Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

Sommer so gewonder oor mense en Anais

Oktober 22, 2010 in Sonder kategorie

Party keer sit ek sommer net so en wonder oor mense.

Sommer mense in die algemeen.

Wat veroorsaak dat ons op sekere maniere optree?


Dalk is dit maar die gebeure van die afgelope week wat my vannaand laat skryf hieroor.

Dalk is dit die aanhaling van Anais Nin wat ek so 2 weke terug ontdek het en onmiddelik aanklank by gevind het.

‘We dont see things they way they are, we see them as we are.’   (Anais Nin)

Ek het dit eerstehands beleef.

Beleef ek altyd alles as min of meer positief omdat dit is wie ek is?

(En ek se nie ek het nie my gatvol seerkry tye nie, maar gelukkig kan ek na die tyd altyd iets daaruit haal)

Dit laat my wonder dan, as dit so is dat ek positief is, gebaseer op Anais se ‘we are’ gedeelte van die aanhaling, hoekom is ek so?

Ek sien dit as ‘Genade’ of ‘Grace’ of wat mens ookal gemaklik mee voel om ‘n ‘onverdiende geskend van God’ te noem.

Maar toe toe kom die onregverdigheids-gevoel oor my….want party mense sien goed dan anders….het hulle dan nie ook daardie geskenk gekry, wat nie een verdien nie. Daardie genade ontvang nie?

En toe onthou ek: God is not a puppet master.

Ek glo met alles in my dat elke een, gelowig, ongelowig, ateis etc die onverdiende geskenkpakkie van Genade gekry het.

Maar aangesien ons elke een nie met toutjies beheer word nie, maar vrylik kan kies hoe ons optree en hoe ons uitkyk op die lewe is, is die uitkoms van ons sienswyse van ‘n situasies in ons eie hande.

Ek het 50% gene van die mees positiewe mens wat ek ken …..my ma. Aan die ander kant het ek 50% gene van my pa wat ek as absoluut negatief beleef het. Ek onthou hoe ek altyd gedink het, ek wens ek is minder soos my pa en meer positief soos my ma.

Ek onthou ook presies waar ek was, in my kar oppad werk toe, amper op die hoek van Paul Kruger en Schoemanstrate, toe die konsep van 50/50 by my ingesink het en ek toe geweet het dat net ek kan besluit watter 50% van my gene my lewe gaan beheer.

Well, Anais skattebol, ek dink jy het ‘n ongelooflike punt beet gehad. Nou wonder ek net nou hoekom op dees aarde het jy met ou Henry Miller uitgehang?

ek vat nou my hoed en loop

Oktober 20, 2010 in Sonder kategorie

Ek roep omhoog

ek is verloon!

 

‘n jaar en ‘n half

alles ‘n waan

 

deurdrenk

deurtrap

deure

Toe

 

verraai

verlang

 

Verlos

 

Genade

geloof

genoeG

GROOT BESLUITE (DV)

Oktober 11, 2010 in Sonder kategorie

Ek is so half in ‘n snaakse plek op die oomblik.

Aan die een kant opgewonde en aan die ander kant ongelooflik bang.

Ek het nog nooit van spinghaasjag gehou nie en ek dink dalk is dit omdat ek dalk altyd empatie met die arme peste gehad het.

Ek voel soos ‘n springhaas op die oomblik.

Die koplampe, jaglampe en sommer die maan skyn so in my oe, dat ek net gevries kan staan.

Anders as die springhase is dit nie die einde nie, maar die begin.

Begin vir iemand wat verandering haat.

Ek is daardie een wat lank sal sit en dink oor hoe die meubels moet staan en dan is dit so. Hulle is geplant. Moenie rondskuif nie!

Ek klink vreeslik boring, maar daar is soveel teenpole in my, ek dink ek sal waarskynlik ware noord op die kompas kan laat skuif as jy naby genoeg kom staan. (Dan maar goed dat ek kan kaart lees en dus nie daardie ou instrumentjie nodig het nie)

Wat ek einlik wil se daarmee. So min as wat ek hou van verandering, net so ‘adventurous’ is ek.

Ek het minder as 2 weke terug, binne 2 dae ‘n uitnodiging van die Ingelsman aanvaar om by hom in Italie aan te sluit. Binne 48 uur  het ek vliegtuigkaartjies gereel. Visa gekry (dis ‘n ander storie) en onbepland aangesluit by hom in Verona.

Dit was ‘n ongelooflike vakansie!

Maar groot lewensbesluite….. is nie regtig my forte nie, nee ek is maar liewer een wat wil he goed moet maar liewers dieselfde bly.

MAAR

Ek kondig hiermee aan. Ek, Smartassblond, het met BAIE hulp van bo, die besluit geneem om die groot stap te neem.

Ek skuif my praktyk en my lewe. Minus smartasskind. Minus smartassma. Minus alles wat bekend is.

As alles gaan soos wat ek glo dit sal gaan, begin ek ‘n nuwe lewe oor ‘n maand in Stellenbosch.

Sonder iemand wat ‘n back-up is.

Sonder ‘n Ingelsman wat daar gaan wees vir my.

Sonder nuwe kliente in die sak.

Maar hopelik met baie gebede en liefde van almal wat werklik my vriende is.

Miskien sal ek later hier kan vertel wat die aanloop was vir die besluit.

Dalk vertel van die 4×4 lewenspad wat ek beleef het die afgelope jaar.

So…..enige iemand dalk beskikbaar vir nuwe vriendskap daar in die Wes-Kaap.

Email gerus: [email protected]