Jy blaai in die argief vir 2009 September.

GODSLASTERING

September 26, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vandag die eerste keer afgekom op fanatiese anti-geloof bloggers. Een het my werklik so onstel met sy blatante Godslastering dat ek skoon naar op my maag gevoel het. Dat hy baie reaksie kry is duidelik. Dat hy dit geniet as hy ander ontstel nog duideliker, en alhoewel ek altyd baie uitgesproke is en soos ouds my Joan of Arc swaard wou uitpluk, het ek nie.

Lank sit en dink en besef, dat deur te reageer op so iemand se stellings, is juis wat hom gaan aanvuur. Ek wonder nou, as net die wat soos hy dink ( en daar is blykbaar ‘n paar as ek na die kommentaar kyk) op sy blog reageer, en ons wat onstel word daardeur, nie reageer nie. Gaan hy bitter gou verveeld raak met sy maatjies wat saamstem met hom, en sal hy waarskynlik iets anders moet kies wat hy kan oor skryf om mense te beledig.

Ek het besluit om hom soos ‘n stout kind te hanteer. Die kind wat verkeerd doen net om aandag te kry. Wat my betref is hy in die ‘naughty corner’ waar die stout kind geen aandag kry tot sy gedrag verander nie.

 

Wat my fasineer is dat iemand wat so vas glo dat daar nie ‘n God is nie, soveel moeite kan doen om daaroor te dink. Soveel moeite doen om daaroor te skryf. Soveel moeite doen om die wat kommentaar lewer, te beledig. Ek wonder of hy onder die indruk is dat hy met sy blog van die ‘gelowiges’ gaan ‘red’ van die ‘belaglike’ glo- ding.

 

Maar een ding wat ek wel kan sien van hom en sy ‘ONS GLO NIE EN ALMAL WAT GLO IS IDIOTE’ vriende, is dat hulle almal ongelooflik negatief is. Ek dink hul lewens moet werklik misrabel wees. Ek maak nie die stelling vanuit my gelowige oogpunt nie, maar bloot op grond van die negatiwiteit in alles wat hul skryf.

 

Wat ek ook gewonder het is of die brawe Godslasteraar, braaf genoeg sal wees om so ook te skryf oor Allah. (En ek praat dit glad nie goed nie. Wat my betref is almal se godsdiens, wat dit ookal is, iets om te respekteer) Die gedagte van die Salman Rushdi sage en die beweerde belediging vir Islam in sy boek, het hom vir lank laat wegkruip vir die wie se geloof hy beledig het.

 

Ek merk op dat hy ‘n sakeman is op ‘n klein konserwatiewe dorpie en ek het toe gewonder, se hy dieselfde vir sy hele dorp, en as hy die waagmoed sou he, sou hy nog ‘n besigheid oorgehad het. Of is sy Godslastering net in die openbaar, daar waar dit nie sy sak kan raak nie.

 

Sou mnr die Godslasteraar so braaf wees om Allah te beledig as hy weet dat dit moontlik sy dood kan beteken? Ek twyfel!

TANGO WORDS

September 23, 2009 in Sonder kategorie

I would love to learn to tango,

I said.

You would love to tango,

You said.

 

Tango in Buones Aires,

You said.

Tango anywhere,

I said.

 

One body separated into two,

You said.

Two bodies not separated,

I said.

 

No thoughts, just reaction

We said.

Tango of the mind,

I thought.

SAVE THE LOVE LETTER!

September 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek het ‘n teorie. Soos alle goeie teorie het die een ook ‘n glas wyn of twee ontstaan. Ek en sielsvriendin sit en kuier en gesels toe so oor die feit dat mense nie meer liefdesbriewe vir mekaar skryf nie. Dat dit ‘n vergange gebruik is van ons ouers se dae.

 

Dis toe net daar waar die gedagte kom. Is dit nie hoekom huwelike deesdae nie meer hou nie. Ons skryf nie meer liefdesbriewe aan ons geliefdes nie. Dit klink nou dalk bietjie simplisties, maar hang aan en en oordink bietjie die een.

 

Dit het begin met die gesels oor hoe baie ek gekry het uit die skryf van  my blokkie oor my pa se dood. Ek weet nog al die jare wat ek dink en voel daaroor, maar eers toe ek die gedagtes op skrif stel, het ek sekere waarhede besef. Dink dit het baie te doen met die ordening van gedagtes soos wat mens dit neerpen.

