 31ste oktober 2006.In 2009, 2010, en in 2011 is en was ek ‘n student aan die “Cape Peninsula University of Technology”. My studente nr is 209041566  en my haarstyl verander blykbaar elke jaar. Ek neem graag dvd’s uit by Stax in Zevenwacht, en by die Vee’s Video in 13de laan, Boston. Van tyd tot tyd maak ek kopiee by Artees kuns-winkel, en het toegang tot Bellville, Kaapstad, en Kulsrivier se publieke biblioteke.

Ek Bank my geld by Capitec bank. (waneer ek so iets het) verder doen ek klaarblyklik inkopies by Edgars, en ek is ‘n smart-shopper by Pick n Pay. Ek is ‘n orgaanskenker en my naasbestaande is Annelie Marais, en sy is beskikbaar by *** *** ****. Ek behoort aan die O-Positiewe bloedgroep en het is ‘n skenker by die WP Bloedoortappingsdiens. “

Na ek uiteindelik al my munte uit my beursie gegrawe het en vir dit aan die vrou agter die toonbank oorhandig vra sy my toe wragtig of ek ‘n Clicks Club kaart het. “Om wat mee te maak?” wonder ek…

6 antwoorde op Die Kaarte in my Beursie

  1. Daai kaarte is een van die goed wat ons ondergang bewerkstellig, so raak ontslae van dit.

  2. Maankind2 het gesê op April 26, 2011

    Dan is daar mos ook nog die Ster Kinekor kaarte, en die Fanatics kaart. My mediese fonds kaart en (lag maar) my oog se serial nommer.

  3. watse wêreld leef ons in waar jy ‘n nommer is by elke instansie waarby jy betrokke is? selfs mens se OOG het al ‘n serial nommer! Ek het erens ook video kaarte vir wegemoed vees, oudewesthof watokol, en lanverwacht Stax… Ek dink ek mag dalk ‘n probleem he! o ja! en ek het een bvir MR video in gansbaai!

  4. bloukaap het gesê op April 26, 2011

    Don McLean is ‘n legend. American Pie is great. Elke sent ‘n leeftyd werd.

  5. Ek stem…die Album is AMAZING!

  6. boersevrou het gesê op April 30, 2011

    Daai ‘onbenullige’ kaarte kan nogal nuttig wees… iemand het my seuns se beursie uit sy broeksak gesteel by ‘n kuierplek op St.bosch – en toe iemand die dief buite daarmee konfronteer, gooi hy die kaarte op die grond en hardloop met die beursie en geld. Die Video-kaart – het die mense laat navraag doen en ons tel nr opgespoor en gekontak – hy het so sy lisensie en bankkaart weer gekry. Wonderwerke gebeur nog, en daar IS nog eerlike mense wat moeite doen.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.