Jy blaai in die argief vir 2010 Julie.

TEVREDE?

Julie 31, 2010 in Sonder kategorie

Dis ingeboesem in my…..

om te verlang,

te begeer,

te môre,

nooit net te NOU nie.

Dis nie in my natuur om net hier om my rond te kyk nie. Hier om my rond te lewe nie. Hier in die oomblik, die nou, die moment……die werklikheid? te lewe nie.

Ek sien uit…

Sien op…

Alles na die toekomstige wat nog moet gebeur.

My groot behoefte is om elke ooblik net bewus te wees van daardie oomblik….nie eers dit in tyd om te sit nie…..nie eers dit ‘n sekonde of minuut te noem nie…

Werklik te lewe, bewustelik te lewe, gelukkig te wees met net dit wat op hierdie oomblik IS.

Net die proses van die woorde wat nou hier oor die klawers uitspoeg te geniet. Dit in dankbaarheid te lees.

Nie te dink aan die post daarvan oor so paar minute nie….nie te dink of ander gaan sin maak van my ondeurdenkde denke nie….maar die proses, die kreatiwiteit wat nou gebeur te beleef.

Dis my ‘spiritual journey’…..my geloofs-voetpad…..my soektog na ‘contentment’.

Ek het altyd die woord ‘contentment’ gehaat. Dit as minderwaardig beskou. Vir my het ‘contentment’ beteken dat jy maar gelate aanvaar wat ookal aan die gebeur is, so half pateties maar eintlik net daar staan en nie ja of nee sê nie, maar net daar staan….maar net ‘tevrede’. Nie opgewonde nie, nie ongelukkig nie….einlik maar net so COMFORTABLY NUMB.

TEVREDE….so asof jy net aanvaar dat die tweede beste ook maar goed genoeg is. Gelukkig is in jou OK-ness.

So spring ek verlede jaar oor die leivoor in Dorpstraat en gaan sit op die Stoep saam met Ingelsman. So oor die loop van tyd praat ons oor gedagtes, gevoelens, gelowe, geliefdes….geluk.

‘Woorde’ word ontleed en woorde word ontleed….


Hy se geluk is ‘contentment’ en ek stry met passie teen die patetiese, passielose tweederangse weergawe van net ‘ok’ wees. Terwyl ons so kyk na die groot boom se blare, wat in die wind dans,  verduidelik hy hoe hy ‘contentment’ sien :‘it is full of content, nothing to add, nothing to remove’.  (Of dis hoe ek dit onthou).

Anders as saamstem kon ek toe nie, maar ek dink nie hy sal weet hoe dit nou by my aanklank vind nie. Hoe ek op my geloofs-voetpad nou besef dat ek elke dag misleef en misgeleef het. Hoe ek daagliks besig is om uit te sien na die volgende dag,naweek,vakansie… Hoe ek uitsien na die dag wat ek nou werklik gaan gelukkig wees. Dalk was dit nuwe skool, nuwe dorp,  nuwe liefde, nuwe huis, nuwe baba, nuwe graad, nuwe werk, nuwe gewig…So het ek nou al hoeveel jare om gewens, in effek.

Ek wil tevrede kan wees, elke oomblik van elke liewe dag!

Tevrede het nou vir my ‘n nuwe betekinis- baadjie aan. Dis nie meer daai ou uitgewaste grys jas nie.

Die ‘TE’ beteken nou vir my ‘oorvloedig en teveel’.

Ek streef nou na ‘oorvloedige vrede’,

‘n vrede wat ‘alle verstand te bowe gaan’

of ‘wonderliker is as wat ek ooit kan dink’

of  ‘which transcends all understanding’.

En ek glo ek het nou die ‘tevrede’ en ‘contentment’ – resep gevind….

NUGTER WEET

Julie 16, 2010 in Sonder kategorie

Ek sit en besef dat die naweek nou amptelik hier bo-op my is.

Wat het gebeur dat die week sommer net so tjoeffff – vingerklap vinnig verby is.

Swaarmoedigheid staan reeds hier voor die deur en klop.

Sy dra soos altyd daardie dik grys jas, wat so effe na stof ruik.

Ek maak maar of ek haar nie hoor klop-klop aan die deur nie.

Het sy nie ‘n huis nie?

Het sy nie ander mense om te gaan besoek nie?

Ek is tog nie die enigste enkel-ellendeling wat haar die hele naweek moet oppas nie!?

Sy gun my geen privaatheid nie!

As ek in die sitkamer sit, dan kom sit sy met haar stofjas hier voor my.

Staar in my oe asof ek een of ander antwoord het oor hoe om vrede op aarde te kan bewerkstellig.

Kyk nie ‘n oomblik weg nie.

So klim ek in die bed en dan is sy alreeds daar, op haar rug, hande mooi gekruis op die bors, stinkjas en al.

More oggend as ek wakker word? Ja, sy is daar.

