Jy blaai in die argief vir 2010 April.

VERJAARSDAE EN VERLORE VRIENDE

April 25, 2010 in Sonder kategorie

Hoekom is dit so belangrik om nie alleen te wees op my verjaarsdag nie?

Dalk te doen met die feit dat ‘VERJAARSDAG’ nog altyd in my familie seker net so groot soos kersfees is/was!

Ek is groot gemaak in ‘n gesin waar jou verjaarsdag regtig gevier is…. My ma het koeke gebak wat jy nie eers kon van droom nie….Horlosie-koek… popstootkarretjie-koek….Hansie –en- Grietjie- koek….  Ek kon kies, wel ek en ousus kon kies… en my kreatiewe ma het die ongelooflikste koeke gebak en die lekkerste partytjie aanmekaar geslaan. Ons familie tradisie is… ons sing mekaar wakker…. wat ookal die tyd is wat die verjaarsdagmaatjie moet opstaan… die familie is daar… en ons sing… party baie van die noot af, party bietjie van die noot af…. en so hier en daar..(te danke aan my liefste kind) op die mooiste noot!

Verlede jaar het die Ex boyfriend, wat tot vandag nog seker my beste vriend is, (ex voor Ingelsman), vir my die lekkerste verrassingspartytjie gehou! Bellydancers and all!.. As ek nou nie so privaat was nie sou ek die foto hier geplaas het…

Die jaar… is die liefste kind by haar boyfriend…. En daar is nie iemand wat spesiaal is in my lewe nie…… en ek mis mense wat ek lankal ken…. Mense wat nie meer in my lewe is nie…… mense wat ek mis al het hulle besluit om uit my lewe te loop….

En ek mis my beste vriendin…… my sielsliefde wat vir so lang tyd in my lewe was….. wat eendag gaan stap het en toe in Alice se hasegat getrap het….

En toe is sy skielik nie meer daar  nie…. En ek mis haar so baie….. maar sy lyk vir my is vir ewig weg….want ek lewe in die regte wereld, maar al waaroor sy kan praat is ‘wonderland’ en niks meer wat met vandag en nou en die lewe te doen het nie… en sy dink ek moet aanvaar dat sy in wonderland lewe, en ek aanvaar dit.. maar ek  is hier en my wereld is hier en wie sy is in wonderland het niks meer te doen met die engel wat sy was in die vanilla wereld nie…

En ek ken nie meer die persoon wat definsive geword het nie… ons het  altyd vir ure en amper dae om gesit en gefilosofeer en mekaar aangemoedig, en mekaar reg gehelp, en mekaar vermaan met liefde en deernis…..En

ek mis haar…. En ek bid elke aand…… onder andere dat ek haar weer sal kan vind…… maar meer bid ek dat sy my weer sal kan vind….. want ek lewe hier bo… en nie in wonderland nie….. en ek het voorheen my hand ingedruk in die hasegat….. en dit was moeilik en hartseer en het my amper emosioneel gebreek… maar sy het uitgekom….. maar nou….. ek dink sy hou daarvan om in die ander wereld alleen te lewe…….miskien ook nie so alleen nie.. dalk is die vriende wat sy gevind het in haar cyber wonderwereld genoeg om op te maak vir regte vriendskap! Op te maak vir dit wat daar was!

Ek Mis jou! My hand is altyd uitgestrek na jou…. ( al skryf jy hier dat ek jou verlaat het oor jou lewe wat jy gekies het wat jou so gelukkig maak)

Thoughts of my Dreams

April 24, 2010 in Sonder kategorie

I lost my thoughts and my words in my dreams last night
Words so amazing and profound
between beige cotton sheets
alone on my side of the bed
They stunned my dozed mind
They pierced my unconscious sleep
almost to the point of being awake
Sleep walking to the bathroom
eyes not seeing

but mind fully conscious of the words

The clarity of it all

Lost forever at dawn

KORINGLAND VAN MY HART

April 20, 2010 in Sonder kategorie

Partykeer wil ek sommer net deur die koringland gaan stap…

my hand so heuphoog rakelings oor die are streel.

Dan klim ek deur die doringdraad

Spring langtree oor die modderpoel

Maar as ek naby kom….

Nie meer so mooi

Ontnugtererend individueel

Elke are wat die land opmaak

Loop ek deur die modderpoel

Terug van waar ek kom.

KERKSTORIE NA AANLEIDING VAN DINKWEER

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Na aanleiding van Dinkweer se inskrywing oor die kerkdiens. Hierdie al ‘n jaar terug geskryf, juis oor die kerke in Europa wat ek so geniet om te besoek, veral as dit in die middel van die dag is en daar niemand of min mense in die kerk is. Veral kerke op die platteland. As ek hierdie lees dink ek spesifiek oor ‘n kerk in ‘n klein ‘hilltop’ dorpie, naby Contignac in Provance in Frankryk.

Abandoned Church on a Hill

Ancient church bells ringing

Distance far forgotten

Memories of time not lived in

Far-off languages understood

Unknown faces recognized

Warmed by candles burning

Chill banished by self-embrace

Abandoned by religion

Religious finding refuse

Prayers of unfamiliar sorrow

Whispered

HIS Presence 

REAL

Solace rediscovered