 

Dit laat my toe dink. As ons, ons gevoelens vir iemand kon neerskryf, sou dit nie ook ‘n paar helder oomblikke laat uitspring vanuit ons diepste onderbewuste nie?

My gevoel is ons praat met ons bewuste, maar ons skryf meer met ons onbewuste.

 

In die ou dae het jonge manne en vroue by hul ouers gebly. Nie soos hedendaagse geliefdes die hele tyd met mekaar gesels oor die telefoon nie. Ook nie ‘n vinnige sms gestuur nie. Nee, hulle het mekaar miskien een of twee keer ‘n week gesien, op die stoep, met die wete dat pa met haelgeweer, net hier binne in die voorhuis sit.

 

Hul moes om werklik te kommunikeer en hul liefde vir mekaar te verklaar, briewe aan mekaar skryf.

 

In die proses van briefskryf, dink ek, sou hulle gou kon agterkom of boet wel die een is of nie. Want soos ek gese het, ek dink ons verstaan ons emosies beter nadat ons dit neergepen het.

Die liefdesverlarings van vandag word so terloops ingegooi aan die einde van ‘n oproep, amper soos ‘n ‘amen’ aan die einde van ‘n gebed. Meer ‘n gewoonte as ‘n verklaring.

 

Ek het jare terug afgekom op briewe wat my pa aan my ma geskryf het toe hul reeds getroud was, maar hy op ‘n ander dorp gewerk het. Dit was so pragtig. Hy het vir haar verduidelik  hoe hy na haar verlang. Wat hy alles so mooi en aantreklik aan haar vind.

En sy liefdesverklarings was in die mooiste woorde. Keurig en deurdink.

 

Om te se ek is lief vir jou, glip sommer maklik uit, maar om dit neer te skryf (of te tik) wat baie meer ‘effort’ en ek glo dat dit ‘n werklike gevoel op daardie oomblik neem om dit te skryf.

 

So ek het nou besluit, en ek het vandag baie lomp daarmee begin, ek gaan vir die Ingelsman briewe skryf. Ja ons praat wel oor skype, gereeld. Ja, ons sms mekaar deur die dag. Maar terwyl ek toe so lomp sit en skryf, het ek sekere goed ook meer besef, soos die positiewe bydrae wat hy reeds in my lewe gehad het. Die dinge wat hom vir my werklik maak. En ek kon dit alles vir hom skryf, duidelik goed wat ek in my onderbewuste rondgedra het, maar wat net kon uitkom met die neerpen daarvan.

 

Sal ons nie ‘n beweging begin nie? Dalk iets soos: ‘Save the love letter’. Griet, kan dalk self ‘n groep op facebook begin!

TOTSIEN OOM JOOS

September 17, 2009 in Sonder kategorie

Ek het nooit die geleentheid gebruik om vrede te maak nie.

Ek is die geleentheid aangebied op ‘n skinkbord. ‘n Skinkbord van hemelse silver, teekoppies van bemiddeling en tee van vrede.

Maar ek het gekies om nie die tee van vrede te drink nie.

 

Dis vandag presies 5 minute voor 12, in die middag, die 6de  herdenking van my pa se dood.

 

Hy was moeilik, (is maar in ons gene) ‘n Goeie pa in murg en been. Ek het nooit twyfel gehad dat hy sy klere sou uittrek vir ons nie. Dat hy sy lewe sou opgee om ons te beskerm nie. Dat sy gesin die belangrikste in sy lewe was.

 

Maar omdat ons persoonlikhede so dieselfde was, en tog so teenoorgestelde, het ons nooit ‘n hegte band gevorm nie. ‘n Band wat ek al so na gesmag het. Gesien het tussen pa’s en dogters. Die admirasie van ‘n dogter wat eendag met iemand soos haar pa wou trou.

 

Ek het jare na my pa se dood eers besef, hoe trots hy was op my. Hoe hy so uitgrereik het na my in sy laaste jare. Hoe hy tot bekering gekom het en ek toe, as ongelowige, gedink het, dis nie werklik so nie. Hoe hy so baie my genooi het om te kuier. Hoe ek as ek gaan kuier het, nie kon wag om daar weg te kom nie. Hoe die liefde wat daar tussen ons was, ek nou eers regtig besef.

