Jy blaai in die argief vir 2010 Junie.

EK IS RAAK GELEEF VANDAG!

Junie 21, 2010 in Sonder kategorie

Net hier om die draai van my huis, is ‘n lekker klein sentrum wat mens die meeste van die tyd laat voel dat jy iewers in Europa is…

Lekker koffie, roomys, Italiaanse-, Griekse- en Lebanesekos…so op my voorstoep.

Maar dis die oulike klein Woolies waar ek maar die meeste tyd sommer net gou inspring.

Ouder gewoonte en na Latino my toe lus maak vir vis eet vannaand, stop ek gou daar. Selfde storie soos altyd…. Koeldrank, groente en vannaand vis….behalwe dat  vannaand toe nie was soos altyd nie.

Mike met sy netjies vasgemaakte dreadlocks, wat altyd so skaam vriendelik is, ‘lewe my toe raak’  vannaand.

Dis sort van ‘n motto van die kerk wat ek bywoon… om ‘iemand raak te leef’…

Die beginsel is maar eenvoudig en gegrond daarop dat gelowiges wil/moet streef om so veel as moontlik soos Jesus op te tree…. Die gewone.. vriendelik, medelewend …eintlik maar net om regtig om te gee vir jou medemens.

Die ‘raakleef’ ding is nie vreeslik moeilik nie….dis die glimlag vir  iemand wat nie noodwendig vriendelik is nie, maar vir wie jou vriendelikheid ‘n veskil maak.

Die aanknoop van ‘n gesprek oor sommer nonsense met die petroljoggie.

Of soos my ma gereeld maak…’n sweetie gee vir die onvriendelike tilltannies in Checkers/Pick ‘n Pay etc. (Wat selfs die onvriendelikste mamma se hart laat krummel!)

Dis ongelooflik hoeveel keer ek al mense se houding sien verander het, van amper onvriendelik en ongeskik toe ‘n sagte glimlag.

Maar die raakleef gaan nie oor die ‘reward’ van ‘n glimlag terug kry nie.

Juis nie dit nie.

Dit gaan oor om iets klein (of groot) te doen om daardie persoon te laat weet, sonder twyfel, ‘ek sien jou raak’.

So staan ek by die teller en na ek betaal, gee sy vir my ‘n bos rose. Verniet. Ek is geskok met ‘n groot smile…. En by navraag se sy ‘with compliments from Mike’.

Mike het vannaand die voorreg/plig gehad om vir wie hy ookal wil ‘n bos blomme te gee. Ek wou nie veel vrae vra nie, maar ek het gesien dat dit die laaste dag van verkoop is op die plakker op die blomme. Maar dit is nie eintlik waaroor dit gaan nie.

Mike het vandag gekies om vir my 40 geel, perske en rooi rose te gee.

Mike het my raakgeleef, sonder dat hy geweet het wat dit vir my beteken.

Mike het my laat besef dat klein goedjies werklik ‘n verskil maak.

Soos ek sit en kyk na die GROOT bos rose, wat nog perfekte knoppies is, sprei daar onwillekeurig ‘n groot glimlag oor my hart en van daar oor my mond.

Ek het vandag beleef hoe dit voel as iemand jou raakleef…. En dit is soooo lekker.

En elke dag, gaan ek aangaan en met Sy genade en hulp, elke dag iemand raakleef, op welke wyse dit ookal mag wees.

Dankie Mike van Woolworths, my hart is lig vannaand…. Want nie alleen was dit lekker om die blomme te kry nie, maar ek het so ‘n groot inspirasie daaruit gekry!

En ek dank natuurlik Boontoe ook… ek het die blomme nodig gehad… en gelukkig het Mike die nudge gevoel!

Betekenis van Drome?!

Junie 5, 2010 in Sonder kategorie

Ek het alweer ‘n nagmerrie gehad gisteraand!

Gelukkig gebeur hulle nie te veel nie, maar ek word altyd wakker en wonder wat op aarde beteken die nagmerrie/droom.


Ek het al gehoor dat drome maar net ons onderbewuste is wat gebeurtenisse en gedagte orden…soort van rondskuif vir filing!

Dan het al gehoor dat alle drome iets beteken.

Sommige beweer dat al die karakters in jou drome jyself is en dat jy die sielkunde daaragter moet gaan uitpluis, dat dit ‘n hulpmiddel is om jouself te kan verstaan. (dis natuurlik ‘n uiters simplistiese opsomming)


Dan is daar die wat se dat drome universele simbole het… die oumense het mos geglo as jy droom van dood of begrafnis dan gaan daar ‘n troue wees en as jy droom van trou dan is daar dood oppad.


Ouma Noag het so ‘n ding gehad wat sy gepraat het van ‘sy het gespook in die nag’. Dit was ‘n onrustige slaap wat sy so tussen slaap en wakker gehad het….. ouma het geglo iemand gaan dood gaan as sy so gespook het. Ouma was seker die eerlikste mens wat ek geken het…. en ‘n gelowige wat geglo het soos ‘n kind…..

