Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

BLACK BOOK: INSKRYWING NR 1

Desember 28, 2010 in Sonder kategorie

‘I’ve got my little black book with my poems in it.’

Roger Waters via Pink Floyd, The Wall.

Oor die loop van ‘n week of so het daar baie gedagtes by my opgekom. Gevoelens gewoel. Gewaar geword. Geskryf.

Wat volg oor die loop van die paar volgende inskrywings, is nie kronologies nie, maar wel deel van/gewees van oomblikke van my lewe die afgelope week. Hier volg ‘n paar ‘little black book’ moments. (Behalwe dat my ‘little book’ nie ‘black’ is nie maar vreeslik helder groen….te danke aan Sarie tydskrif wat so gaaf was om klein bookies saam met hul tydskrifte uit te deel).

LITTLE BLACK BOOK – PAGE UNKNOWN- WORKING TITLE: ‘ONGEDEELD’

Is dit al wat dit geword het?

Is dit al wat oor is?

‘n Hulpdreed in die nag, van ‘n vreemdeling aan ‘n ander vreemdeling?

Is hierdie aardse behoefte om te ‘commune’ al wat oorbly?

Die ingebore, onblusbare drang daarna om te deel met ander?

Wat ookal die rede is vir die oorsaak na die behoefte om te deel, is heeltemal irrelevant!

Maar dit is hoekom ‘n ieder en ‘n elk hier hul merk laat.

Die behoefte om met ander te deel.

Heeltemal normaal.

Ja!

Vir my is dit net ‘n feit, ‘n realiteit:

Almal hier het iets te se wat hulle nie in hulle ‘normale’ lewe kan se nie.

PS:

Ek het oorspronklik hier begin skryf omdat ek wou vertel hoe ongelooflik moeilik dit is, wanneer jy nie meer weet of jou besluite reg of verkeerd is nie, en daar op daardie oomblik niemand in jou  werklike wereld is op wie se knoppie jy gemaklik voel om op daar die oomblik te druk nie.

Of dit nou is omdat die vraagstuk te vetroulik is, of so belangrik is dat mens dislojaal voel om te dit te deel, of wanneer jou realiteit net so onbenullig in jou kop klink om iemand te pla;

Of as dit na 9 in die aand is en jy weet almal anders is op daardie oomblik met hule eie lewe besig en dat dit net so onbedagsaam sal wees om jou probleem in iemand anders se pot te gooi.

So roer ons maar ons eie sop elke dag.

TERRIOR

Desember 23, 2010 in Sonder kategorie

Hy gaan sit onder die groot ou Eikeboom.

Sommer so plat op die grond, met sy boude.

Asof hy die aarde wil voel, wil opneem deur die direkte kontak daarmee.

‘Hoeveel tyd het al verby gegaan, ……te veel…. te min…..

Nooit genoeg tyd nie. Nooit genoeg tyd nie.

As mens maar net gereeld so ongekunsteld, sonder skoene, plat op die aarde kon word…’ dink sy siel.

Die verlorenheid wat alles so deurmekaar maak. Die ‘ek-weet-nie-meer-nie’ wat begin oorweldig.

Drie blare waai oor hom. Een – een so oor die loop van tyd.

Ongesiens vir die oog, maar betekenisvol vir die siel.

Hy staan op, gaan sit op die bankie, trek diep aan sy Malboro Lights sigaret.

Ek kyk vir hom, hier van bo, vanuit my vêraf stoel, en ek dink by myself: ‘Ek wil so graag vir hom die drie blare wys.’

Maar voor ek kan beweeg is hy reeds weg.

En net die leë bankie staan onder die ou Eikeboom.

JOY EN EENSAAMHEID

Desember 19, 2010 in Sonder kategorie

Ek is alleen. Ek voel alleen. Ek is eensaam.

Hoe beskryf mens hierdie gevoel van eensaamheid?

‘n Naar kol op die maag, ja. ‘n Gereelde sug hoorbaar, ja. ‘n Hartseer wat nou en dan wil kom oorneem, ja.

Maar vir my is die alleen, ‘n gevoel van amper hulpeloosheid……..hopeloos?

Hulpeloos want ek kan nie iets daaraan verander nie.

Ek dink nie ek sou minder eensaam gevoel het as ek nog in Pretoria gebly het nie, in teendeel ten minste gaan ek hier uit en gaan stap en kry dit nog reg om my te verwonder aan die wonderlike wereld waarin ek nou lewe.

Ek het skielik vanoggend besef dat iemand wat vir my lief is mis. Maar nou wonder ek of dit ‘n verskil maak as daar wel iemand is. Gestel iemand vir wie ek nie lief is nie, maar wat my wel lief het, was wel naby, sou ek minder alleen gevoel het?

Ek weet nie.Ek dink nie so nie.

Dalk gaan die eensaamheid weg as ek lief is vir iemand en iemand is terug lief vir my. Daardie wedersydse uitruil van liefde. Dalk gee dit hoop. En as daar hoop is…..dan kom daar blydskap…..en saam met blydskap is dit moeilik om eensaam te voel.

So ek dink ek gaan probeer om myself te verskoon van my lekker pitty-party, en gaan soek na blydskap.

Ek weet nie waar om dit te vind in die wereld nie so al wat ek dink oorbly is om ernstig daaroor te dink, mediteer……stil te raak.

Ek moet more die lannngg pad terug aanpak na Pretoria vir die Kersfeestyd saam met my familie. Ek het ‘n monster groot sleepwa wat ek agterna moet sleep. Ek weet nie eers hoe ek die ding alleen gaan omdraai en aanhaak aan ou Poon nie.

