Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

DAG (EN AI TOG NAG) NOMMER 2 VAN DIE DAPPER MUIS ROAD TRIP

Desember 30, 2009 in Sonder kategorie

Snaakse ding is wanneer dit te goed of te sleg gaan, het ek geen behoefte om daaroor te blog nie. Dink die stelling alleen verduidelik hoekom ek nie daagliks geblog het soos my intensie was nie.

Dag twee het ek gery van Bloemfontein tot in Knysna. Vrek maar dis ‘n lang pad om alleen te ry. Gelukkig vir die Audio boeke wat ek gaan leen het by die biblioteek. (Hotel Babylon nie te bad gewees nie).

Het gebrekfis by die Wimpy in Colesberg, want dis een van die Smartass- reels van roadtripping: Ontbyt sal net geneem word by die Wimpy, en as daar nie ‘n Wimpy by die Garage is waar petrol ingegooi word nie, dan ry jy deur die dorp, anderkant uit en vind die Garage met die Wimpy.

Ek het onlangs die jare lange ‘standard breakfast order’ verander, ja wag daarvoor, dis nie meer die ‘Hashbrown splashdown’ dis nou die ‘baked beans breakfast’ met ‘n extra hashbrown by! Ja, ne, kan jy oorvertel, een van die dae sal ek braaf genoeg wees om ‘n ’round the world single’ seiljag resies aan te pak!

Iets wat ek toe opmerk terwyl ek sit en wag vir my ‘nuwe’ brekfis, is dat as mens alleen iewers sit jy die geleentheid gegun word om die mense rondom jou waar te neem. En party mense maak in ‘n paar sekondes so ‘n blywende indruk. Daar was ‘n ouer man met ‘n baard wat ek opgemerk het, hy het vreeslik interesant gelyk. (My laat dink aan skrywer Chris Barnard) Na ontbyt het hy buite gestaan, sy pyp opgesteek en net ‘n paar trekke daaraan geteug, en met ‘n glimlag toe skielik hom weer ingepak in sy pypsakkie. Hy het oorgestap na ‘n vrou en hulle het hand aan hand weggestap na hul motor. Daardie klein simpel aksie, om haar hand te vat en die glimlag wat hy in haar rigting gestuur het toe hy haar gewaar het, het die groot indruk op my gemaak. Ek is maar skepties oor ouer mense wat nog verlief lyk. My skeptisime het verdwyn toe ek opmerk dat sy ‘n regte tannie is, nie die tipe van vrou wat mee getrou word as jy later in die lewe ‘die nuwe liefde’ sou ontmoet nie.

Daar is hoop vir die oud word saam, ne?!

Van Colesberg het ek toe afgedraai na Graaff-Reinette en daar gou gestop vir by die Spur vir ‘n breek. Coke Zero en bordjie slaptjips verdrink in die 1000 eiland slaaisous!

Intussen het die eks boyfriend met wie ek vriende gebly het, gebel en aangedring dat ek die aand by sy Ma in Knysna oorslaap, aangesienn hy van Natal af daar ook sou aandoen.

(Nota aan self: moet nie gaan oorslaap by eks broyfriend wat sopas 20 jarige begin date het, se ma nie)

Behalwe dat ek toe redelik laat daar aankoop, en alhoewel hulle vreeslike gasvrye mense is, was daar die ongemak van mense wat met mag en mening die woord kanker vermy met ‘n terminale sieke in die geselskap.

Aangesien die 20jarige moet werk kon sy nie verder saam met hom vakansie hou nie, en alhoewel daar gewoontlik land en sand gesels sou gewees het oor sy vakansie wat hy tot dusver gehad het, is daar nie ‘n woord gerep oor sy vakansie nie. Gawe mense, verkeerde omstandighede!

So ver dus nog nie nodig gehad om die tent op te slaan nie….. (en vervolgens nog nie iemand se dood deur lag veroorsaak nie)

Dag 3 het dus redelik ongemaklik  begin , maar ek het besluit om aangesien ek niks beplan het nie, in te ry Knysna toe en daar bietjie te gaan rondloop, maar ek dink ek sal so bietjie later die storie van dag drie moet vertel….

DAG EEN – DAPPER MUIS ROADTRIP

Desember 26, 2009 in Sonder kategorie

Nouja, ek het dit toe nou wraggies gedoen.

Dag een van die Dapper Muis Roadtrip het aangebreek en ek spring uit die vere toe die besef oor my neerdaal dat ek nog niks gepak, getoets of opgeslaan het nie.

Die geleende daktent is serimonieel 2 dae terug op Poon (die pajero) se dak aangebring. (lyk bietjie of Poon ‘n Joodse kadotjie ophet, maar ek sal maar liewer nie in daardie rigting praat voor my getroue ryperd wat my nog ver moet dra die vakansie nie).

Ek besluit toe dat ek net moet seker maak dat die dun matrasie wel in die tent is en om daardie inligting te bekom moet ek die tent ‘gou’ opslaan. Ek gaan jul nie verveel met al die lang details oor die opslaan en afslaan daarvan nie.