 

Sien, ek het die geleentheid gehad wat baie min het. My pa het emfeseem gehad, lank en stadig al hoe meer kortasem geraak. Vir die laaste jaar van sy lewe in die huis spandeer, gekoppel aan ‘n suurstofmasjien.

 

Ek het elke jaar gedink, die jaar gaan hy dit nie maak nie. ( Nie dat dit my ooit laat voel het dat die tyd min is en ek meer gereeld moet kuier nie).

Maar toe breek die jaar aan wat hy wel nie sou oorleef nie.

Toe breek die dag aan wat hy vir die laaste keer opgeneem word in ‘Little company of Mary hospitaal’

Toe breek die oomblik aan wat ek weereens hospital toe gaan en dink, hoe melodramaties van my ma en sus, wat se, ons dink jy moet nou kom.

Ek onthou hoe ek daar aangekom het. Hoe hy soos altyd op die eerste dag in die hospital baie sleg gelyk het.

Toe breek die oomblik aan toe dinge regtig sleg begin lyk. Waar ek uiteindelik die waagmoed gehad het om te vra: ‘Please tell me, Is my father dying?’

Die antwoord van die simpatieke suster wat toe net kan se: ‘Yes’ en toe moes omdraai en wegloop.

 

Na die boodskap van die onafwendbare doodsengel wat reeds in die gange was, het ons gesin besluit om by hom te bly tot die oomblik aanbreek. Ons het elkeen ‘n beurt geneem om sy hand vas te hou.

OP ‘n stadium, ‘n paar uur voor hy dood is, het ‘n geleentheid gehad om sy hand vas te hou, ALLEEN, sonder enige iemand in die hospital kamer.

Alhoewel sy asemhaling kort en vlak was, sy oe reeds vir ‘n geruime tyd nie meer sy blink blou oe gewys het nie, het ek geweet hy kan nog hoor wat ek se.

 

Steeds het ek daar gesit, en ek kon net nie se ek is jammer dat ek en hy nie oor die weg gekom het nie. Ek kon nie vir hom se dat ek werklik jammer is oor al die kere wat ek so geiriteerd was met hom nie. Ek kon nie vir hom se dat ek eintlik net ‘n regte pa en dogter verhouding wou gehad het nie (En wat ek nou besef, hy sy bes probeer het om te smee). Ek kon nie se dat ek verstaan het dat hy buitensporig oorbeskermend was, omdat hy so lief was vir ons nie. Ek kon nie se, ‘EK IS LIEF VIR JOU NIE EN DAT EK JOU GAAN MIS AS JY WEG IS NIE’.

 

Dit vat so lank vir iemand om dood te gaan. Hy het opgehou asem haal. Al wat aangedui het dat daar nog ‘n sweempie van lewe was, was die sagte klop van ‘n nekaar  wat ek stip dopgehou het om te sien, wanneer sy tyd verby is. Soms het dit langer as ‘n minuut geneem tussen so ‘n aarklop. Hy het uiteindelik laat gaan, en sit vandag saam met Hom.

 

 

Ek het myself vergewe intussen. Want swaardra aan die skuld van ongesegde woorde, is nie deel van elke dag se vreugde – kleure aantrek nie.

Miskien wil ek net nog een maal se: Oom Joos, Ek is lief vir jou. Dankie dat jy ‘n great pa was. Jammer dat ek nie genoeg gekuier het nie. Jammer dat ek nie die verskil wat in jou lewe plaasgevind het, kon beleef nie. Maar Pappa, ons deel nou een Hemelse Pa, en die wete daarvan is so lekker. En ek sien jou eendag daar waar jy nou is, en dan gaan ons opvang vir al die jare wat ons albei te hardekwas was om regtig na die ander een te luister. IN SY LIEFDE EN AS GEVOLG VAN SY LIEFDE!

ENGELKIND STAMP HAAR TONE

September 16, 2009 in Sonder kategorie

‘EINA, DAMMIT!’ skree Engelkind, toe sy vir die hoeveelste keer haar kaal tone teen die klippe stamp.


Ek se mos vir jou jy moet stadig oor die klippe loop.’ Se Hy.

‘Ja maar……… maar…..’ Engelkind kyk skuldig op na Hom, effe verleë.

