Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

RIVER OF DEATH

Augustus 27, 2009 in Sonder kategorie

At the river of death

I sat down and wept

An Angel form heaven descended

The Angel of peace and solace

Renewed my faith

Peace descended

A broken heart Caressed by His presence

Anguished calls to God

Answered

By the knowledge of His Grace

His indescribable

Presence

Felt

Though not at fist acknowledged

Not at first wanted

Drowned by the numbing pain

Drowned by death’s finality

Drowned by memories to painful

To remember

Drowned by memories to painful

To forget

Love for my departed

Forever unanswered

Time with my departed

Forever lost

The Angel stroked my hair

With love

With knowledge

Of my beloved’s

Serenity

Peace

Undying love

A quite comfort drowned my sorrow

The river was no longer

One of pain

But water

Of healing

Flowing through my veins

I looked up at the face of the Angel

My beloved departed smiled back at me.

AFVLERKDUIF

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

Die son het teen ‘n hoek deur die groot glas venster geskyn. Dit het gelyk of ‘n engel sy vlerke kom sprei het teen die venster, en net ‘n ligte wasige merk daar gelos het.

Ek het later besef dit was ‘n duif wat niksvermoedend teen die glas vas gevlieg het en sy merk daar gelaat het.

Sy skok moes so groot gewees het op die oomblik van die impak, dat hy in ‘n waan daar moes wegspartel. Later sou hy afvlerk iewers moes sit, en homself afvra waarom hy nie opgemerk het dat daar wel ‘n glas tussen die binne en die buite was nie.

Hoeveel keer het ek al voorheen deur die glas gekyk en die binnekant bewonder, gemaklik begin raak met die wete dat dit beskerming sal bring teen die reen en die onweer. Ek kon sien die deur is oop, ek was seker. En net toe ek begin vlieg met sekerheid, het ek in die glas vas gevlieg. Afvlerk later gewonder, hoe kon ek dit mis dat die glas maar net deurskynend was. Dat dit net gelyk het of die deur oop is, maar dat die sonskyn in my hart my so verblind het, dat ek  blindelings in die glas vas gevlieg het.

 

Ek het myself voorgeneem om van daar af aan nooit weer ‘n behoefte te he om binne te gaan nie. Liewer saam met die ander duiwe skuiling te soek in ‘n groot boom. Maar so stap die tyd aan en die afvlerk het heel geword, die herinneringe vervaag, en net so af en toe, in onweer, pla die letsel van die skade aan die vlerk.

 

Nou sit ek hier en kyk, en dit reen so hard, en die onweer is onheilspellend. Ek kry koud . Soek beskerming teen die gure omstandighede, wil net een aand veilig slaap.

Sien ek reg, of is dit net weer ‘n illusie dat die deur die keer wel mag oop wees? 

As ek effe skuif op my tak, lyk die deur toe. En ek wonder sien ek ‘n toe deur omdat my vlerk te veel pyn vannaand, of is dit werklik toe en het my ondervinding my geleer om nie weer so ‘n kans te waag nie. Ek het nog net een gesonde vlerk, se ek vir myself, dis nie ‘n goeie idée om die kans te waag om dalk die keer my vermoe om te vlieg, te verloor nie.

Die weerlig slaan, die reen kom neer.

Asseblief, mens daar binne, kom stap deur die deur, wys vir my die deur is oop.

Ek wil graag vannaand warm slaap.

HOEKOM EN WHY

Augustus 24, 2009 in Sonder kategorie

Ek is so moeg vir die woorde ‘hoekom’ en ‘why’.

Dit voel deesdae of dit in elke liewe gesprek en gedagte voorkom. Asof al die ander woorde opgeraak het en dit al is wat oorgebly het.

Hoekom en why – as ek nie verstaan wat iemand probeer  verduidelik aan my nie.

Hoekom en why – as ek nie verstaan hoe iemand optree nie

Hoekom en why – as ek nie verstaan dat ek nie beheer het oor goed wat gebeur nie

 

Die hoekom en why wil my net laat tasse pak. Ek wil ontvlug. Wegvlug.

