Skadus teen die gedagte muur

Februarie 13, 2010 in Sonder kategorie

Skadu’s teen die muur

het begin mannetjies maak.

Spoke uit die verlede?

Of drogbeelde van verbeelding?

Verwronge in vraagtekens,

kromrug gedra aan die las van geen antwoorde.

Is dit waaroor dit gaan?

Onvervulde vraagtekens teen ‘n gedagte- muur?

Het selfverwyt weer een van die groot punte onder

sy krom rug geword?

Waar is die uitroeptekens!?

Die vorse statige antwoord wat penoorent sy man kan staan.

Geen las van onsekerheid om te dra.

Kordaat met sy voete op ‘n ronde rots.

En as jy die kers kon uitblaas?

Sal geen vraagteken teen die muur kon buig?

Geen uitroepteken benodig om sy man te staan!

Donker,

Bring tog seker hoop

van stille mure..

10 antwoorde op Skadus teen die gedagte muur

  1. Sien ek het my eerste trol opgetel!

  2. Die een is vir weer en weer en weer lees, deurdink soos mens goeie wyn drink.

  3. Ek was so bang dat so iets ou gebeur

  4. Goed om weer van jou te hoor

  5. love your work

  6. Dis ‘n baie mooi gedig!!

  7. dinkweer het gesê op April 11, 2010

    Jy het darem lanklaas geskryf. Was ist los?

  8. Pragtig!! Waar is jy?

  9. iduplessis het gesê op April 24, 2010

    Jy hoef nie jou potlood weg te gooi nie. Ek hou van wat ek lees.

    Maar vorse moet fors wees?

    Ek vra. Dalk bedoel jy anders.

  10. Kan altwee wees. Maar dalk is jou fors beter in die konteks.
    O en dankie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.