Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

EK IS STUPID!! BAIE STUPID!!!

Mei 29, 2010 in Sonder kategorie

Nee ek is…ek dink ek het al my logika en intelligensie verloor!

Dit moet die slapeloosheid wees wat my sulke verkeerde keuses laat maak!

Lewensveranderende keuses!

Sus bel gister…. deel sekere inligting met my. Ek is deur die slaap so vroeg in die oggende want ek het weer ‘slaapwag-slaapwag’ van so 2 to 5 in die oggend gespeel. Sy gee die inligting wat ek voor wag! Ek antwoord en se ek sal eers moet dink en lui af… slaap verder.

Sy bel ‘n paar uur later weer….. so wat dink jy vra sy? Wat is jou besluit?

Nee, se ek laat die Lebanees maar liewer saamgaan.

Sy klink geskok aan die anderkant van die foonlyn en vra of ek ok is. Ek se ja nee, is reg, ek het gedink en met die inligting op hande moet die Labenees maar gaan.

Nou vra ek julle met geen klaasvakie sand in my donkerbruin oe….. hoe op deeske aarde kon ek se my swaer moet maar liewer die rugbykaartjie vir die finaal in Orlando kry?

Stupid se ek julle! Stupid.

Nou sit Stupidblond hier en wonder waar om die rugby te gaan kyk…. saam met die getroude lotte wat sop en brood aangebied het…..of saam met boetie B wat my genooi het om saam in Cullinan te gaan kyk….Maar ek is nie lus vir een van die twee nie…want ek wil liewer daar wees..vuvuzela blasend streeptrui draend….selfs met my ma wat vir die bulle hier langs my sou skree!

STUPID, STUPID, STUPID!!!

MAAR

STORMERSSSSSSSS!

Slaap my Kindjie slaap sag…..$%£^&**…. want jy weet nie wanneer dit ophou nie!

Mei 25, 2010 in Sonder kategorie

Hoekom is dit so verdomp moeilik om te gaan slaap in die aand?

Ek sit soms tot vroegdag en wag vir die vaak om te kom aanklop.

Die laaste keer wat dit gebeur het, het dit met ‘n groot hartseer gepaart gegaan. Dalk moet ek sê: was dit as gevolg van groot hartseer, einlik hartbreek.

Op die oomblik is daar niks traumaties in my lewe aan die gang nie, so waarom gaan klaasvakie en doen sy strooiwerk by almal in die land en klaarblyklik net voor SY slaapstyd, dan kom hy met so nagedagtenis hier by my aan.

Ek wil nou nie eintlik ongeskik met hom raak nie, want wat as hy sy slaperige gat (lees slapgat!) vir my wip? Maak dan nooit weer ‘n draai hier nie, en ek moet nou regtig begin om weer normale ure te slaap! Regtig! Nee, ek bedoel Regtig!

Aangesien ek nie ‘n baas het waarvoor ek werk nie, het ek nie ‘n verpligting teenoor die Baas om ‘n sekere tyd my hande vas te boei aan die lessenaar nie.

Geen slawedrywer wat my ‘n skewe kyk gaan gee of gaan skinner agter my rug nie.

 Dit maak die situasie net soveel erger, want nou wag en wag ek vir Slapgat, en teen 2 of 3 uur die oggend kry ek uiteindelik die padaanwysings bed se kant toe! (En ek het al gesê ek kan kaart lees soos ‘n man, so issi my fout nie).

Ander probleem is, ek het nog altyd die groot-slaap-siekte. Nog nie medies bevestig nie, maar ek dink n hele swerm Tsetsie vlieë het my pas na geboorte bygedam!

Ek KAN slaap! Ek kan gereeld 12 ure sonder onderbreking (behalwe vir die slaaptoilet draaitjie) slaap. (Doen darem net op sommige Saterdae, voor ek dalk soos die grootste luiaard van alle tye klink!)