Na ‘n plek ver weg van die konstante herinneringe van die hoekoms en die why’s.

 

Ek wil my tas soos voorheen onverwags na werk pak, ‘n vliegtuigkaartjie haastig bespreek oor die telefoon. Jaag na die lughawe. Vir oulaas ‘n sigaret gaan rook saam met ‘n glas wyn in die business lounge.

 

In die vliegtuig klim, en net die nodigste doen om nie ongeskik te wees met die kajuitpersoneel en die mede pasasier langs my.

Net genoeg sê om die een langs my te laat verstaan dat ek nie op die vlug is om vriende te maak nie.

Net genoeg energie spandeer om in die middel van die nag op die lughawe van die toevlugsoord aan te kom.

Die huurkar te kry, bagasie in die kattebak te sit, en dan ‘n sigaret op te steek en te dink, en soms sommer hardop vir myself te sê: ‘So nou’s jy hier, wat nou’.

 

In die middel van die nag te ry na Tulbach, moeg aan te kom en ‘n glas wyn te drink saam met Pete en Sam. Die kothuis waarin ek altyd bly, se deur oop te sluit en ‘n welkome bottle wyn van die plaas, koud in die yskas te vind.

 

Teen daardie tyd is dit middernag en die vaak oorval  Niks tyd dan om met die ‘hoekom’ en die ‘why’ arm te druk nie. Net slaap.

 

‘n Naweek van filosofeer oor die lewe, politieke argumente met Pete, verwondering oor die natuurskoon en die besef, dat ek op soek is na ‘n rustiger lewe, gevul met blydskap oor die klein goedjies in die lewe. ‘n Lewe gevul met die vervulling van kameraadskap.

 

Maar te gou is dit weer tyd vir die terugkeer.

Die ‘hoekoms’ en die ‘why’ hang mistig oor die aanloopbaan soos ons land in Johannesburg.

En dan begin alles weer van voor, tot die volgende keer se ontvlugting van die woorde.

Kruispad in die lewe

Augustus 23, 2009 in Sonder kategorie

Ek weet nou vir ‘n paar dae ek moet skryf oor my Kruispad, maar ek het gedink ek sal nie die woorde hê nie. Al wat ek kon sien was hoe die prentjie van ‘n kruispad in die Karoo lyk. Die twee wit stofpaaie wat kruis, tussen niks en nêrens. Waar as jy gelukkig is, jy die stoffies van ‘n voertuig wat doer ver aankom, kan sien hang in die lig, self kilometers weg. Gewoontlik is dit nie eers nodig om daar te stop by die stopteken nie. Jy sal kan sien as daar iemand aankom.

Maar met dié kruispad van my, is daar klomp stof in die lig.

Het die stof van die karre al kilometres ver gesien. Geweet klomp mense is oppad na plekke. Ek het net nie geweet dat by die stopstraat sal ek moet stop, die keer.

 En links kyk, en regs kyk, want daar is so baie wit stof wat in die lig hang van mense wat oor my kruispad kom, dat ek sal moet waaksaam wees, voor ek die pad kruis.

 So stop ek toe by die kruising… en wag en luister na al die mense wat met my praat. Na almal se goedbedoelde opinies. Na al die wat met my praat, sonder dat hul weet hul lewer ‘n inset in my lewe en die keuses wat ek maak. Die vreemdelinge wat verby ry in hul motors oppad iewers heen, onbewus dat ek wel hul stof raaksien. Party se stof hang lank in die lug. Maak my kortasem. Ander se stof waai die briesie vinnig weg.

So het ek hier, al verskeie mense se blogs gelees, hul onbewus van my, wie se stof by die kruising in my lewe bly hang het.

Wie se stof deur  my motor se ventilasie systeem ingekom het, al het ek die venster toe gehad. Wat nou ‘n wit lagie ooral op die dashbord laat lê. Ja self op die elektroniese kompas, wat my rigting moet aanwys.