Wat wil jy sê Engelkind, praat maar, jy weet ek luister

Engelkind voel skuldig oor haar ‘gemaar’ die hele tyd. Sy voel nog meer skuldig omdat sy so ongeduldig raak en partykeer sommer net lelik wil wees met Hom.

Sy loer op om te sien of Hy kwaad lyk en gaan toe aan: ‘Ek verstaan maar net nie altyd die gekaalvoet lopery oor die verdomde klippe nie. My voete kry seer onder en dan stamp ek nog elke nou en dan my tone ook. En ja, ek hoor, ek moet stadig loop, maar die pad is dan nog so lank, en wanneer gaan ons nou uiteindelik daar aankom? En waar is ‘daar’ in elke geval?’

Teen die tyd is die frons op haar engelkind gesiggie diep en haar oë skreefies getrek van  haar seer tone.

‘En ek verstaan ook nie hoekom ons nou eintlik moet loop nie. Ek het vlerke, ek kan vlieg.’

Met die besef dat haar woorde effe rebels oorkom, se sy vinnig met ‘n engelglimlag op haar gesig:

‘En dit is anyway ‘n ou gesegte: ‘Ladies don’t walk!’’

Sy sien verlig hoe Sy mondhoek effe in ‘n glimlag optrek, maar hy se niks en hou net haar hand nog stywer vas.

Engelkind, loop is goed vir jou hart. Jy weet mos.’ Sê Hy met ‘n glimlag wat nou verbreed het.

‘Ja, Ja’ dink Engelkind, ‘ek weet al die goed, maar hoekom stadig loop, hoekom nie vlieg nie, want net sodra ek in die ritme van die stap kom en alles gaan goed met die gestappery, dan woeps, stamp ek my toon. Nes ek gemaklik raak en dink eintlik is stap ‘n lekker ding, want  ek sien al die mooi klippies oppi pad raak en dan byt een van hulle my aan die toon.’

Skielik raak Engelkind aan te grens: ‘Ek kan nie meer nie, kan U my nie maar asseblief dra nie, al is dit net so klein bietjie, dat my seer voete net bietjie kan rus.’

Hy buig  af tot naby haar oor. Sy voel sy warmte naby haar gesig. In sy sagte rustige stem sê Hy: ‘Engelkind, my geliefde kind, ek dra jou nog die hele tyd, maar ek kan nie jou voete vir jou optel nie. Dis iets wat ek jou moet toelaat, om self te doen.’

MUSIEK PRENTJIES

September 7, 2009 in Sonder kategorie

Moenie bang wees nie, se die man met die rooi hare. Die jong hande van die seun sweef deur die lug, terwyl hy die derigente stokkie fyn vashou.

Die musiek is hemels, ooral om my, die vrees vir die onbekende is weg.

Die soeke na vrede verby. Want die musiek is die vrede.

Die hartseer vasgevang in die klanke van die Tjello. Die genot van voels wat vroeg in die oggend sing, ingeweef in die snare van die viool.

Aangevul deur die klanke van die alledaagse lewe. Soms plesierige soos ‘n fluit, soms harstogtelik soos ‘n trom.

 

En so dirigeer die jong seun die symphonie van sy lewe.

 

Ek sien ‘n klein Rooms-Katolieke kerkie, gevul met kerse. Nie vir die atmosfeer nie, maar omdat daar geen ander bron van lig beskikbaar is nie. Die koor geklee in wit, met soel Suid-Amerikaanse gesigte van die oerwoed- inwoners, wat uitloer bo hul klere. Die tenoor wat nie een keer sy oe oopmaak terwyl hy die solo sing nie.

Dit is wat ek sien, as ek na Ramirez se Missa Creola luister.

Die prentjie verander nooit, die plek waar ek is, wanneer ek daarna luister gereeld . Soms by kerslig in die leefvertrek, soms oppad na ‘n begrafnis, soms as ek rondry tussen die Knysnabosse.

 

Maar Ramirez voer my weg na daardie prentjie en die klanke van die Argentynse mis, oorweldig enige realiteit wat op daardie oomblik bestaan.

Ek was nog nooit  in die Suid-Amerikaanse kerkie nie. Ek het nog nooit ‘n opvoering van die Missa Creola bygewoon nie.

Maar die prentjie in my kop is so realisties asof ek dit beleef.

 

Mooi musiek, goeie musiek, my musiek, voer my na lande ver van hier.

Net soos wat die Drie skepe – whiskey in Koos Kombuis se liedjie hom weg geneem het na lande ver van hier.