Gevolglik…ek sit en wag vir die klein strontstert slapgat vaakseun tot vroeg oggend en dan oorval die GROOT slaap my! Ek kan  nie wakker word nie! Ek snooz die wekker vir 2 ure aanmekaar! Ek slaap deur die selfoon wat langs my kop lui…en hou in gedagte dis die klank van Formule 1 motors wat jaag… en dan is die hele dag in sy dinges in!

Ek voel skuldig… ek kry nie alles gedoen nie… ek sit verveeld tot 2 uur in die oggend!

Al wat ek kan dink is dat die Brasiliaanse of Argentynse Klaasvakie dalk ‘n uitruil skema het met die Suid-Afrikaanse een. Dalk as deel van die 2010 sokker ding! Dis al wat ek kan dink…. Sal sin maak, my slaaptyd is dan Suid-Amerikaanse slaaptyd! Wel in daardie geval… wie wil nou ‘n sundowner gaan drink!

Nes ek gedink het… julle slaap al…

Gaan more my Espanjol en Portuguese opvang en ‘n ernstig gesprek hê met hulle sandstooi – dudes!

Sy naam is seker  Jose de Slapos en  Mario Snooza, onderskeidelik!

VERJAARSDAG WENSE VIR ANHA

Mei 22, 2010 in Sonder kategorie

Mag die jaar wat voorlê gevul wees met 365 skaterlagge, een vir elke dag!


Mag die sjokolade wat jy die jaar eet, net genoeg wees.


Mag jy die vreugde hê om alles te verander wat jou hart begeer.


Mag jy soveel plesier kry uit wat jy lees en skryf, dat onsteltenisse soos mis voor die son verdwyn.


Mag mense oor jou pad kom wat so vrygewig soos jy is.


Mag liefde onselfsugtig sy opwagting op jou voorstoep maak.


Mag die sekerheid oor alle onsekerhede, aan jou siel kom klop.


Mag al die dae, hierdie jaar verbygaan, sonder dat jy  een keer twyfel oor hoeveel jy vir ander beteken!


Mag jy soveel JOY kry van ander, soos jy vir ander elke dag gee!


En nou ‘n selfsugtige een: Mag die Stormers wen en mag ons dit saam kyk, sonder om môre ‘n hangover te hê!

A letter to no one there

Mei 21, 2010 in Sonder kategorie

It’s a overcast day here and it just suddenly turned even darker. I’m sitting at Tribeca, my favourite cafe. Don’t come here often in the week, but had things to do in the vicinity and decided to have a solo lunch here.
It is nice and cosy inside; the shop front consists of huge glass doors that are usually completely open. The decor is 50’s cafe/diner/kitchen , but the walls are filled with photo’s and together with the dark slate tiles, it adds a lot of warmth to the feel of the place.

It has just started to pour down and I can watch the rain on the square a mere meter or two away without getting wet or cold! (Even though I love walking in the rain, rather not practical in the middle of a working day.) Perfect setting to enjoy my glass of SB, while I sit down and write to you.

I was thinking last night, while pouring a glass of Hill and Dale SB, (seems there is a theme of wine and thinking going on here), that I wish I haven’t read the Alchemist by Paulo Coelho yet. Wish I could still discover it. Might sound silly, but I long for the feeling that I had when I first read it many years ago. I found his words so profound, and yet the story was so simple and uncomplicated. I used to read a page or 5 and put the book down to contemplate what I had read.
It was a lovely journey of discovery! Maybe it is the feeling of discovery that I long for, but not just simple discovery… intellectual discovery….. yes, I think that is what I long for….

I am rather fascinated by people, and without being intrusive, I love to observe. Maybe that is one of the reasons why this cafe is my favourite. There are interesting people that choose to frequent the place.
Don’t get me wrong, even though I love to observe…. I’m usually an active participant in conversations.

My stunning decaf cappuccino has just arrived…. best in my town. Best in your town…..?