En toe gaan lê die stof, en ek sien, maar hierdie is nie ‘n kruispad nie, dit is ‘n T rigting. Dat as ek nie gewag het tot al die stof gaan lê het nie, sou ek blindelings oor die pad gery het, in die jakkalsdraad vas.

Ek besef nou, op hierdie pad wat agter my lê, is daar nie meer ‘n voorentoe in dieselfde windrigting nie. Hierdie pad kom nou tot ‘n einde. Daar is net een van twee keuses, of links of regs.

Genoeg petrol is daar ook nie in die kar, om om te draai en terug te gaan van waar ek kom nie…. Dis links …of …regs.

Ek sal my oë lank moet toehou, vir die stof, wat my oë laat traan het, om te gaan lê, en dan weer my Padkaart oopmaak, en te vra, Is dit links… of ….reg, want terugdraai kan ek nie meer nie.

En as ek nie weet nie, sal ek my motor afskakel, en wag. …. En ander sal verby kom met stof wat hang of nie hang nie… maar ek sal wag….todat my Padkaart my wys… of links… of …regs….

Waar kom jy vandaan Di dove

Augustus 22, 2009 in Sonder kategorie

Ek het verlede jaar begin Italiaanse lesse  neem, by dierbare klein Paola. En soos die tannie van La Cantina Restaurant, tereg opgemerk het, sy is die beste Italiaanse juffrou wat daar is.

Die opmerking het gekom na ‘n paar lesse wat ek braaf genoeg was om my toeris italiaans af te stof en op te grader na ‘ek –is –besig- met –lesse- Italiaans’. Ek het my eiervrug voorgereg bestelling perfek uitgespreek! Die Italiaanse tannie, het my in Italiaans gevra of ek ‘Italiano’ is, en het in stokkerige italiaans gese nee, ek leer vir ‘n kort rukkie Italiaans.

Ek was so trots op myself en my metgesel het my aangestaar met verwondering. (Hy kon nie ‘n woord Italiaans praat of verstaan nie). Ongelukkig het die tannie toe aangegaan in Italiaans om te vra by wie ek lesse kry…. En dis natuurlik toe net daar wat my Italiaanse – oor, my in die steek gelaat het.

Ek het weer probeer en in Italiaans gese sy moet asb bietjie stadiger praat (in ‘n onvolledige sin). Haar weergawe van stadiger Italiaans was natuurlik nog steeds vir my soos, wel vinnig Italiaans, en moes ek blosend se dat ek steeds nie verstaan nie. Ons gesprek het maar toe verder in Engels aangegaan. En ja om ‘n lang storie nou kort te maak, dis toe dat sy se dat Paola die beste juffrou is.

 Paola kom oorspronklik van die Noorde van Italie, sy het daar ‘n Suid – Afrikaner ontmoet, en soos sy se, ‘and married a ‘boer’. Wat die lekkerste van die lesse by haar was, was die kulturele inligting wat sy so passievol met hierdie speurneus gedeel het. Ek het altyd voor die lesse begin het gedink dat ek ‘n redelike ingeligte passievolle Italie reisiger, wel ek was al immers altesaam 13 weke al in Italie.

Maar klaarblyklik leer ken jy eers ‘n kultuur, as jy die taal leer by iemand wat in die land grootgeword het.

 So het ek geleer dat hul eintlik baie formele mense is. Dat jy slegs die informele aanspreek  mag gebruik wanneer jy iemand ken, of jy formeel vra of dit nou in orde is om informeel te praat.

 Hul is ook vreeslik ingestel op titels. ‘n Ingenieur sal voorgestel word as Ingenieur so en so. So ook die prokureur en die dokter, maar wat my die meeste verbaas het, was dat almal met ‘n Universiteits graad van 4 jaar ‘n ‘Dottore’ of ‘Dottoressa’ genoem word (afhangend van hul geslag). So het jy ‘n title bloot van die feit dat jy ‘n graad het.