 

Ek dink musiek is een van die grootste geskenke wat Hy vir ons kon gee!

BRUG – GEDAGTES

September 5, 2009 in Sonder kategorie

Verloor mens dalk ‘n storie as ‘n gedagte opkom ,en jy vat nie daardie gedagte vas en skryf hom neer nie?

My stories kom in prentjies. Ek  het my kruispaaie storie se kruispad eers in my geestesoog gesien, en so ook die engelkind wat haar vlerke verloor het.

 

As ek dan gaan sit en skryf, kom die eerste sin gewoontlik uit die prentjie, en dan kom die storie, amper sonder dink, soos water oor ‘n waterval.

Dis so onverwags soos wanneer dit iewers in die Tranvaal te veel gereen het, en die Oranje rivier kom af in vloed. Spoel dooie bome van vasgestelde idees weg en alhoewel dit soms die brue van sekere gedagtes toevloei met water,(dat daar nie eers meer ‘n teken van die brug is nie), bly staan die sterk brue.

Die water gaan sy gang, vloei oor die papier, en wat oorbly is die brug- gedagtes. Die wat solied, konkreet en sterk is. En meestal is dit die gedagtes wat ingeburger is deur my opvoeding en lewenswedervaringe en geloof.

Dis die brug – gedagtes, wat die sin maak tussen die nuutste vlietende probleem-gedagte en my oermens- gedagtes.

Die oermens – gedagtes wil net een ding weet: of dit veilig is of nie.

Veilig is om so te dink, veilig is om so te voel, veilig is om so te besluit en veilig is om so te doen.

 Die brug- gedagtes, veroorsaak dat ek wel spontaan kan wees. Kanse kan vat wat my oermens – gedagtes  as onverantwoordelik sou beskou.

 

Maar wat ek die afgelope jaar besef het, is dat vandat ek geleer het om tyd op my eie te spandeer en tyd op my eie te geniet, ek meer tyd het om sin te maak van gedagtes wat net vlietend in my kop kom rondhang.

As gevolg van ‘n ernstige verhouding wat onvewags beindig is, het ek tyd geneem om daaroor te kom. Tot die besef gekom dat ek die verhouding geword het, in plaas van dat ek  in ‘n verhouding was.

Dit is waar die skryf die eerste keer begin het. Valentine’s dag het ek op die ingewing van die oomblik besluit om alleen ‘n fliek te gaan kyk. Na die tyd koffie gaan drink, en terwyl ek daar gesit het, het die eerste sin van ‘n gedig begin. Ek het beplan om net die sin wat opgekom het in my gedagtes, neer te skryf, sommer gou in my selfoon ingetik. Wat toe gebeur het verbaas my tot vandag.

 

Dit laat my toe dink, was dit ‘n ‘hidden talent’ of ‘n ‘hindered talent’. Was die skryf altyd daar, maar kon eers uitkom na al die hindernisse wat in die pad gele het, weggespoel is deur die groot reen?

Of was dit ‘n ‘verborge talent’, wat die Here lank terug reeds vir my gegee het, en toe geduldig op my gewag het om self te ondek?

Die laaste moontlikheid is natuurlik ook, dat Hy dit eers nou vir my gegee het, want Hy spesialiseer in wonderwerke?

En soos ek wonder besef ek net weereens, al die skryfsels en gedigte  kom van Hom! En ek is so dankbaar daaroor!

SLANG-VANG-WOEDE

September 4, 2009 in Sonder kategorie

Ek is so kwaad, ek kan slange vang!

En nou is die enigste oplossing: Om vas te stel hoekom ek nou eintlik kwaad is en wat om te doen om die woede te laat weggaan.

Dit moet weg, want dit steel my vrede! Woede en vrede sit nie aan dieselfde tafel en eet nie. Want woede is ‘n vraat, hy eet vrede en sy kos sommer vinnig op.

 

Ek is kwaad, omdat my gevoelens seergemaak is.

En dan is die vraag hoekom is my gevoelens seergemaak?

 

Ek het iets gedoen  met goeie intensie en opregte bedoelings In reaksie daarop het ek ‘n ongeskikte afjak gekry en is my gevoelens seergemaak.

