LEKKER GEKUIER

Desember 17, 2010 in Sonder kategorie

Ag eintlik het ek nie ‘n clue waaroor om te skryf nie. Ek weet net ek is so lus om iets te skryf, maar eintlik het ek niks om te se nie.

Ek het gister die eerste keer ‘n kuiergas op my stoep gehad. Dit was lekker. So tussen die gewoel van die straat hieronder en die berge wat van ander kant af loer, het ek my stoep nog meer geniet.

Die wereld weer plat gesels oor ‘n paar glase rooiwyn en baie Mozart.

Ek het my stoepgeselse gemis.

Daar het iets magic gisteraand gebeur. Op ‘n stadium het ek besef dat ek so lekker kuier, dat al is dit die laaste kuier ook ooit, dit dan ook reg so is. Die contentment wat ek gevoel het was werklik spesiaal.

Dis darem snaaks hoe mens net met sekere mense ‘n ongelooflike wye kommunikasie het.

Soos byvoorbeeld ek en Anha. Ons ken mekaar minder as ‘n jaar en maar hier op die blogs leer ken. Maar goeie aarde, ons kan nooit ‘n gesprek he wat korter is as 20minute nie. Al is dit net ‘n ‘vinnige iets vir jou se’ een, dan gesels ons tjoef tjaf onself in ‘n halfuur gesprek in. En die meeste van die tyd is die praat ook nog nie op teen die tyd wat ons nou maar groet nie.

Ek verlang nou sommer na haar. Ek gaan nou eers bel…. Praat later verder

2 antwoorde op LEKKER GEKUIER

  1. Elke kuier moet jy kuier asof dit die eerste is
    vol van alles wat nog was.
    elke kuier moet jy kuier asof dit die laaste was
    vol van alles wat nog is.

  2. Gaudi het gesê op Desember 18, 2010

    Eendag as ons oud is gaan ons nie onthou wat ons gedink en bepeins het nie, maar wat ons gedoen het en saam met wie ons dit gedoen het.Koop die tyd van elke kuier uit!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.