Al wat ek kan se is dat ek sekere goed baie duidelik besef het.

Ek is ‘n Girl.

Ek het vreeslike swak arms.

Ek is heelwat korter as wat ek in my kop is.

Dit lyk veel makliker as ‘n man dit doen.

Die op en af het meer as ‘n uur geduur. In die proses het ek gelukkig toe besef dat ek die storie nie op die manlike manier kan aanpak nie. Mans het arm spiere, ek nie!

Ek speel toe ‘Boer – maak – ‘n – plan’ (wat selfs oom Joos sou trots gemaak het) en siedaar.

Ek is gereed om  ‘n manual te skryf vir vroue hoe om ‘n daktent op te slaan sonder hulp van enige iemand anders. (Maar ek moet erken dat ek elke keer as ek wel moet opslaan maar gaan rondkyk vir ‘n verlore persoon wat net so hier en daar n handjie kan bysit)

Eersten is daar toue vasgemaak aan sekere gedeeltes van die tent wat nie voorheen daar was nie.

Tweedens is daar tentpenne ingespan om die hupstoot te gee aan die ooplig van die verdomde ding.

Derdens is die enigse manier om die tent toe te kry om binne hom te klim, toe te trek, paniekbevange binne die tent te sit en dan vir lewe en dood te worstel om by die gaatjie uit tekom terwyl jy bid en hoop dat die leertjie nie in die proses van die kar afgeval het nie. (Ek werk nog aan ‘n plan met daardie een)

Vierdens dat die tentpen in papiersakke gewrap moet word en met ducktape vasgebind word, sodat wanneer die tent wel oopgaan en die stutpen uitval, hy nie Al  Poon se verf afhaal nie.

Vyfdens dat mens jou ongebruikte gym leerhandskoene moet gebruik om al hierdie goed te doen, by gebreke waarvan al die nerwe van jou hande gaan af wees.

So ja, die tent kan ek, stoksiel – Dapper- Muis- alleen opslaan en afslaan, dit vat ‘n uur, ek sweet my gat af, maar dit kan gebeur.

Die opsit van die tent se omhulsel wat alles weer bymekaar hou is net so ‘n gedoente, want suprise! jy weereens armspiere nodig om die goed rond te ruk en pluk.

Maar so is ek toe uiteindelik gepak. Die yskas -koeler- boks, die opslaan klein gasstofie- dingetjie van liefste ma, die twee kratte met my kampbenodigehede en kombuis stuff in. My Groot tas vir klere. Die fake Louis Vutton sak met my 8 paar skoen in. Die sak met die haardroeers, borsels en ander implimente waarsonder geen muis kan lewe nie en ja dan laastens die 2 kampstoele. (Ek bly positief en glo ek sal iemand een of ander tyd he wat deur die vakansie by my wil kom sit en kuier, en dan moet mens mos ‘n stoel kan aanbied!)

Ek moet erken na die petrol ingooi ens het ek eers vanmiddag 3 uur toe uit Pretoria weggekom.

En na ‘n ongelooflike donderstorm in die Vrystaat, het ek toe darem teen 8 uur in Bloemfontein aangekom.

Eerste aand pitstop!

Ek was heel in my noppies met myself, totdat ek gaan eet het. Klaarblyklik by die besigste pub in Bloem! Waar almal saam met vriende kuier en ek toe vreelik alleen gevoel het.

Maar dis deel van die doel van die trip dink ek, om wel in ‘n pub te sit waar ek alleen gaan voel, en te leer hoe om daarmee te ‘deal’.

Ek gaan nou onmiddelik in die bed klim, want more is ‘n ver pad se ry, dink ek.

Glo sal ry tot in George more, maar wie weet dalk besluit ek om dalk nog ‘n aandjie inni Karoo oor te slaap.

Noumaar nag julle!

DAPPER MUIS VAT ‘N ROADTRIP

Desember 9, 2009 in Sonder kategorie

Aangesien ek nou die eerste keer in my …….. jaar (*) op die aarde alleen is oor ‘n kersvakansie, het ek besluit om vrou alleen die wye wereld in te vaar op my eie, ja, vrou alleen.

(*) weet nie wat aangaan nie, litnet weier om my ouderdom daar in te sit, outomatiese sensor, RERIg!)

Dis uiters nuut vir my. Ja die alleen vakansie hou ding, asook die roadtrip. Soos die wat my nou al ‘n rukkie ken weet, kom ek oorspronklik van die Noord Kaap. Ons het ooral heen gery! VER Gery! Skole sport vir ‘n middag se kompetisie met die naaste skool, of dit nou noord, suid, wes of oos was, was ten minste 60 km. Gewoontlik nog grondpad ook. So het ons geskoolbus soontoe en terug.

Maandelikse inkopies was Kimberley toe – 300km soontoe en 300 km terug. Alles in een dag.

