Net vir die rekord

Julie 11, 2012 in Sonder kategorie

Ek sê gisteraand vir iemand, ok eintlik gister middag.

Ek is al amper twee jaar hier in Stellenbosch.

Iemand sê: ‘Regtig, dit voel nie so lank nie, maar ek het jou nie regtig geken toe jy hier aangekom het nie.’

Dis die ding. Mens word bekender met die wie jy reeds ken. Of raak vriendelik met die wat jy net gekennis het.

Ja, ek is November die jaar 2 jaar inni Bosch!

Ek gaan koop nog by KerkSpar… as ek iets vergeet het.

Ek stap nog op en af in Dorp Straat, Kerk Staat, Adringa en die wie se name ek nie geken het nie.

Maar nou is hulle my strate. Ek verstaan van ‘Anderkant Merriman’.

Bruce Springsteen se liedjie bly in my kop : ‘This is my home town…’

En dit is…. ek staan ten minste een maal ‘n week nog in verwondering oor ‘my’ dorp.

Ek sê nog gereeld ‘ So en so…ek bly hier’ net om myself te herinner.

Maar die lekkerste is, ek het vriende gemaak. Ek het mense leer ken. Ek weet wie doen wat waar.

En soms sit ek ook in Basic op ‘n Sondag soos Johan sê hy doen….maar wie van ons sal ooit weet of ons mekaar ooit raakloop.

In my kleine dorpie is daar ‘n privaatheid wat ongehoord is vir ‘n dorp.

THIS IS MY HOME TOWN!

Lekker koue groete uit die lekkerste plek op my aarde

16 antwoorde op Net vir die rekord

  1. TS het gesê op Julie 12, 2012

    tevrede is ‘n goeie keuse

  2. Mis die wyne van die Bosch…en daar is ‘n relatiewe goeie Chinese resto ook…

  3. loudavisi het gesê op Julie 12, 2012

    Die mooiste dorp daai!

  4. Solank jy net nie soos Anha jouself sleg gedra en nie die waiters tip nie.

  5. katrina het gesê op Julie 12, 2012

    Kan nie glo dis al twee jaar nie! Sjoe, ons het dan net anderdag nog saamgekuier :)As ek aan Stellenbosch dink, sien ek net akkerboomstamme en groen groen blare. Mooi plek daai.

  6. Kan jy glo ne!

  7. Ek is tevrede ja…baie tevrede.

  8. Speur jy op ander as hulle betaal?

  9. Ken net Golden Wheat…ook nie eers regtig Chinese nie…

  10. Praat jy!

  11. HeavyHenry het gesê op Julie 12, 2012

    🙂

  12. pienkvolla het gesê op Julie 12, 2012

    Bly jy is weer on track. Hoop om meer van jou te hoor. Geniet jou blog baie.

  13. lora2me het gesê op Julie 12, 2012

    Dit IS vir seker die lekkerste plek … selfs nou as ek daar gaan rondloop na baie jare. Ek het die liefde van my lewe daar ontmoet, die lekkerste vriende gemaak, sommige met wie ek nog steeds kontak het en … natuurlik, … die plek self in my hart gebêre. Van my kinders het daar geswot en een IS nou daar – sien, ek’s selfsugtig, want so hou ek heeltyd my verbintenis met die plek lewendig. Geniet dit.

  14. zephur het gesê op September 13, 2012

    Sien jy is darem nog hier op die blogs…dis great

  15. zephur het gesê op Oktober 18, 2012

    Net gou ‘n info stukkie oor die blogs. Vandag en môre is al dae wat oor is voordat volgens hulle die groot skuif gaan plaas vind op die 19de Okt (so ons moet ‘n marathon blogsessie nou hou).

    So as jy die afgelope 6 maande nie iets geblog het nie…gaan post sommer gou iets. Of as jy van bloggers weet wat nie die afgelope tyd gepost het nie…laat hulle weet sodat hul ook op hoogte is van die blog situasie.

    Hier onder is die link na Dopper Naomi se post oor die gebeure ivm die blogs

    http://blogs.litnet.co.za/dopperjoris/baie-belangrik-gaan-jou-blog-saam-skuif-en-wat-kan-jy-verloor-16-Oct-2012

    Tot later

    Zeppie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.