Hoekom word ons gevoelens nie seergemaak as dieselfde gebeur met ‘n onbekende wat met ons ongeskik is. Dit gebeur tog daagliks dat ons vriendelik iemand groet, soos byvoorbeeld ‘n persoon wat die kasregister beman by ‘n supermark. Het al verskeie kere gebeur dat so ‘n persoon nie eers die moeite doen om te groet nie terwyl hulle jou in jou oe kyk.

 

Is dit dan so dat ons gevoelens net seergemaak word as ons iets vir iemand voel, iemand dalk respekteer, van iemand dalk hou. Is die feit dat ons afgejak is ‘n teken dat die persoon  ons nie respekteer nie?

 

Ek het al voorheen tot die slotsom gekom dat ek partykeer kwaad word en as ek dink daaroor, is ek kwaad vir myself. Ek was al kwaad vir myself dat ek myself toegelaat het om in ‘n posisie te wees, dat iemand se woorde wel kan seermaak. Daardie gevoel waar jy eintlik ‘n baseball bat will gaan haal, en jouself oor die kopslaan, terwyl jy hard skree ‘JOU IDIOT’.

 

En ek kan om die dood net nie vandag my antwoord kry nie.

Is ek kwaad vir myself?

Of is ek diep teleurgesteld in die Afjakker, want ek kon in my wildste drome dit nie vewag het van die persoon nie?

Of is dit ‘n kombinasie van die twee?

 

Hoe vind ek my vrede as ek nog nie die kwaad verwerk het nie?

Le die oplossing daarin om die Afjakker aan te spreek en te se wat ek wil.

Of wag ek die kwaad oorwaai, maar intussen is my vrede nie in my op ‘full volume’ nie.

Om uit te sien

September 2, 2009 in Sonder kategorie

Baie hedendaagse filosowe en selfhelp guru’s, is van mening om in die ‘nou’ of ‘huidige’ te leef, die geheim tot geluk is.

Ek verstaan die konsep, en trouens dink ek dit is ook ‘n baie duidelike Bybelse beginsel, maar dit het my laat wonder of daar dan nog plek is om net doodeenvoudig uit te sien na iets.

Is ‘uitsien’ na iets, nie in teenstelling met om in die ‘nou’ te leef nie?

 

Ek het die gevoel gehad dat uitsien, sy regmatige plek in die ‘nou’ het. Ek het begin wonder oor die betekenis van die woord ‘uitsien’. Onmiddelik gedink aan die engels daarvoor: ‘ to look forward to’.

En gaan kyk na die Latyn vir ‘look forward  to’ wat klaarblyklik ‘prospecto’ die latynse stamwoord is. En as mens nou weer in trurat gaan kyk wat die latynse woord beteken, het ek afgekom op ‘to hope’ en ‘look out for’ en ‘await’.

 

Dit het my laat besef dat ‘uitsien’ eintlik ‘n hoop’ is en gevolglik ‘n ‘afwagting’ is, of skep. En soos wat ek aangegaan het om met die betekenisse van die woord te speel, het ek tot die slotsom gekom, dat om uit te sien, niks anders is as ‘n afwagting dat ‘n hoop bewaarheid sal word nie. Dit weer is niks anders as om te droom nie.

 

Wat my betref is ‘n droom ‘n daaglikse noodsaaklikheid. ‘n Droom is wat ons elke dag, die dag laat aanpak met die verwagting dat ons droom van ‘n heerlike dag, bewaarheid sal word.

Ek praat nou nie van die droom om eendag materialisties wel af te wees nie, dis ‘n heel ander storie.

Ek praat van drome wat ons almal maar het. Ek het ‘n droom om nog Praag toe te gaan. Ek het ‘n droom om in die Wes Kaap te bly.

Indien ek nie die drome gehad het nie, sou ek nie enige iets daaraan gedoen het om my drome te verwensenlik nie.

Hoeveel kinders word nie vandag gebore, as gevolg van ‘n droom wat klein dogtertjies gehad het, om eendag ‘n mamma te wees nie.

 

Ek dink nie drome laat die realiteit minder ‘real’ wees op enige oomblik nie, maar ek glo dat ons gemaak is om te droom. As mense soos Madiba nie gedroom het om demokratiese Suid-Afrika te laat waar word nie, wie sou?

As ons nie droom dat alle straatkinders eendag gelukkige kinders sal wees nie, wie gaan ‘n toebroodjie maak en elke dag vir net een staatkind gee, en ‘n groot verskil in daardie kind se lewe maak vir daardie een dag.