Soms kyk ek haar in my slaapbenewelde toestand mis.

Maar nie lank nie of ek ruik die ou stofjas.

Wonder as ek by die agterdeur uitskiet, vinnig in my Poon spring, wegjaag….iewers heen.

Gaan sy my vind, daar waar ek is, weg van die huis?

Dink ek beter maar ry.

Video te kry.

Maar so in die verbygaan hoor wat wil sy sien, om dit te vermy.

Want sy is nou hier, maar ek, verseker nie gasvry.

Onwelkom gaan sy bly.

PRANZO DI FERRAGOSTO

Julie 5, 2010 in Sonder kategorie

Ek is amper lus om te se dat dit my nuwe gunsteling foreign film is, maar ai…Amelie bly maar nog so kortkoppie voor.

Ek is besonder lief vir Italiaanse flieks. Miskien maar oor my liefde wat ek vir die land en die taal het. Dalk ook die feit dat ek so hier en daar ‘n woord verstaan. Maar ek dink dit het ook baie te doen met die feit dat die Italianers so uitdrukkingsvol is… expressive!

Verder is dit ook nie te moeilik om die subtitels te volg nie, aangesien Italiaans baie meer woorde as Engels gebruik in hul dialoog. So mens kan die subtitels klaar gelees kry lank voor die Italianers hul se klaar gese het.

Die fliek se naam is Pranzo di Ferragosto. In Engels: Mid-August Dinner.

Dis gebasseer op ‘n ware verhaal. Daar is slegs een regte akteur in die movie en die res van die karakters, is almal regte gewone mense. Onder andere 4 ou Italiaanse tannies wat tussen 80 en 90 jaar oud is. Die ‘ekstras’ van die dvd moet gekyk word. Hulle gaan kuier vir die ‘aktrises’ by hul huise en die hoof manlike karakter is ook die regiseur van die fliek. Die onderhoude met hom is ongelooflik insiggewend.

Die fliek het ‘n ongelooflike klein budget gehad, maar het ongelooflik baie film pryse gewen. Onder andere beste film en beste nuwe regiseur by die Venice film festival. Al wat ek kan se is…. Fliek om nie te mis nie…en moenie vergeet van die ekstras nie!

Hier is die ‘trailer’ of voorprent, soos ons kleintyd geleer het.

PS: Ek is sommer lus om weer te kyk na ek die ‘trailer’ weer gekyk het

Skielik sink die skip

Julie 4, 2010 in Sonder kategorie

Die damwal het seker dalk ‘n jaar terug al gebreuk.

Dalk korter.

Ek sal nie weet nie.

Maar dat daar water oral om my is vir meer as ses maande, dit weet ek.


Ek was bewus gewees……..is bewus, van die water wat so met ongenooide tussenposes skeilik soos ‘n groot brander gesploesh het oor my kop.

Soms op ongemaklike tye en onverwags, maar meestal in die nag.

Die water van onbeskryflike hartseer.

Nee ek wil nie die woord hartseer gebruik nie…..dit beskryf dit nie reg nie…. Dis sadness.

Nee, dis SADNESS!. Nie sadness, punt nie.

Dis SADNESS, uitroepteken, punt.

Elke keer as die hartseer-water sy onverwagse golf oor my gegooi het, het ek vinnig myself opgetel…rondgekyk om te sien of my swemklere nog reg sit… en dan begin uitstap… maar eintlik was dit trap…watertrap.

Maandag los ek toe my stem in die Kaap, kry vir my ‘n hoes en ‘n proes op die vliegtuig en teen landtyd ‘n koue/warm wat my kleredrag verwar.

Van die lughawe is ek reguit onder die duvet in…’n seerkeel –slaap word gevolg deur ‘n week van nie opstaan uit die bed, behalwe vir noodgevalle nie. (Woolies/pippie/juice, en in daardie volgorde)

Die week bring toe meer as net ‘n erge Bromkaatjies, dit gee die Sadness tyd om saam met my in die kooi te kom lê. Om daar te wees as ek my oë oopmaak, om daar te wees as ek alleen voel en myself jammer kry. Die hele tyd net HIER!

In my face!

En skielik Vrydag by die dokter vra sy of ek OK is, en vir die eerste keer sê ek: ‘Nee’.

Van daar is dit nog net af en toe opkom vir asem skep. Dis asof die erkenning skielik my oogklappe afgewas het. Skielik sien ek dat ek omring is deur die water. En so sink ek elke nou en dan….en hierdie hartseer oorval my. Hartverskeurende hartseer….’n doods-hartseer. Die sadness wat skielik uit my uit borrel…oorloop en uitloop, asof dit sweet ek wat uit my vel sypel….ooze.

So sit ek met die voorskrif.

Ek voel skuldig….

voel asof ek geloofsgewys besig is om te vaal.

Glo ek genoeg?