Ek het al soveel male in straatkafees reg oor Italie gesit en mense dopgehou en gedink dat hul so ‘easy going’ is en dit was met groot verbasing dat ek besef het dat dit eintlik glad nie so is nie.

 ‘n Ander ding wat ek toe vreeslik geniet het om te leer, is dat hul sal vra van waar jy kom.

Ons is so gewoond om te se ek kom van so en so plek, menende dat ons daar woon. Maar nie die Italiaaners nie. Hul sal se hul kom oorspronklik van Milan, (waar hul gebore is), maar bly nou, of werk nou, of studeer nou in Rome.

 Dit het my laat besluit, ek is eintlik Italiaans. As iemand my vra van waar ek kom, se ek altyd ek bly in Pretoria, maar kom oorpsronklik van die Noord – Kaap. Dit is my standard antwoord.

Ek het besef dat dit gaan oor ‘n beskrywing van wie ek is, en nie van waar ek woon nie.

Snaakse ding is, al woon ek al 20 jaar in Pretoria ( die langste wat ek in enige plek in my lewe gewoon het), is ek nie ‘n Pretorianer nie. Verstaan my reg, niks verkeerd met my tuisstad nie. Ek is net nie ‘n Pretorianer nie.

Ek is ‘n meisie van die Noord Kaap. Dis my identiteit. Dis my mense.

Dit is daar waar jy nie iemand se beroep kan raai op grond van hul kleredrag of die kar wat hulle ry nie.

Dit is daar waar die dominee nog weekliks al die oumense in die ouetehuis gaan besoek.

Dis daar waar die dominee ‘n begrafnis kan hou en uit sy hart, en met ‘n traan in sy oog, kan vertel dat hy daar langs die bed was toe die persoon rustig gegaan het om by Hom te wees.

Dit is daar, waar die kinders wat Universiteit toe gegaan het, weer terug trek en in hul gemeenskap gaan woon, want dit is waar hul mense is.

Dit is ook daar waar my hart le.

Waar ‘n dorre karoobossie, mooier is as al die Jakarande bome in volle blom.

Daar waar mens nog stories vertel.

Waar Afrikaans maar min gemeng word met Engels. (Deels ook omdat my mense nie eintlik die Ingelse taal kan praat nie).

Daar waar die lekkerste skaapvleis vandaan kom.

Ek is ‘n Noord-Kaper, wat woon in Pretoria.

WAT IS JOU PORNSTAR NAAM?

Augustus 21, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie is dalk al ‘n ou storie, maar ek het gedink om vir die wat nog nie die een uitgewerk het nie, iets te gee om oor te lag en om die braaivleis vuur te gebruik, wanneer Vaal Fanie, vir die hoeveelste keer se: ‘Jis daai bulle het goed gespeel.’ Of my persoonlike grootste vrees as Varsmamma weereens vertel van die oulike ding wat die kliending kwyt geraak het.

WERK JOU EIE PORNSTAR NAAM UIT:

Jou noemnaam is: Jou eerste hond jy ooit gehad het se naam

Jou van is: Jou ma se nooiensvan.

Gevolglik is Smartassblond se pornstar naam, wag…… dromme…..

PINKIE VAN DER MERWE.

Die eks sin: Toffie Botes

Die kind sin: Kabouter Jooste

Kom nou…. vermaak ons bietjie

My wasmasjien van gedagtes

Augustus 18, 2009 in Sonder kategorie

Ek sien jy dink al weer te veel, sê sy terwyl sy skalks lag.

Is daar ‘n dag wat verbygaan wat dit nie te veel is nie? Vra ek met ‘n effe verlee lag. Wetend dat my goeie vriendin my so goed ken, dat ek nie eers kan ontken nie.

 

Sy gaan aan: ‘Dis nie goed om die hele tyd die malemeule te ry nie, jy gaan naar word.’

