3 weke later

Junie 20, 2011 in Sonder kategorie

Ek het wakker geword van die effense verandering in die lig in my kamer. Of was daar ‘n sagte geluid?

Hy het gebukkend van die ander kant van my bed beweeg na die voetenend van die bed.

Doodstil het ek gedink, dit kan nie waar wees nie.

Voor my spieelkas gestaan en deur my juwele wat daar gele het begin grawe. Steeds geluidloos. Of was my ore net doof van skok?

Hy weet seker nie ek is hier in die bed nie, het ek gedink.

Miskien as ek ‘n snork-slaap geluid maak, sal hy besef daar is wel iemand hier in die vertrek wat hy ongenooid ingekom het.

Hoe lank het ek doodstil gele voor ek dit gedink het?

Toe hy in my rigting kyk en verder ongestoord aangaan om deur my besitting te kies, het ek besef, hy WEET ek is hier. Hy WEET dit nog die hele tyd. Hoe lank gaan hy nog daar staan?

Here laat hy asb net gaan, het ek oor en oor gebid.

Hoe lank het ek gele nadat hy by die kamerdeur uit is, voor ek besef het, hy kan terugkom? Die keer nie vir my besittings nie. Die keer vir my?

Hoe lank het ek gele voor my spiere begin reageer het?

Is daar ‘n sleutel in die kamerdeur, het ek gewonder?

Net le en wag kon ek nie. Dit was net te veel.

Slaan die deur toe so hard jy kan, het ek gedink. Sluit die deur toe so gou as wat jou vingers kan beweeg.

Daar is geen sleutel, het my brein begin skree!

Hulle sal die deur kan oopdruk as hulle wil, het ek geweet, maar krampagtig het ek die handvatsel opgedruk gehou.

Iewers is my peper spray…..

Spring oor die bed, kyk in albei bedkassies.

Dis nie daar nie, wat nou?

Met ‘n blik doom in die een hand, terwyl ek met die ander hand die handvatsel van die deur weer opdruk, het ek aanhou bid.

Wat het ek gebid?

Ek kan nie uitgaan nie, al het ek gesien die voordeur staan oop en daar is ‘n roete na buite.

Wat as hulle twee net buite die deur vir my wag?

Ek sal maar wag….

Vir wat sal ek wag?

Iewers ver in my agterkop het iets my herinner aan ‘n oer instink. Iets wat nie vir my natuurlik kom nie. Iets wat my logiese brein ‘n paar angsbevange minute geneem het om te besef.

Ek kon skree. Ek kon skree om hulp. Wat skree mens? Help…en dan wat saam met Help!

Iemand het wel later gekom.

Ek het later by die bure gehoor dat die vrou wat geskree het tussen deur hartstogtelik gehuil het.

Was dit ek?

Ek het haar jammer gekry. Die vrou wat so geskree het. Dit was ek?

Dis nou 3 weke later….

7 antwoorde op 3 weke later

  1. Ek gee nie eers om vir die wereldsgoed nie….

  2. Joe!! Smartie dit moet verlammende skrik gewees het.
    Ek haat dit om hier te tik dat jy gelukkig nog hier is,dit is jou reg.
    Ongelukkig is die bestuur van die land ……..

  3. katrina het gesê op Junie 21, 2011

    Ag nee, wat ‘n traumatiese ervaring Blondie! So jammer om dit te hoor. Sterkte met die verwerking van wat gebeur het XXX

  4. Chopstix het gesê op Junie 21, 2011

    Ai, dis erg! Baie sterkte met die herstel/verwerking. Hoop jy het jou blyplek beveilig

  5. Modigliani het gesê op Junie 21, 2011

    Sjoe. Dit is regtig erg.

  6. HeavyHenry het gesê op Junie 21, 2011

    Hoe het die donners ingekom?

  7. Dankie elladorah! Die trauma vervaag met tyd…. net so soms pak ‘n angs my beet, maar na baie terapie sessies verstaan ek ten minste hoekom dit gebeur. Dit help om te verstaan….ek hou van logiese antwoorde.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.