IETS MEER OOR MYSELF

Mei 20, 2010 in Sonder kategorie

Iemand met wie ek korrespondeer vra my onlangs ‘So tell me something about yourself, something I don’t know’.

Dit het ‘n lang gedink afgegee…. wat vertel jy dan vir iemand. Tog nie die ‘boring’ inligting soos ‘ Ek het ‘n roetine hoe ek my tande borsel… begin regs bo en werk dan….’ of ‘Ek het ‘n ding vir ore skoonmaak nie, geen dag gaan verby sonder die ‘verbode’ earbuds in my ore nie’.

Ek het toe met die volgende opgekom. Alles waar, maar eintlik so klomp nikseggende inligting dat ek self trots is op myself.

Toe ek dit vannaand raaklees, dog ek… ‘toe man deel dit met die bloggers, en nee jy gee niks van jou privaatheid weg nie’.

So hier is ‘something you dont know about me’:

….I support the Stormers/ Western Province….

……I am a brilliant navigator and can read maps like a boy! (even in a foreign language! Try telling the driver to take the Aix en Provance exit if neither can pronounce the name properly)

…….I have bungee jumped and skydived even though Im not comfortable with small aircraft and my IQ drop by 99% when faced with any heights!

……..I dont like telling people  what I do for a living and would rather tell them that I am a writer…… but I don’t because Im very honest.

…… I would give up on a conversation if I noticed that the other person is either negative or preoccupied and will never see the light of day!

….. I love Rose wine (dry) and drank it for the first time in Provance in 2000.

……. I love skiing even though its not something I can do regularly and I really suck at it…..

…… I have the most spectacular falls when I ski…..makes the avalanche alarms go off….. and then I laugh so much that I cant get up for literally  a few minutes…

…… I stopped smoking 7 month ago….. and its one of the things that I am most proud off….

….. and the weirdest one… I love to knit and when winter arrives I take out my needles..

En toe dink ek by myself, ek sal julle vermaak met ‘n val foto:

Livigno, Italia 2007

And now for something completely different

Mei 18, 2010 in Sonder kategorie

Gisteraand se pinksterdiens het gegaan oor ander vergewe en dit het my herinner aan hierdie wat ek geskryf het meer as ‘n jaar gelede…. ek het besef dat mens ‘n wilsbesluit MOET neem!

THE MOUNTAIN

Where will I find the strength to forgive?
This fire of rage
Burning on my mountain of Solace
Consuming the vegetation of good
These flames of evil
Turning every pure thought
Into ass

Will time blow the blackness
Away or
Blanket all else with soot

Will the mountain be forever covered in a cloud
Changing its name to Pain
Where solace is forever lost

Do I dare to think that it will all be ok?
Will forgiveness rain on this mountain
To reveal the splendour –
flowers of grace

Dear God,
Send the rain,
I pray.

ANHA SE LYSIE – EK MOET VERVEELD WEES!

Mei 13, 2010 in Sonder kategorie

1)   How old do you wish you were?
40 – dit was ‘n fantastiese dag in Parys en ‘n vrek lekker week in Suide van Frankryk, saam met iemand wat my first love was

(dis ‘n ander dag se storie)

2) Where were you when the springboks won the world cup?
1995 – Taan en Andre in Jhb, ek wat tussen die tv en die deur hardloop – toe nog gerook en die senuwees het die rooklus in owerdrive in laat gaan.

3) What do you do when vending machines steal your money?
Ek haal my Magnum 35 uit en se: ‘Ask yourself do you feel lucky?’ as dit ‘n afrikaanse masjien is: ‘Ek roep nou vir Julius!’ en dan kry ek my geld onmiddelik…… maar eerlikwaar, my geld is nog nie gesluk nie…of dit het my nie genoeg onstel dat ek dit kan onthou nie

4) Do you consider yourself kind?
Ja, ek dink ek is…..definitief baie empatie met mense

5) If you had to get a tattoo, where would it be?
Het klaar 2… julle weet waar is een…..dink dis genoeg

