Jy blaai in die argief vir 2009 Oktober.

ANTWOORDE UIT DIE VERLEDE

Oktober 24, 2009 in Sonder kategorie

Hoe ver moet mens gaan om jouself te beskerm?

Hoe ver moet mens gaan om nie weer seer te kry nie?

Hoe ver moet mens gaan om nie dieselfde foute weer te maak nie?

Dis vrae wat ek dink ons almal maar onself afvra.

Een of ander tyd!

Ek is besig om met myself te stoei oor die vrae.

Ek het al voorheen met myself gestoei oor die vrae.

Wat ek onlangs egter besef het is dat ons eintlik maar dieselfde foute oor en oor maak.

Elkeen van ons glo dat ons die keer wel die antwoorde gekry het. Dit die keer anders gaan wees. Ons het mos nou gesien wat die vorige fout was wat ons gemaak het, en die keer gaan ons dit vermy.

Dis onwaar! Hou op om jouself ‘n rat voor die oe te draai.

Die antwoord le in elkeen van ons.

Die antwoord le in die verlede….

Die verlede wat ons nie noodwendig van bewus is nie of nie wil bewus van wees nie.

Hoe ons grootgeword het, wat met ons gebeur het as kinders en jongmense, het so ‘n groot invloed. Dit beinvloed die manier; die interaksie wat ons het, met almal om ons. Dit beinvloed die vehoudings wat ons kies om betrokke te raak in. Dit beinvloed die manier wat ons dan optree in so ‘n verhouding.

Ek is in die proses om te gaan grawe in die verlede.

Ek het ontdekkings gehad wat my, die selfversekerde vrou, tot stilstand laat kom het.

Ek gaan net kortliks een van die gewaarwordinge hier deel. Iets kleins het met my gebeur toe ek klein was. Dit het my laat voel of my familie my verlaat het. Ek het op daardie oomblik verlore en alleen gevoel. ‘ABANDONED’

Maak nie saak hoe ek nou oor myself voel nie, die klein dogtertjie wat alleen gevoel het, sonder rede, steek gereeld  haar kop in my lewe uit. Maar veral in verhoudings. Sodra iets begin verkeerd gaan na my opinie in ‘n verhouding, dan begin ek angstig raak, wil ek asseblief net nie weer ‘abandoned’ voel nie. Ek dink eerlik dat ek dan waarskynlik juis die persoon die hase pad laat kies, want om nie hul te verloor nie, begin ek al hoe meer ‘needy’ optree.

Perfekte resep om juis hoog en droog gelaat te word.

Ek soek nog na die oplossing om ontslae te raak van my integrale- geskiedenis- karaktertrekke , of wel om hul ten minste in beheer te hou.

Op die oomblik is dit Bid en Vertrou.

Woord – krale vir Joanna

Oktober 13, 2009 in Sonder kategorie

Jy laat my toe dink, Joanna.

En ja jy is reg. Skryf enige iets, was jou opmerking, en dit is toe of die besef toe kom insink. Skryf oor enige iets. Dit sal kom as dit moet.

Die rivier weet nie of daar honderde kilometers op in sy loop gereen het nie. Die rivier loop, want dit is wat hy doen. Hy probeer nie bietjie water hier en daar opgaar vir die droogte jare nie. Hy loop met vertroue, asof daar ‘n onuitputlike bron van water is.

Miskien is dit die probleem. Ek is eintlik nou nog verras oor die skryf wat 9 maande begin het. Ek sit nou nog soms en dink, nou waar kom die nou vandaan. Dalk is die ontdekking van dit wat ek nie geweet het daar was nie, net so ‘n spesiale gewaarwording dat ek dalk te bang is dis dalk net ‘n’gelukskoot’. Dat daar ‘n beperkte hoeveelheid woorde is. Dat die woorde ‘n beperkte rakleeftyd het.

Maar met my woorde wens ek vanaand om eer te bring aan Hom wat so groot en almagtig is. Hy wat my enkeling dra elke dag op sy hande, asof ek spesiaal is.

Ek het in gehoorsaamheid aan Hom (en dis ‘n persoonlike ding en ek probeer glad nie se vir almal van toepassing nie), ‘n week terug opgehou om te rook. Na 12 jaar!!! Twaalf jaar van elke oomblik daarvan hou om te rook.

Ek wil nie uitbrei op die gehoorsaamheid nie, maar dat ek ‘n baie duidelike boodskap gekry het, staan sonder twyfel.

Ek het ook toe nie besluit om op te hou rook uit vrees nie. Ek het opgehou uit ‘n grootse behoefte om gehoorsaam te wees.

Die eerste dag was swaar, wou eers net afskaal van 40 na 5 ‘n dag. So teen elfuur die oggend en met my 2de een in die hand vir die dag. Besef ek, maar die halfpad doen, gaan nie werk nie. Ek het daar op die bankie in die tuin gesit. Die water sien vloei uit die waterkruik voor my. Die rustigheid van die voels en die water beleef, en besef. Hier sal ek moet hulp kry.

In die oomblikke wat ek Hom toe nader vir hulp, kom daar ‘n wete oor my, Hy sal my mos nie vra om gehoorsaam te wees en op te hou rook, en dan die nodige hulp KAN gee nie.

Ek staan daar op, neem my vol pakkie na my kolega en kondig aan met die grootste sekerheid wat ek nog ooit gehad het. Ek het sopas my laaste sigaret gerook.

En dit was dit. So kry ek elke dag krag om sonder enige hulpmiddels, nie meer te rook nie. Om eintlik verdomp goed te doen. Om nog nie een keer ‘n oorweldigende ‘craving’ te gehad het nie.

Aan HOM die lof en alle Eer.

Dankie my Vader!

Stuur groete vir my woorde

Oktober 5, 2009 in Sonder kategorie

Dis asof my woorde skielik opgeraak het.

Indien ek ‘n skrywer was, sou ek myself kon aanmatig om te se dat ek ‘writer’s block’ het.

Dis nou nie asof die warboel van gedagtes enigsins minder geword het nie. Die wasmasjien werk nog steeds op sy ‘spin cycle’, maar dis asof daar niks relatief intelektueel in woorde met my wil kom gesels nie.

Dalk is dit die daaglikse gewerk met woorde.

Dalk is my kop moeg van woorde.

Dalk soek my woorde rusplek.

Dalk is skryf met vakansie.

As iemand my woorde vind, stuur groete en se hulle moet goed uitrus.

Maar maak dit tog duidelik vir hulle, dat hul asseblief nie te lank met verlof moet bly nie.

Ek het die woorde nodig om soms neer te pen, en in die proses juis sin te maak van die wasmasjien se wasgoed.