Ek is nie lus nie, hierdie pad is vir nou te lank.

LEKKER GEKUIER

Desember 17, 2010 in Sonder kategorie

Ag eintlik het ek nie ‘n clue waaroor om te skryf nie. Ek weet net ek is so lus om iets te skryf, maar eintlik het ek niks om te se nie.

Ek het gister die eerste keer ‘n kuiergas op my stoep gehad. Dit was lekker. So tussen die gewoel van die straat hieronder en die berge wat van ander kant af loer, het ek my stoep nog meer geniet.

Die wereld weer plat gesels oor ‘n paar glase rooiwyn en baie Mozart.

Ek het my stoepgeselse gemis.

Daar het iets magic gisteraand gebeur. Op ‘n stadium het ek besef dat ek so lekker kuier, dat al is dit die laaste kuier ook ooit, dit dan ook reg so is. Die contentment wat ek gevoel het was werklik spesiaal.

Dis darem snaaks hoe mens net met sekere mense ‘n ongelooflike wye kommunikasie het.

Soos byvoorbeeld ek en Anha. Ons ken mekaar minder as ‘n jaar en maar hier op die blogs leer ken. Maar goeie aarde, ons kan nooit ‘n gesprek he wat korter is as 20minute nie. Al is dit net ‘n ‘vinnige iets vir jou se’ een, dan gesels ons tjoef tjaf onself in ‘n halfuur gesprek in. En die meeste van die tyd is die praat ook nog nie op teen die tyd wat ons nou maar groet nie.

Ek verlang nou sommer na haar. Ek gaan nou eers bel…. Praat later verder

NOU BLY EK INNI BOSCH

Desember 8, 2010 in Sonder kategorie

Jennifer Lopez het ‘n lekker liedjie ‘n paar jaar terug gehad wat se naam ‘JENNY FROM THE BLOCK’ was. (Net omdat ek tog so deeglike storieverteller is sal ek nou seker maar eers moet afklim van die hoofpad om gou die storie van die liedjie te vertel, alhoewel dit natuurlik glad nie relevant is nie. Maar dis maar wat Noord-Kaap storievertellers doen, so dis seker maar in die bloed, reken ek. Goed, sy het in Brooklyn, skattie nie Pta nie…..New York, grootgeword. Die liedjie het gegaan oor sy is nog steeds dieselfde ‘Jenny’ van die blok, en alhoewel sy nou meer geld het, bly sy daardie Jenny.)

Nouja, so kom ‘Jenny from the block’ die hele tyd in my kop as ek afsluit met ‘n sms of email en daar word ‘*&%$”£ (lees my regte naam vir die wat dit ken) van die Bosch’ toe in my kop op. Vir die blog doeleindes is ek maw nou ‘Smartassblondie van die Bosch’. Maar dalk werk dit net as jy wel die liedjie van Jennifer in jou kop het terwyl jy dit se…..

Maar dis nou nie regtig wat ek wou vertel nie. Ek wou vertel van hoe ek vannaand na die ‘KerkSpar’ toe geloop het. Die Kerkspar is hier in Piet Retiefstraat, net aan die ander kant van die Eerste Rivier. Hy het sommer vannaand Kerkspar geword toe ek met SmartassMa praat en vir haar toe wou verduidelik dat ek na die Spar toe geloop het wat oorkant die skool is waar ek en sy gaan kerk bywoon het.

In elke geval, so met die terugloop, net na agt vannaand en tewyl die karre nog nie eers met ligte aan ry  nie, dink ek dat ek hoop dat ek hierdie gevoel van ‘amazement’ sal hou vir so lank as wat ek hier woon.

Die ongeloof van die onbeskryflike mooi berge wat ek kan sien selfs as ek wakker word in my bed in die oggend.

Die reuk van ‘skoon’ wat ek nie regtig kan verduidelik nie.

Die diep diep diep dankbaarheid wat my met trane van vredevolle vreude vul.

Kan dit asseblief net bly.

Dis soos daardie eerste passievolle soen van iemand wat jy onuitstaanbaar aantreklik vind. Die skielike terugtrek van jou kop om net gou te probeer sin maak/logies raak……

Gelukkig kyk ek in hierdie lover, met die naam Stellenbosch, se oe en sien ons is vir mekaar bedoel.

Die sirkel is voltooi.

Vier en twintig jaar terug het ek hier aangekom as ‘n 18 jarige swanger pasgetroude.

Die lewe het gebeur. Die lewe het geloop, soms gehardloop, soms selfs bo-oor my.

En toe in die jaar 2010 van onse Heer, draai die ratte stadig nog een rat aan, en ek sit op my stoep elke aand en vir die eerste keer voel ek onvoorwaardelik tuis.

Die keer sonder kind of kraai.

En net soos destyds met geen vriend of vyand in sig.

Destyds wou ek so graag ‘n student hier wees.

Hoe ironies dat ek beplan om volgende jaar my doktorsgraad aan Stellenbosch te begin.

Ek wonder wat ek 24 jaar terug sou se as ek vandag kon sien afspeel.

Ook maar goed ek kon nie, ek sou nie kans gesien het vir alles wat voorgele het voor dit uiteindelik ‘nou ‘ is nie.

Dit laat my dink aan Stef Bos se liedjie…..’ Is dit nou later?’

Ok baai, lekker slaap.

Groete

Smarassblondie van die Bosch