Jy blaai in die argief vir 2010 November.

TE DANKE AAN KELLY SKRYF EK NOU OOR ‘VAN’

November 13, 2010 in Sonder kategorie

Ek het redelik ‘laat’ in my lewe vir VAN THE MAN ontdek. Van Morrison! (laat soos in laat 20’s…maar is seker ok want hy is erg voor my tyd…hay ek is net 42!).

Ek het Kelly se blog gelees oor name net voor ek die kombuis gaan aanval het.

 Dit gebeur nie te veel deesdae nie…. My verskoning is ek pak…maar ek en my kombuis het ‘n storie wat ek self nog probeer lekker uitwerk…maar ek dwaal nou af.

Anyway… ek het lanklaas groen goed geeet.  Vannaand is dit bacon en avo slaai…gecopy van Al Dente Ristorante….hier digby my.

So staan ek en terwyl ek wag vir die pan om rook -warm te word, besluit ek om musiek op te sit….enige random cd….dankie tog vir random Van Morrison.

Moondance is my een van gunstelinge….en ek val sommer weg met hom…laat my lyf swaai soos net ‘n Antie in Louisanna (moes die spelling google, eish!).

My vingers kry lewe…begin onmiddelik ritmies klap….maar dit gaan eintlik oor die diepasemintrek-grootgrin-joy wat ek kry as ek saam met Van sing: ‘It’s a marvellous night for a  moondance…..’ Oja en my kop wat soos ‘n jazzfundy heen en weer skommel. ‘Dit gee my groot lekkerkry’…soos smartassMa sal se.

En net so swaai die emosie…en nee ek maak dit nie op nie… ‘Baby please don’t go’…ek word onmiddelik ‘n blonde Thelma en Louise- girl. Blonde hare wat in die wind waai met my agter die Studebacker (afslaan kap natuurlik…verkieslik two-tone) se stuur terwyl ek  Route 66  platry.

En dan die somberness wat so insluip….die liedjie wat my hart en oe sag maak….’Have I told you lately that I love you’. En dit tref my toe. Ek verstaan skielik die alleen voel meer. Ek het laas ‘I love you’ amper 2 jaar laas gehoor. (Engelsman het  nie die ‘L’ woord gedoen nie).

Ek mis dit. Ek mis dit om die ‘jy is so spesiaal dat ek nie sonder jou kan lewe OP HIERDIE OOMBLIK NIE’ –gevoel.

Daardie gevoel wat mens kry as iemand spesiaal dit vir jou se…daai ‘ek is die gelukkigste wat ek OOIT was’-gevoel.

Anyway…maar darling….dan kom VAN en ek kry tot in my tone lekker. MY SONG! (Ek het self so besluit, nie opgedra aan my deur iemand anders nie). Brown Eyed Girl!…ek voel so ALIVE as ek die song hoor…..ag man dis net ‘n ‘This is me song’.

Ek ‘crash’ troues vir ‘Brown Eyed Girl’!

So as julle ooit ‘n Brown Eyed Girl met Blonde hare sien op ‘n plek waar sy nie hoort nie…. Luister maar mooi….VAN is besig om my song te sing!

SY NAAM IS LIAM…

November 13, 2010 in Sonder kategorie

Ek het vir ‘n paar ure sy naam vergeet.

Net in my geestesoog die klein blonde krulkoppie sien rondhardloop op die strand.

Miskien was dit maar die onwerklikheid wat sy naam net laat verdwyn het.

Miskien die sprakelose hartseer en empatie vir my vriendinne.


Die een wat die oproep moes maak, dieselfde een wat net nou die dag self deur doodshartseer gegaan het met die verlies van haar ongeborene.


Die ander een wat se lewe skielik tot ‘n stilstand geruk is. Hartverskeurd is. Weerloos teen die ondenkbare.

Die ondekbare……

Liam was net 3 jaar oud.

Ek het niks om oor te kla nie.

Die Wille Een

November 7, 2010 in Sonder kategorie

Die wille een se hare staan altyd regop.

Maak nie saak hoeveel keer hy dit met die plathand probeer reg druk nie.

Hulle spring onmiddelik weer orent, asof daar ‘n staties -elektriese wolk ooral saam met hom loop en net so bo sy kop hover soos ‘n onsigbare halo.

‘Wonder darem oor die een.’ Dink sy terwyl sy haar een been oor die ander kruis, haar boonste voet  drie keer wikkel en dan weer in gedagte haar bene ruil.

‘Wonder hoekom sê ek hy is ‘Die Wille Een’. Dis nou nie of ek nou al eers een keer hom iets hoor sê het nie. Dalk is dit maar net daardie kyk in sy oë, of die vuil streep wat hy oor sy wang het. Dalk sien ek van my kleintyd-ek in hom.’ En dan met ‘n meer prewelende stem: ‘Of dalk soek ek na die weerlose kind in almal. Miskien die sorgvrye kind wat ek was. Die vuilgesig met die deurmekaar gekoekte hare. Die een wat nie geweet het van……. Sommer net nie geweet het nie.’

Terwyl sy haar koffiekoppie nader aan haar lippe bring en die skuim saggies blaas dink sy:  ‘Maar dis nie nou die tyd om daaroor te praat nie.’

Sy lig haar oë op, sien die kelnerin raak, en glimlag vriendelik.