Ouma het gereeld na iemand dood is gese sy het so dag of 3 voor die tyd weer gespook met die slaap. Ek het nooit in ouma se woorde se waarheid getwyfel nie….. maar ek is besig om af te dwaal..


Sommige drome kom sit hier langs my op die bank, loop saam met my deur die dag en kom fluister sommer so tussen die geselskap ook ‘n paar woorde. Ander verdwyn so in die na-nag.

Die een is een wat sommer sy tasse gepak het om saam te stap die naweek.


Ek het so ‘n behoefte om te verstaan, maar party goed is seker nie daar om verstaan te word nie.

Ek gaan nie nou die hele droom vertel nie…. maar die 2 hoof- droom- temas…. wat in die droom, soos dit met drome gaan, ingeweef is in die storie, maar nie enige logiese storielyn het nie.


My haarkapper (wat ek al goeie vriende mee geword het) het alweer my hare afgesny! (Dis iets wat ek elke nou en dan droom) Ek vra haar om nie my hare te veel te sny nie en dan spring sy weg en sy sny my hare kort! Sy het my hare in die onooglikste mushroom haarstyl gekruis met ‘n mullet, gesny!

In dieselfde asem is ek bewus dat ek weer met my eks moet trou…..ons het geen kontak en as ek nou werklik moet se…. ek wens ek het hom nooit ontmoet nie….. maar ek moet met hom trou om iemand te red…. 

Wat die omstandighede was en hoekom die redding van die persoon afgehang het van my trou met die eks, kan ek nie meer onthou  nie.

Ek kan net onthou hoe naar ek op my maag was. Hoe ek gewens het dat ek enige iets anders kon doen net om nie met hom te trou nie. Die bang en die afwersie wat ek gevoel het…. die gedagte en die wete dat hy na die troue aan my sou vat! en meer……

ANHA EN DIE FOTOS!

Junie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek het gedink voor ek nou wegtrek en julle van my dating kaskenades vertel, sal ek julle net inlig dat Andy Warhol se mense net vanoggend vir my die foto gestuur het van Andy’s se werk wat hy gedoen het nadat hy by my 40ste verjaarsdag was!

Ek het dit nogal waardeer dat hy so uit die dood opgestaan het om die partytjie by te woon. Toe hy my vra of hy maar my mag vasvang op doek, het ek natuurlik ja gese….maar ek moet erken ek het nie geweet dit gaan in die Guggeneheim opeindig nie!

Moet se ek dink die een wat hy gedoen het is beter as die een van die ander blond…..wat is haar naam nou weer…. man sy het ‘n affair gehad met President Kennedy en sy boetie….. ag man…julle weet mos wie… 😉

Ek het ‘n storie om te vertel….

Junie 3, 2010 in Sonder kategorie

Ek sit en wonder nou al vir ‘n rukkie waaroor om te skryf….. nie omdat ek nie iets het nie…. Ek het baie om oor te skryf…

Die ding is, ek het klomp gedagtes oor stories, staaltjies en sommer net goed. En dan is daar nog die diepe denke ook.

Ek het eintik gedink ek sal julle laat skaterlag een of ander tyd oor die mense wat mens ontmoet op die internet… ja…internet dating….

Maar dis so moeilik om daaroor te begin skryf. As ek die stories vir die Girls vertel is dit maklik want ek kan dan sien wat hul reaksie is… die lag totdat hulle nie meer kan nie, maar hier is dit anders.

Julle ken my nie, so oorvertelslag weet julle nie dat julle my wuiwende hande wat saampraat moet tussen in lees.

Dat ek gereeld bloedrooi bloos vir goed wat ander nie eers skaam oor raak nie.

Dat ek so in die vertel myself so verlustig in die lag van die Girls dat ek sommer heelwat meer van die detail kan onthou.

So nou wonder ek, as ek nou die stories vertel, gaan die snaaksheid van die situasies regtig oorkom as dit so twee dimensioneel op die bladsy pryk, of sal die leser die humor tussen die stories kan inlag?

Sal daar dalk ‘n paar humorloses wees wat dink: ‘Wie op aarde sal  internet dating probeer as dit die ondervinding is?

Of sal daar die wees wat dink:’Sy moes desperaat gewees het!’

Ek wonder maar net ….

GEKLEURDE ANTWOORDE OP DIE TAALVRAAG!!!

Junie 1, 2010 in Sonder kategorie

Ek moet Koos Kombuis vir die link wat ek hier onder vir julle plaas, bedank. Die groot debat oor die ‘afsterwe’ van Afrikaans en die hele debat oor die bruin stem in die debat is al ou nuus.

Ek is nou nie seker wie die kunstenaar is nie, maar dis ‘n ongelooflik rake kommentaar……poesie in ‘n rap song…

Luister asb dit is werklik goed en insigewend! En maak maar jou regmerk langs sy naam op YouTube as jy wel daarvan hou!

http://www.youtube.com/watch?v=KHIbsdte6vU