6) If you could be fluent in any other language, what would it be?
Ag nee dis ‘n easy vraag….. Italiaans natuurlik…. ‘STUDIO ITALIANO PER 2 MESE’-

7) Do you know your neighbours?
Jong mmmmhh…(bloos).. ek groet die dude wat langs my bly as ek hom sien…. en ek weet hy gym- want daar is gym stuff in sy garage… en hy het ‘n Tops drankwinkel…. want sy trokkie se nommerplaat is Tops GP….. en shoe (sweet van die voorkop met hand afgevee).. die ander kant se mense het getrek en niemand het nog ingetrek nie…dink ek.

8) What do you consider a vacation?
Iewers in Europa, met genoeg Euro om te kan eet en drink waar ek wil.
 

9) Do you follow your horoscope?
Nee

10) Would you move for the person you loved?

neem aan die ‘person you love’ en nie ‘loved’ nie. Maar ja… ek sou vir Ingelsman getrek het.

11) Are you kisser?
O ja!!! Vinnige verby mekaar loop soene, Lang sagte soene, vurige-ek-is-mal-oor-jou soene…… sug!

12) Do you believe that opposites attract?
ja, maar dis nie altyd ‘n wenresep nie

13) Dream job?
Iets wat ek kreatief kan wees, selfde tyd mense kan help, my intelektueel stimuleer…. wat noem mens dit nou weer?

14) Favorite channel(s)?
BBC

15) Favorite place to go on weekends?
Kaapstad…maar dan moet ek vlieg…eintlik die wynlande

16) Showers or Baths?
Definitief stort…laas gebad saam met iemand…..eish dis lank terug

17) Do you paint your nails?
Tone Orange-rooi en hande Frensch

18) Do you trust people easily?
mmmm ja

19) What are your phobias?
Hoogtes, vrek vrek bang vir Hoogtes, maar ek spring nog steeds uit vliegtuie uit

20) Do you want kids?
Nee, dink dis nou bietjie laat….myne word 23!

21) Do you keep a handwritten journal?
Nee, doen enige iemand nog?

22) Where would you rather be right now?
Saam met die toekomstige mnr Smartassblond (soek nog na hom)  iewers in ‘n raserige restuarant in Arezzo in Toscana, Italie. Terwy ek met my hande soos n regte Italianer praat… en … ons na mekaar kyk met lag in ons oe.

23) Who makes you feel warm and fuzzy?
As ek ‘n ‘moment with God’ het en die dankbaarheid so oorloop dat ek nie anders kan as om ‘n traan af te vee nie.

24) Heavy or light sleeper?
Ek is ‘n baba beer slaper….net reg..
 

25) Are you paranoid?
Wat paranoid…nee…maar hoekom vra jy…. en wie het gese jy moet my vra?

26) Are you impatient?
Dis nog ‘n ‘work in progress’…my natuur neig na die ‘on’ kant van die geduldig…

27) Who can you relate to?
nee dis ‘n moeilike een… hoe relate soos in….? Ek relate tot my ma….nee dis te moeilik…
 

28) How do you feel about interracial couples or same sex couples?
Geen probleem whatsoever nie

29) Have you been burned by love?
Hel ja!

30) What’s your favourite pick-up line?
Ek doen nie die pick up ding nie…. ek sal my dood bloos…..maar ek hoor ek flirt blykbaar

31) What’s your main ring tone on your mobile?
‘n Sound clip van die Chinese F1 Grand Prix wat ek self daar opgeneem het ‘n paar jaar terug!

32) What were you doing at midnight last night?
Nee man dis embarrassing…. ek was hier besig om my eier te le… maar vra my Saterdag…dan gaan dit baie meer imposant wees.