So ek staan bekend as die een wat nie hou van ry nie!

Ek het nog altyd gese ‘ek het al my myle wat aan my toegestaan is vir my lewe, opgery’ (Ek wou se ‘ek is opgery’ maar het geweet ‘n paar gaan nou weer skuinsegedagtes kry!)

Ek kamp ook nie!

Ek ry nie en ek kamp nie!

Maar aangesien die ekonomie is soos wat hy is, is ‘n reis na verre lande nie meer vir my beskore nie. (Hoe mis ek nou die eks boyfriend wat my 2 jaar in ‘n ry op ‘n ski vakansie Italie toe geneem het!)

So die keuse is om of by die huis bly – ALLEEN

of

Ry iewers heen – ALLEEN

En aangesien ek nog die hele jaar by die huis bly ALLEEN, het ek toe manhaftig besluit, Smartie dis tyd vir ‘n roadtrip (ag hel waar is Thelma of is sy nou Louise?)

So Smartassblond, die een wat nie kamp nie en nie ry nie, vertrek die 26ste Desember 09 (DV) met haar swart Poon (4×4 natuurlik, alle Smartassblonds ry 4×4) en ja…….wag daarvoor…. ‘n geleende daktent!!!

Ek het sopas self gecringe. Kyk, ek word al lank as een va die boys aanvaar. (My grootste vis was immers ‘n Wahoo van 15kg wat ek uitgetrek het in die Carribean)

Maar ek is ook die een wat bekend is vir my versameling skoene! En ja 99% vrek hoog. Die kere wat ek saam met die wildtemmer eks gaan kamp het (altyd vreekin Botswana) het ek letterlik die diere weg gebid!!! Ek was skuit bang die hele tyd!

So die bangbroek met die hoe skoene gaan op ‘n roadtrip……

Beter onthou om papiersakkies in te pak vir die panick attacks!!!

Ogiesdraad

Desember 7, 2009 in Sonder kategorie

 

Miskien is dit weer tyd om te kyk deur die ogiesdraad.

Miskien is dit weer tyd om te besef dat alle draad verroes.

Miskien is dit weer tyd om, al is die draad nog in die pad, te besef, die gaatjies in die ogiesdraad is groot genoeg om deur te kyk, sonder dat daar een stuk draad jou visie hoef te versper.

Dis beslis tyd om net ‘n bietjie van posisie te verander om nie meer die stuk draad reg voor die prentjie te he nie.

Ek maak my oe op skrefies, en dan skielik sien ek nie meer net die draad nie, maar dit wat daaragter le.

Verdomp mooi daar agter die ogiesdraad.

(Bowesdorp, Namakwaland Julie 09 (c))

OP DIE BERG

Desember 1, 2009 in Sonder kategorie

Engelkind se gesig is opgelig na bo. Oë styf toegeknyp staan sy op die randjie van die hoogste piek wat oor die vallei uitkyk.

 

Die wind waai lig haar hare na agter. Sy trek ‘n diep asemteug deur haar neus in en asem dit uit asof met ‘n diep sug.

 

Die luggie skarrel rond tussen haar engelvere.

 

Ek weet wat U wil vra’, sê sy sonder om haar oë oop te maak.

 

Ek weet U is hier, sonder om my oë oop te maak, sonder om U te moet sien, weet ek.’ Sy sit haar regterhand op haar bors en slaan slaan liggies daarop .‘Ek weet U is hier wanneer dit hier so warm word…. wanneer die warm my oorspoel met vrede. ‘n Hemelse vrede wat geen beskrywing het nie.’

 

Engelkind maak skielik haar oë oop en draai vinnig om. ‘Hoekom kan ek dit nie altyd voel nie! Hoekom is dit asof die wêreld sy plek kom volstaan hier binne en dat ek die vreugde en die vrede NET nie kan voel nie.’

 

Met trane wat rol oor haar wang draai sy weer om, maak haar oë toe, en met ‘n snuif fluister sy: ‘Dis hoekom ek hier staan. Dis hoekom U my hier kry.’ Dit is wat U wou vra, nie waar nie.’

 Sy doen geen moeite om haar trane af te vee nie. Staan net daar en laat die wind die trane droogmaak op haar wange. Net die wat reeds teen haar nek afgerol het vee sy agterhands af.

 

‘Ek is  moeg vir die mensekinders, daaronder.

 

Na ‘n stilte gaan sy aan:

‘Ek wil net hier bly waar daar geen wêreld is wat op hierdie teenwoordigheid wat ek voel,  kan kom inbreek maak nie. Al wat ek wil voel is Die vrede! Net die wind in my gesig, niks gedagtes, niks bekommenis, net U vrede.’

 

Haar gesig verander na die van onskuldige kind. Smekende oë kyk weer om.’Kan ek nie maar asseblief net ‘n paar dae vakansie kry nie. Net ‘n paar dae hier bo bly nie, net rus hê vir my siel…..’