TERRIOR

Desember 23, 2010 in Sonder kategorie

Hy gaan sit onder die groot ou Eikeboom.

Sommer so plat op die grond, met sy boude.

Asof hy die aarde wil voel, wil opneem deur die direkte kontak daarmee.

‘Hoeveel tyd het al verby gegaan, ……te veel…. te min…..

Nooit genoeg tyd nie. Nooit genoeg tyd nie.

As mens maar net gereeld so ongekunsteld, sonder skoene, plat op die aarde kon word…’ dink sy siel.

Die verlorenheid wat alles so deurmekaar maak. Die ‘ek-weet-nie-meer-nie’ wat begin oorweldig.

Drie blare waai oor hom. Een – een so oor die loop van tyd.

Ongesiens vir die oog, maar betekenisvol vir die siel.

Hy staan op, gaan sit op die bankie, trek diep aan sy Malboro Lights sigaret.

Ek kyk vir hom, hier van bo, vanuit my vêraf stoel, en ek dink by myself: ‘Ek wil so graag vir hom die drie blare wys.’

Maar voor ek kan beweeg is hy reeds weg.

En net die leë bankie staan onder die ou Eikeboom.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.