33) What did the last text on your cellphone say?
Julle gaan my nie glo nie…maar dit was ‘n 40ste verjaarsdag wens van iemand wat ek nie ken nie aan iemand wat ek nie ken nie….maar ek het laat weet hulle het die verkeerde nommer

34) Whose bed did you sleep in last night?
MYNE… aan my kant van die bed

35) What color shirt are you wearing?
Wit

36) Most recent movie you watched?
Sondag aand sn op MNet…. gaats nou kan ek nie onthou nie…..

37) Name three things you have on you at all times?
Lipgloss, sonbril en sleutels … en die handsak

38.) What color are your bed sheets?
Altyd Wit

39) How much cash do you have on you right now?

Paar honderd dink ek…

40) What is your favorite part of the chicken?

Padkos hoender – boudjie

Huis eet hoender – vellose dytjie

41) What’s your favorite town/city?
In SA – Kaapstad… in die wereld… Contignac in Provance

42) I can’t wait till:
Ek dit reg kry om in die hele tyd in die ‘nou’ te lewe

43) Who got you to join your gym?
No gymnasitcs hier by my…watter deel van ek is single verstaan julle nie?

44) What did you have for dinner last night?
Salticrax en Kaas…. ek het eers laat by die huis gekom

45) How tall are you barefoot?
1.67m

46) Do you own a gun?
Nee – sal ook nooit nie

47) What do you prefer to drink in the morning?
Decaf Flat white  van Origin Coffee…. maar hulle is in die Kaap so ek is maar half droog op koffie

48) What is your secret weapon to lure in the opposite sex?
Ag nee man, hoe moet ek weet… seker maar my ongelooflike sin vir humor….

49) Where do you think you’ll be in 10 yrs?
Ek weet nie, maar ek weet dit gaan beter wees as waar ek nou is, want dis wat Hy doen…net beter elke dag.

50) Last thing you ate?
Toast met regte egte botter op

51) Worst injury you’ve ever had?
al 2 my arms gelyktydig gebreek…. maar die stuitjie breek was die seerste….ja selfs seerder as die laaste keer wat ek my arm gebreek het.

52) Does someone have a crush on you?
Ag ek hoop so… iewers daar buite… maar ek dink nie so nie

53) What’s your favorite candy?
Milobar!!!!

54) What song do you want played at your funeral?
Kyrie uit Misa Creallo (enigste Argentynse Mass) deur Ariel Ramirez… die 1969 opname waar Jose Carreras die tenoor is!

 
55) What kind of car do you drive?

Nee man…. almal weet mos ek ry vir Poon…. my swart short wheel based Pajero (diesel) 3.2l….

En daar het julle dit… jis maar dit het nou lank gevat.. die hele heruitsending van Flash Forward deur!!

Engelkind se boom

Mei 12, 2010 in Sonder kategorie

‘Gaan weg! Gaan weg!’…..’GAAN WEG!’

 

Engelkind sit gebukkend soos ‘n voël op ‘n tak in die groot ou boom.

 

Die wind ritsel die blare net so effe.

Eers die hoogste takke en dan tot hier reg langs haar.

 

Met haar kop op haar arms, gesig steeds afwaarts gedraai, mompel sy:

‘Sorry, nie gehoor wie kom nie.’

 

Haar voorheen spierwit engelvlerke maak ‘n sagte geruis terwyl sy hulle nog stywer om haar vou soos ‘n kombers.

 

Sonder om haar posisie  te verander draai sy haar kop skuins, kop steeds op haar arms.

Maak haar oë net effens op skrefies oop.

‘Ek weet, ek weet. Ek moet opstaan en uit my boom klim….dalk ‘n draaitjie gaan maak by die ander.’

 

Sy maak haar oë weer toe en mompel: ‘Maar kyk hoe lyk my vlerke…Beige! Af-wit! Vuil!’

Terwyl sy haar kop nog dieper in haar arms indruk sug sy: ‘Ek sal more. Ek sal vroeg opstaan en na die leivoor hier onder die boom toe gaan. My vlerke was. Myself regruk. Tevrede?’

 

Engelkind maak haar oë oop, lig haar kop en kyk rond met haar nek effe gestrek om beter tussen die blare deur te kan sien.

