HARTSEER OE

November 17, 2009 in Sonder kategorie

Ek het so ‘n rukkie gelede ‘n Dvd van Michael Buble gekyk.

Ek het besef, dis die ding wat hom aantreklik maak, sy oë wat altyd lag.

 

Ek het vir ‘JIM THE DARLING’ lank gelede op die internet ontmoet.

Hy het die mooiste sagte hartseer oë. Sy oë het so tot my gespreek dat ek gevoel het asof hy in my siel kon inkyk.

 

Intussen het tyd verby gegaan. Ek en Jim the Darling is steeds goeie vriende via ander media van die internet.

Hy het ‘n pragtige jong vrou ontmoet.

Die ideale vrou wat ons bespreek het as vriende. Maar so sien ek die nuwe fotos van hom en sy nuwe liefde.

 Ek glo hy is gelukkig. Hy het selfs vir my gese hy beplan om sy nuwe liefde te vra om te trou, maar die hartseer in sy oë is steeds daar.

 

Die mooiste blou oë, met die grootste hartseer wat jou hart uitruk.

 

Sien, Jim se klein seuntjie het as baba leukemie gekry. Hulle het almal saam baklei daarteen. Maar op Kersdag op sy 5de verjaarsdag het Jim sy klein ‘darling’ verloor aan die kanker.

 

Ek het nie op daardie stadium Jim geken nie, maar ek dink nie die hartseer in sy oë sal ooit weer kan weggaan nie.

 

Ek wens ek kon Jim se oë geken het sonder die hartseer. Ek wens ek kon weer hoop in sy oë sien.

Ek wonder of Jim die hartseer in sy eie oë raaksien as hy soms so terloops in ‘n spieel kyk.

 

So stap ons almal maar verby spieëls elke dag, soms te bang om ons eie weerkaatsing te sien.

Dalk te bang om die hartseer in ons eie oë raak te sien.

Die verlede wat ons onwetend saam met ons dra, wat soms net so vlugtig in ‘n harseer blik gesien kan word.

8 antwoorde op HARTSEER OE

  1. Oë vertel ‘n deel van die innerlike – of moet ek sê veel van die innerlike. Oë as deel van die Gestalt.

  2. lekker om van jou ook te hoor

  3. Miskien ‘n balans – kan ons deernis hê as ons nie self hartseer belewe het nie, vreugde gee as ons nie self kan lag nie? Mooi stuk, laat my dink.

  4. Nog bang?

  5. Trakie het gesê op November 28, 2009

    Die venster na ons siel.

  6. Nou swyg ek…

  7. Elke dag, ‘n nuwe dag, staan ek op vol vertroue dat bang nie meer sal bestaan.

  8. ek sien dikwels die harseer in jou engeloe en sien my eie gereflekteer in jou sagte blik – ek dink die hartseer help ons gesond word en help ons ook om die vreugde te herken xxx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.