Storie uit die verlede – noueers om vertel te word

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Januarie 2009:


‘Laai my net iewers af. Ek kan nie nou terugaan en maak of alles reg is voor jou kinders nie. Laai my af sommer by die pizza plek.’

Ek sit vir ‘n oomblik of twee en die gevoel van vlug oorweldig my so dat ek skaars kan asem haal. Asof ek in ‘n loopgraaf lê, iewers op die Franse platteland met koels wat oor my kop vlieg.

Meteens outomaties swaai ek die deur van die kar oop. Klim uit soos ‘n robotsoldaat. Met elke plof van my voet op die teer, raak my asem korter totdat ek amper blind van adrenalien stop. Toe oorval die gevoel van magtelose hartseer my.

Nee, dit kan nie gebeur nie.

Nee, dit het nie nou gebeur nie.

Ons het dan noudie dag nog saam gaan huis soek!

Op aandrang weer ingeklim na beloftes van aflaai by die Pizza plek.

Een glas wyn het twee geword. Die koue vel van my gesig het plek gemaak vir die warm gloed van verleentheid. Verleentheid om dopgehou te word deur vreemdelinge, wat hulself verstar aan ‘n blonde vrou wat geen beheer oor haar trane het nie. Ure het verby gehuil.

Desperaat om seker te maak dat dit nie ‘n nagmerrie is nie, my sus gebel.

Toe die woorde oor my lippe kom, het ek besef, dit is ‘n wakkermerrie die.

Vinnig oornag tas gepak. In die kar geklim. Net gese: ‘Sal jy my tas terugvat in jou kar asseblief’. Die pad Durban toe was nagdonker. One Republic se ‘Its too late to apologize’ speel oorverdowend.’ Ek kan nie onthou nie. Was die musiek hard of was dit net hard op my ore.

Volgende dag op die vliegtuig geklim, terug huis toe, om die eerste dag na die break- up te begin…..

12 antwoorde op Storie uit die verlede – noueers om vertel te word

  1. Verlede jaar gebeur, maar die woorde wou nou eers kom.

  2. Sterkte dis swaar!

  3. SAB die ding is jy het dit gedoen,die meeste mense coast aan ter wille van…
    Jy het almal in suspense gehad oor jou lekker gutsy trip by die see maar toe blog jy nie verder daaroor nie?
    Die afkorting van jou naam klink vir my soos bier.

  4. Die woorde het opgeraak oor die trip. Die ervaringe bly in my kop, die lesse geleer, maar dalk binnekort stort die trip se woorde ook hier uit

  5. Jy is so reg Flenters
    Dankie

  6. Dankie Zettie

  7. dink dis dalk net die intense seerkry van die oomblik wat nodig gehad het om erken te word op papier.

  8. Ja is die draailopery van die woorde nie snaaks nie

  9. Sjoe SAB, ek het nie woorde nie.

  10. Trakie het gesê op Februarie 13, 2010

    Bly die woorde kom nou

  11. ek ook, dit was tyd

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.