‘Ehmm, Ek het gevra of dit ok is?’

 

Toe sy weer nie ‘n antwoord kry nie, staan sy skuldig op en spring van tak tot tak al hoër in die boom op.

 

‘Skuus, ek het nie bedoel om ongeskik te wees nie.’

Maar die ritsel in die blare is weg.

 

Paniekerig klim sy vinnig tot in die hoogste tak…. meteens val die son skielik op haar gesig.

Sy draai haar gesig boontoe. Gooi haar hare terug. Drink die lig op haar gesig in, terwyl ‘n tevrede glimlag oor haar gesig sprei.

IETS WAT OPGEKOM HET MET DIE STIL-TYD VANOGGEND

Mei 11, 2010 in Sonder kategorie

We cannot change the events about to unfold today.


However: Attitude, either positive or negative, determines the experience of these events.


Attitude is determined by choice!!


© SMARTASSBLOND

HIERDIE PHOTO IS VIR MAANKIND – TULBACH

© SMARTASSBLOND

© SMARTASSBLOND


© SMARTASSBLOND

My Simbool

Mei 5, 2010 in Sonder kategorie

‘n Paar jaar gelede het ek my lewe verander…. nee dis nie waar nie…. Hy het my lewe verander.

So jaar en ‘n half gelede het ek die behoefte gekry om iets simbolies te doen, of te kry, of te maak.

Dalk maar ‘n bietjie sentimentaliteit wat ek nog altyd hier naby in my hartsak dra.

Ek wou ‘n simbool van my omkeer na die Here he.

Nie vir enige iemand anders nie.

Net vir myself.

So met die verloop van tyd het ek besef dat ek ‘n Tatoeeermerk wil kry op my linkerpols…. wat die simbool moes wees het ek nie geweet nie… maar ek het die hele tyd geweet een of ander tyd sal die simbool my vind.

Ek het so hier en daar maar so in my stil tyd met Hom genoem dat dit ‘nice’ sal wees as ek sekerheid kan kry oor wat dit moet wees, maar ek het geen soektog van stapel gestuur nie.

Nie deur bladsye van prentjies geblaai, soos almal wat die stap van permanente merking gewoontlik maak nie.

Een aand sit ek buddha- styl op my bed. Boeke wat ek lees rondom my, en ek doen iets wat ek nie ‘n gewoonte van maak nie…. ek maak die Bybel oop en blaai so hier en daar deur. Engelse praat van ‘Scan’. En dis wat ek gedoen het. My oe het so hier en daar woorde opgemerk en toe vang ‘n interessante storie my. Ek lees die hoofstuk klaar en vind dit stimulerend en lees sommer verder aan…. en skielik daar reg voor my kom my antwoord wat ek geduldig op gewag het vir waarskynlik 6 of 8 maande.

Ek lees graag my Engelse Bybel omdat ek ondervind dat ek minder ‘oor’ woorde lees en omdat dit nie my moedertaal is nie, tog meer aandag moet skenk. In die proses voel dit asof ek dieper lees, maar dis maar net my gevoel. In elke geval… ek lees toe in Isaiah 44: 5 ‘……. still another will write on his hand, ‘The Lord’s’…..

Ek het breed gesit en glimlag en gedink ‘ Ja, I belong to God’ is wat dit moet wees.

My soektog was nie lank vir die regte bewoording nie….ek  is maar lief vir die Latynse taal… nie dat ek dit magtig is nie….. maar na die nodige navorsing en die speel met die regte ‘font’ het ek my simbool gekry.

Dit is baie persoonlik vir my…. ek sien dit elke dag…. my simbool gee my vreugde elke dag!

(En ek hoop almal wat ek in die verlede versoek het om dit nie te kopieer nie, sal by hul woord hou)

DOMINICUS


(Dit is mooi reguit getatoeer, maar hang maar af van die hoek wat ek my hand buig hoe die letters rondskuif)