VLOEKWOORDE VAN GISTER

Mei 13, 2011 in Sonder kategorie

Ek wonder hoekom die prentjie my by bly.

Ons kyk uit oor die kloof en die rivier wat daar vêr onder vloei.

Aan die oorkantste berghang is daar ‘n klein watervalletjie wat rustig aangaan met wat sy doel is.

Dis so effe koud, kouer as die vorige twee dae.

Die wind waai my hare soms oor my gesig.

Ons eet braaibroodjie met jam en kaas.

Beplan voor die aanvang van die naweek reeds.

Gerooster op die vuur die vorige aand met die doel om te eet as padkos.

Dis ‘n lekker vreemde smaak vir my – vuur geroosterde kaas en jam broodjies.

Die smaak van die sout en sout met die reuk van braaivleis wat nie met die smaak inmeng nie, maar ‘n nostalgie in my wakker maak.

Ons praat nie veel vanoggend nie.

Dis nie regtig nodig nie.

Die rustigheid en eenvoud van die oomblik vasgevang in my geheue – verewig.

Ek wil vashou aan daardie eenvoud en rustigheid.

Die jare se gejaag na opwinding en oppervlakige emosionele passie, lê soos ‘n ander lewe vêr agter my.

Dit wat ek nou na streef, was vloekwoorde gister.

4 antwoorde op VLOEKWOORDE VAN GISTER

  1. louisna het gesê op Mei 13, 2011

    Van watter vloekwoorde praat jy?, dan gesels ons saam.

  2. Peace, simplicity en contentment was vloekwoorde in my verlede.

  3. louisna het gesê op Mei 13, 2011

    Wat ‘n jammerte.

  4. The precious peace within….

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.