MY REIS

November 6, 2009 in Sonder kategorie

Ek kry ‘n boodskap van ‘n reisiger wat paaie met my kruis. Hy se ek moet my oe oophou. Daar is kruisings in die pad. Moet mooi waarneem om te kan sien, maar dat ek sal weet watter pad ek moet neem.

Ek hoor die reisiger se stem, maar sy gesig is onherkenbaar en vreemd. Tog is daar iets bekend daarin. Iets wat vreemd herinner…… miskien maar net die boodskap wat die stem laat bekend klink.

Ek het vanoggend opgestaan, vol moet en lus om vandag se reis aan te pak.

Met die agterkant van my hand het ek die slaap uit my oe gevee. ….. Ek sien toe net wit voor my…… wasige wit….. die wit van digte mis wat hang oor die vallei.

Ek klim alreeds vir ‘n paar dae hierdie berg.

Ek het gisteraand in die nagdonker besluit om net hier te slaap. Te moeg om ‘n tree verder te loop..

Ek was dood seker ek het die kruin bereik, maar dit was reeds donker toe ek moeg neergeslaan het in ‘n diepe slaap.

Ek was dood seker ek sou vanoggend ontwaak, en die skone vallei voor my sien le.

Die afdraend sou verseker vandag begin….. om dalk weer ‘n ander dag die stelselmatige opdraend te begin klim.

Maar die vallei moet voor my le, ek weet dit moet, maar ek kanni sien deur die digte mis nie.

Die mis maak alles klam en koel. En ek moet kort kort my nat hare van my voorkop afvee. Die natigheid uit my oe.

Ek gee nie om hier my tyd te verwyl op die berg nie, in die mis……..maar ek wil tog net so ‘n breukdeel van ‘n sekonde se opening in die mis sien.

Wil net weet of die vallei wel voor my le, en of daar nog ‘n klim voor my le…….

10 antwoorde op MY REIS

  1. Maghitta het gesê op November 6, 2009

    🙂 diep geskryf …

  2. Dankie Maghitta. Was so lekker om weer net woorde te kan kry wat skielik daar is om te verduidelik

  3. kiracoyne het gesê op November 7, 2009

    die vallei is daar…. en net wanneer dit voel asof die mis nooit gaan lig nie, kom daar ‘n wind wat alles oop en skoon waai… hou moed…. die vallei is daar…

  4. Karoo-soen!

  5. dinkweer het gesê op November 7, 2009

    Mooi metafore. Is dit nie soos die lewe is nie? Ons weet waarheen ons op pad is, maar kan nie altyd lekker sien waar ons nou is nie…?

  6. ekirstein het gesê op November 8, 2009

    Once Everest has been conquered, Eden is truly appreciated, and the madness of the mountain is fully understood. Blessings.

  7. dinkweer het gesê op November 8, 2009

    Briefie vir jou in epos

  8. Alandupreez het gesê op November 9, 2009

    🙂

  9. Blessing to u as well. Thank you

  10. dinkweer het gesê op November 17, 2009

    Al die antwoord gekry?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.