Jy blaai in die argief vir 2009 November.

HARTSEER OE

November 17, 2009 in Sonder kategorie

Ek het so ‘n rukkie gelede ‘n Dvd van Michael Buble gekyk.

Ek het besef, dis die ding wat hom aantreklik maak, sy oë wat altyd lag.

 

Ek het vir ‘JIM THE DARLING’ lank gelede op die internet ontmoet.

Hy het die mooiste sagte hartseer oë. Sy oë het so tot my gespreek dat ek gevoel het asof hy in my siel kon inkyk.

 

Intussen het tyd verby gegaan. Ek en Jim the Darling is steeds goeie vriende via ander media van die internet.

Hy het ‘n pragtige jong vrou ontmoet.

Die ideale vrou wat ons bespreek het as vriende. Maar so sien ek die nuwe fotos van hom en sy nuwe liefde.

 Ek glo hy is gelukkig. Hy het selfs vir my gese hy beplan om sy nuwe liefde te vra om te trou, maar die hartseer in sy oë is steeds daar.

 

Die mooiste blou oë, met die grootste hartseer wat jou hart uitruk.

 

Sien, Jim se klein seuntjie het as baba leukemie gekry. Hulle het almal saam baklei daarteen. Maar op Kersdag op sy 5de verjaarsdag het Jim sy klein ‘darling’ verloor aan die kanker.

 

Ek het nie op daardie stadium Jim geken nie, maar ek dink nie die hartseer in sy oë sal ooit weer kan weggaan nie.

 

Ek wens ek kon Jim se oë geken het sonder die hartseer. Ek wens ek kon weer hoop in sy oë sien.

Ek wonder of Jim die hartseer in sy eie oë raaksien as hy soms so terloops in ‘n spieel kyk.

 

So stap ons almal maar verby spieëls elke dag, soms te bang om ons eie weerkaatsing te sien.

Dalk te bang om die hartseer in ons eie oë raak te sien.

Die verlede wat ons onwetend saam met ons dra, wat soms net so vlugtig in ‘n harseer blik gesien kan word.

MY REIS

November 6, 2009 in Sonder kategorie

Ek kry ‘n boodskap van ‘n reisiger wat paaie met my kruis. Hy se ek moet my oe oophou. Daar is kruisings in die pad. Moet mooi waarneem om te kan sien, maar dat ek sal weet watter pad ek moet neem.

Ek hoor die reisiger se stem, maar sy gesig is onherkenbaar en vreemd. Tog is daar iets bekend daarin. Iets wat vreemd herinner…… miskien maar net die boodskap wat die stem laat bekend klink.

Ek het vanoggend opgestaan, vol moet en lus om vandag se reis aan te pak.

Met die agterkant van my hand het ek die slaap uit my oe gevee. ….. Ek sien toe net wit voor my…… wasige wit….. die wit van digte mis wat hang oor die vallei.

Ek klim alreeds vir ‘n paar dae hierdie berg.

Ek het gisteraand in die nagdonker besluit om net hier te slaap. Te moeg om ‘n tree verder te loop..

Ek was dood seker ek het die kruin bereik, maar dit was reeds donker toe ek moeg neergeslaan het in ‘n diepe slaap.

Ek was dood seker ek sou vanoggend ontwaak, en die skone vallei voor my sien le.

Die afdraend sou verseker vandag begin….. om dalk weer ‘n ander dag die stelselmatige opdraend te begin klim.

Maar die vallei moet voor my le, ek weet dit moet, maar ek kanni sien deur die digte mis nie.

Die mis maak alles klam en koel. En ek moet kort kort my nat hare van my voorkop afvee. Die natigheid uit my oe.

Ek gee nie om hier my tyd te verwyl op die berg nie, in die mis……..maar ek wil tog net so ‘n breukdeel van ‘n sekonde se opening in die mis sien.

Wil net weet of die vallei wel voor my le, en of daar nog ‘n klim voor my le…….