JOY EN EENSAAMHEID

Desember 19, 2010 in Sonder kategorie

Ek is alleen. Ek voel alleen. Ek is eensaam.

Hoe beskryf mens hierdie gevoel van eensaamheid?

‘n Naar kol op die maag, ja. ‘n Gereelde sug hoorbaar, ja. ‘n Hartseer wat nou en dan wil kom oorneem, ja.

Maar vir my is die alleen, ‘n gevoel van amper hulpeloosheid……..hopeloos?

Hulpeloos want ek kan nie iets daaraan verander nie.

Ek dink nie ek sou minder eensaam gevoel het as ek nog in Pretoria gebly het nie, in teendeel ten minste gaan ek hier uit en gaan stap en kry dit nog reg om my te verwonder aan die wonderlike wereld waarin ek nou lewe.

Ek het skielik vanoggend besef dat iemand wat vir my lief is mis. Maar nou wonder ek of dit ‘n verskil maak as daar wel iemand is. Gestel iemand vir wie ek nie lief is nie, maar wat my wel lief het, was wel naby, sou ek minder alleen gevoel het?

Ek weet nie.Ek dink nie so nie.

Dalk gaan die eensaamheid weg as ek lief is vir iemand en iemand is terug lief vir my. Daardie wedersydse uitruil van liefde. Dalk gee dit hoop. En as daar hoop is…..dan kom daar blydskap…..en saam met blydskap is dit moeilik om eensaam te voel.

So ek dink ek gaan probeer om myself te verskoon van my lekker pitty-party, en gaan soek na blydskap.

Ek weet nie waar om dit te vind in die wereld nie so al wat ek dink oorbly is om ernstig daaroor te dink, mediteer……stil te raak.

Ek moet more die lannngg pad terug aanpak na Pretoria vir die Kersfeestyd saam met my familie. Ek het ‘n monster groot sleepwa wat ek agterna moet sleep. Ek weet nie eers hoe ek die ding alleen gaan omdraai en aanhaak aan ou Poon nie.

Ek is nie lus nie, hierdie pad is vir nou te lank.

11 antwoorde op JOY EN EENSAAMHEID

  1. Balans het gesê op Desember 19, 2010

    Van een wat al lank soek en al-hoe-meer en elke-keer-WEER dieselfde vind:
    Rig jou gedagtes
    Maak vrede met …
    Probeer aanvaar wat is.
    Maak die beste van vandag en so bou jy ‘n positiewe toekoms.
    Aanvaar jou onvolkomenhede.
    Jy IS spesiaal!

  2. Baie geldige vrae en versugtinge. Hoeveel is daar wat in dieselfde posisie is?? Ons verwerk dit almal op sy eie besondere manier. Sterkte!!

  3. louisna het gesê op Desember 19, 2010

    Ek het ‘n gut feel dat jy vroeg in die nuwejaar gaan ophou eensaam wees en geluk gaan vind. Mooi dag verder.

  4. al wat ek weet is dat selfs nie daardie iemand jou gelukkig maak nie. ek gaan nou soos ‘n kloosterkoek klink en se…. happiness is within. arme poon…ry mooi (en elke keer as my ma vir my broer se mooi ry… dan se hy: nee ma ek gaan lelik ry) x

  5. wat se jou gut van my ouboet?

  6. louisna het gesê op Desember 19, 2010

    Jy gaan sit onder ‘n doringboom, skud jou kop en dink dit sal nie so ‘n bad idee wees om wel een aand saam met ouboet en vriende om ‘n braaivleisvuur te sit nie.

    Dan ontmoet jy iemand wat jou drome waar maak. Lekker dag verder.

  7. stem elkeen van ons is spesiaal en jy is SPESIAAL

  8. Sterkte met die sleep

  9. katrina het gesê op Desember 19, 2010

    Miskien begin die verandering nou by jou insink, Smartie… En die lang pad wat wag en en en… As die wiele eers rol, sal jy oraait wees, dink ek. En as jy weer terugkom, sal dit ‘n eerste groot tuiskoms wees en dan gaan jy oraait wees. Jy sal sien XXX

  10. SAB as ek mooi onthou het jy laasjaar die pad Suid gevat en ek dink jy het nog ssam met pelle langs n rivier gekuier en jy was nie aldie tyd alleen nie behalwe waar jy alleen in n koffie winkel gesit het.
    Nou gaan jy Noord en hier wag ook baie pelle.

  11. Ek hou ook nie daarvan om lang paaie alleen aan te pak nie. Hoop alles loop baie goed af.

Los ’n antwoord vir Maghitta. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.