Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

Skadus teen die gedagte muur

Februarie 13, 2010 in Sonder kategorie

Skadu’s teen die muur

het begin mannetjies maak.

Spoke uit die verlede?

Of drogbeelde van verbeelding?

Verwronge in vraagtekens,

kromrug gedra aan die las van geen antwoorde.

Is dit waaroor dit gaan?

Onvervulde vraagtekens teen ‘n gedagte- muur?

Het selfverwyt weer een van die groot punte onder

sy krom rug geword?

Waar is die uitroeptekens!?

Die vorse statige antwoord wat penoorent sy man kan staan.

Geen las van onsekerheid om te dra.

Kordaat met sy voete op ‘n ronde rots.

En as jy die kers kon uitblaas?

Sal geen vraagteken teen die muur kon buig?

Geen uitroepteken benodig om sy man te staan!

Donker,

Bring tog seker hoop

van stille mure..

Storie uit die verlede – noueers om vertel te word

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Januarie 2009:


‘Laai my net iewers af. Ek kan nie nou terugaan en maak of alles reg is voor jou kinders nie. Laai my af sommer by die pizza plek.’

Ek sit vir ‘n oomblik of twee en die gevoel van vlug oorweldig my so dat ek skaars kan asem haal. Asof ek in ‘n loopgraaf lê, iewers op die Franse platteland met koels wat oor my kop vlieg.

Meteens outomaties swaai ek die deur van die kar oop. Klim uit soos ‘n robotsoldaat. Met elke plof van my voet op die teer, raak my asem korter totdat ek amper blind van adrenalien stop. Toe oorval die gevoel van magtelose hartseer my.

Nee, dit kan nie gebeur nie.

Nee, dit het nie nou gebeur nie.

Ons het dan noudie dag nog saam gaan huis soek!

Op aandrang weer ingeklim na beloftes van aflaai by die Pizza plek.

Een glas wyn het twee geword. Die koue vel van my gesig het plek gemaak vir die warm gloed van verleentheid. Verleentheid om dopgehou te word deur vreemdelinge, wat hulself verstar aan ‘n blonde vrou wat geen beheer oor haar trane het nie. Ure het verby gehuil.

Desperaat om seker te maak dat dit nie ‘n nagmerrie is nie, my sus gebel.

Toe die woorde oor my lippe kom, het ek besef, dit is ‘n wakkermerrie die.

Vinnig oornag tas gepak. In die kar geklim. Net gese: ‘Sal jy my tas terugvat in jou kar asseblief’. Die pad Durban toe was nagdonker. One Republic se ‘Its too late to apologize’ speel oorverdowend.’ Ek kan nie onthou nie. Was die musiek hard of was dit net hard op my ore.

Volgende dag op die vliegtuig geklim, terug huis toe, om die eerste dag na die break- up te begin…..

STORMWEER

Februarie 10, 2010 in Sonder kategorie

Hoe lank moet ek in die wind en weer bly staan?

Hande vas gekramp om die tou van die Lewe.

Vingers wit

Kan U nou die sambreel stuur asb

Al is dit net vir ‘n uur

Ek hou vas al vir ‘n jaar

Blase op my hande

het al oopgebars

Toegegroei

Nog bygekom

Ek hou vas

Ek bid

Here, maar ek is moeg…