STORMWEER

Februarie 10, 2010 in Sonder kategorie

Hoe lank moet ek in die wind en weer bly staan?

Hande vas gekramp om die tou van die Lewe.

Vingers wit

Kan U nou die sambreel stuur asb

Al is dit net vir ‘n uur

Ek hou vas al vir ‘n jaar

Blase op my hande

het al oopgebars

Toegegroei

Nog bygekom

Ek hou vas

Ek bid

Here, maar ek is moeg…

4 antwoorde op STORMWEER

  1. Organize jy die werk vir my en ek is more reeds gepak

  2. Dit SAL weer beter gaan! Glo my. Ek weet. Mens dink dit KAN nie vir ‘n minuut meer nie, en dan gaan die minuut verby, en ‘n uur en ‘n dag, en jy hou nog vas….en eendag is dit skielik nie meer heeltemal so erg nie, en dan, as jy jou oe uitvee, is die lewe weer ‘n lied.

  3. So waar..
    Dankie

  4. Dis hartroerend mooi…. Ek stuur vir jou ‘n blom. Maar ek weet nie hoe nie..

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.