Ek lag hardop en sê: ‘Ag snert man, jy mag dalk ‘n kop- mallemeule hê, maar ek is ‘n domestic goddess – dinker. Ek het ‘n wasmasjien van gedagtes. Jy weet…. Dis soos om voor die wasmasjien wat werk te gaan sit en dan sien jy elke keer net so ‘n ‘flash’ van ‘n stukkie kleding wat voor die venster verbykom. Dis hoe my gedagtes werk…. Kry net so ‘n flash van iets en dan weer iets anders, nes die wasmasjien. En dan is daar nog die dae wat my verdomde ‘wasmajien van gedagtes’ nog oorgaan in spincycle. Dan sister, is dit chaos, niks maak dan sin nie.

 

En net daar begin die wasmasjien weer ‘n nuwe bondel wasgoed te was. Ek wonder so by myself: ‘Dink alle mense ewe veel? Ek verstaan dat almal dink oor verskillende goed, maar is almal altyd besig om te dink, soos ek. En as dit so is, wil almal dan ook soms die kragtoevoer van die wasmasjien gaan uitpluk? En as ons nie so baie gedink het nie, sou ons nie die lewe heelwat eenvoudiger ervaar het nie. Of sou dit veroorsaak het dat ons dalk net so een dimensioneel geraak het dat die lewe plain weg net boring sou wees?’

 

Ek lig my glas wyn na my mond en sien dat my vriendin in ‘n ander wereld is. ‘Was daai ‘n lekker ride op jou mallemeule, pella?’  vra ek haar terwyl ek skaterlag.

OPSAAL VAN DIE WILDE PERD

Augustus 17, 2009 in Sonder kategorie

As mens so staar oor die vlakte en die groen van die nuwe lente begin roer aan jou binneste, dan kom daar maar altyd, soos die nuwe lente, vars groen gedagtes op.

 

In die groene veld wei ‘n trop perde, heeltemal gemaklik met mekaar se geselskap en onbewus van mensekind wat aan die kant van die draad staan en bewonder. Hul bewegings is vry en ongestrem.

 

Maar hoekom is die mooiste perd ook altyd die eensame een , wat effe afgesonder op die horison sy tyd verwyl. Dit kan ek nie kleinkry nie.

 

Miskien is hy die laaste ongetemde van die groep en voel hy nie al te tuis tussen hulle nie.

 

Ek rus my voorarms op die draad.

Sonder om my oë van die wilde een af te haal, laat sak ek my kop op my arms.

Draai my kop effe skuins en wonder: ‘Hoekom is die begeerlikste perd, die een wat nog nie ingebreuk is nie. Die een wat vêr op die horison staan?’

 

Is dit juis hy, omdat ek eintlik te bang is vir perdry, en as ek weet hy sal onmoontlik wees om te ry, het ek ‘n verskoning om net hier, aan die kant van dié draad te bly staan?

Wat noem jy ‘n boyfriend na 40?

Augustus 14, 2009 in Sonder kategorie

Hoekom is alles wat voorheen maklik was, so verdomp moeilik na 40?

Ek praat nie van die feit dat as jy probeer leer ski na 40, jy soos ‘n gebreklike sprinhaas lyk nie. Of dat 40+ beteken dat jy die dag, na ‘n laterige aand, altyd voel of die Gautrain tonnel deur jou hele lyf geboor is nie.

 Nee ek praat van WOORDE wat skielik net nie meer toepaslik klink as dit uit jou effe geplooide mond uit kom nie.

 Daar is baie, soos byvoorbeeld ‘cool’ en ‘dude’.

Maar eintlik is my groot dilemma- woord ‘BOYFRIEND’.

 Wat noem jy iemand wat jy as jou spesiale mansvriend beskou as jy 40+ is?

 Probeer jy dit vertaal en sê ‘MANSVRIEND’ is dit oop vir interpretasie of hy wel ‘n ‘spesiale’ mansvriend is. So daai een is by die deur uit soos gepermde hare….

 In Engels is dit nog moeiliker, as jy na jou ‘FRIEND’ verwys kan dit jou vriendin ook wees. Ten minste is ‘vriend’ ten minste altyd manlik.