Dit lyk vir my, dit is juis die drome wat ons het, wat ons elke dag iets laat doen in die ‘nou’, om more vir onself of vir ander, die lewe beter te maak. Om die ‘nou’ van more, vandag al ‘n hupstoot te gee.

Toe ek verder dink oor hoeveel keer daar in die Bybel, verwys word na hoe ons kan uitsien na die herkoms van Christus, besef ek, uitsien is nie in teenstelling met om nou, in die ‘nou’, te lewe nie.

Uitsien is ‘n emosie, wat ons juis nou beleef. Om uit te sien, gee my soms die lekker flinders op my maag, ‘n ‘silly grin’ of ‘n laaste lekker gedagte voor ek aan die slaap raak.

Sonder uitsien, kan jy nie in die ‘nou’ lewe nie. Want die gevoel wat jy het as jy uitsien na iets, verdwyn die ooblik as dit waarna jy uitgesien het, aanbreek of nie aanbreek nie.

Ontken die emosie van uitsien, en jy lewe nie vandag ten volle nie!

Daarom het ek besluit, ek gaan die uitsien omhels….

Ek sien uit na my naweek in Tulbach saam met die Ingelsman.

Ek sien uit om weer Tafelberg te sien.

Ek sien uit om weer op die stoep te sit… en die vreugde van die vrede van stoepsit te beleef!

Ek sien uit om te hoor wat jy dink….

ENGELKIND

September 1, 2009 in Sonder kategorie

Engelkind sit dweepstert in die hoek van die vertrek. Trane rol geluidloos oor haar wange. Geen snik of snuif van uit haar hoekie is hoorbaar nie, net ‘n hartseer wat aanvoelbaar is, vul die vertrek.

 

Hy stap doelgerig, maar saggies nader. Sien hoe sy die trane met die agterkant van haar handpalm afvee van haar wang. Net om weer plek te maak vir ‘n vars traan om oor haar wang te rol.

 

‘Hoekom huil jy my kind’, vra Hy

‘Ek het my vlerke verloor, en kannie meer vlieg nie’, snik sy

 

‘Hoe weet jy, jy het jou vlerke verloor? Het jy in die groot spieël gaan kyk?’

 

‘Nee, ek hoef nie, ek weet ek het, ek wil nie eers sien hoe ek lyk sonder my vlerke nie.’

‘So hoe weet jy?’ Vra Hy nog sagter, terwyl Hy die keer self die traan van haar wang afvee.

‘Ek het vanoggend buite gaan staan, en toe ek wou vlieg, het daar niks gebeur nie. Niks!’

Sy kyk met groot oe op na Hom. ‘Het ek dit verloor omdat ek vir twee dae nie lus was vir vlieg nie? Net hier inni huis wou bly?’

Hy vee weer ‘n traan van haar wang. Hy vat haar hand, trek haar op, stap na die agterstoep.

‘Staan net hier, maak toe jou oe, en luister mooi na my woorde’, se Hy terwyl Hy haar hand ongesiens laat gaan.

‘Sien en droom hoe dit voel om te vlieg. Voel die wind onder jou vlerke. Kyk af en sien die mooi daaronder.’ Se Hy, terwyl sy hand saggies oor haar hare streel.

 

‘Dis so mooi, so ongeskaad, so ver weg van al die geraas en gedruis. Die groen van die bome wat begin bot, is nog groener hier van bo.’

‘Maak oop jou oe, Engelkind.’ Hoor sy, Sy stem in haar hart.

‘Ek voel die wind, ek voel die wind! Ek vlieg! Dankie dankie dat U my vlerke terug gegee het.’

 

‘Jou vlerke was nooit weg, my engelkind.’

 

‘Ek verstaan nou’, se sy, ‘daar was net nie wind nie en dis hoekom ek nie kon vlieg nie.’

 

‘Die wind is altyd daar en jou vlerke kan jy nooit verloor nie. Jy moes net jou oe lank genoeg toe hou, om die wind te kan voel onder jou vlerke. Want wind kan jy nie sien nie. Wind voel jy. En soms as jy oe oop is, sien jy te veel, luister jy te veel, en dan oorweldig dit jou so dat jy nie meer die Wind voel nie. Engelkind, as jy wil vlieg, maak eers jou oe toe…’