 Ek en die Ingelsman het ooreengekom dat ons nie ander mense gaan ‘sien’, terwyl ons mekaar ‘sien’ nie.

 Ons is nie in ‘n verhouding nie, Nee, ons praat net soos tieners oor skippie (skype) vir minstens 2 ure ( het al die 6 uur merk geslaan) en sms dat dit soms voel of ek deel van die Mixit – generasie is. (Nie dat ek dink die sms ding is nou eintlik ‘n indikasie van tiener wees nie, want deesdae sms selfs oumas en oupas redelik aktief)

Wanneer ek verwys na ‘ons wat mekaar sien’, verwys ek maar gerieflikheidshalwe altyd na ‘This thing that shall not be named’.

As iemand my vra of hy my ‘boyfriend’ is, sê ek doodeenvoudig vol selfvertroue en op die vrou af: ‘ Nee…. Mmm… ek weet nie…. Hy is ….my…mmmm … ‘Ons-het-ooreengekom-om-nie-ander-mense- te-sien – persoon’.

Opsomming:

In jou 20’s – gaan jy ‘steady’.

In jou 30’s … wel is jy gewoonlik – ‘getroud’

In jou 40’s – is jy in ‘n ‘this thing that shall not be named’ saam met jou ‘ons-het- ooreengekom-om-nie-ander-mense-te-sien-persoon’.

En soos alles deesdae is daar acronyms vir laasgenoemde: OHOONAMTS persoon

En alles word mos verkort ook, soos van nou af aan sal ek nie meer ‘n probleem hê om ‘n 40+ woord te hê vir ‘boyfriend’ nie.

Ek het ‘n OHOO.

Maklik man! ‘Piet kan ek jou voorstel aan my OHOO, Ingelsman. Ingelsman, dis Piet’.

En ander gesprekke:

‘Nee jammer, ek sal nie kan oorkom vir ‘n braai nie, ek en my OHOO het klaar ander planne gemaak. ‘

WATTER SOORT BLOGGER IS JY

Augustus 12, 2009 in Sonder kategorie

Daar is twee soorte bloggers:

 Die approval addict

En die narcis.

Maar moelik om te erken, maar ek dink die meeste bloggers, val onder ‘approval addicts’ kategorie. Het vir ‘n hele ruk daaroor gedink vandat ek hier in blokkiesland begin speel het met my woorde. Kan onthou hoe opgewonde ek was, as  ek gesien het hoe die getalle van die hoeveelheid mede – blokkers my skryfsels gelees het.

Kinderlik ‘yay’ gesê elke keer as ek gesien het iemand het kommentaar gelewer. En toe het ek begin besef, ek skryf nie net vir myself nie, ek skryf sodat ander moet lees.

As daar blokkers daar buite is, wat beweer hulle skryf net vir hulself, wil ek sê:

Ja, whatever!

As dit nie saakmaak of iemand jou blokkie lees nie, hoekom dan nie net die geskryf in die outydse papier joernaalboek skryf nie…..

 En dan kry jy die narciste, wat skaamteloos na hul eie geskryf staar, wat so oor hulle elke dag doen en late skryf asof hulle glo dat die hele wereld regtig belangstel in hoeveel hulle gekuier het, waar hulle gekuier het of waarheen hulle oppad is.

En dan is die volgende vraag natuurlik: In watter katogorie val jy my mede – blokkieslander?

 Ek erken, met ‘n mate van skaamte, ek is ‘n ‘Approval Addict’- blokkieslander.

Ja, ek hou daarvan om die nommers te sien grootword. Ja, ek hou daarvan as iemand iets skryf oor wat ek geskryf het. Dit beteken iemand hou van wat ek doen…. En ja, dit was met ‘n groot skok dat ek dit besef het!!

 So, be brave citizens of Blokkiesland, en vertel nou maar vir ons almal wat is jy, Narcis of Approval Addict?

Ek het besluit om die blokkie maar ‘n paar keer in te sit, is vrek nuuskierig oordie kommentaar, soos net ‘n egte speurneus kan wees….