Die groot trek

Vir dies van julle wat sou belangstel:

Daar is ‘n groot Exodus wat plaasvind vanaf Litnet na WordPress.

Kom besoek gerus my blog hier: http://skeletorsjournalofevil.wordpress.com

As jy nog nie het nie, join ons daar. Daar is al ‘n hele paar Litnetters daar.  Volg my blog, en jy kan sommer ‘n hele paar ander bloggers daar ook kry.

Los ook ‘n boodskap daar as ek jou nie volg nie. Ek volg so gou as moontlik terug sodat ander bloggers jou ook kan sien.

 

Nuwe pos op WordPress

http://skeletorsjournalofevil.wordpress.com/2014/05/13/dagse-2/

Dagsê mense.

Ek en ‘n hele paar bloggers blog nou op WordPress.

Ek persoonlik het so bietjie gatvol geraak vir Litnet se probleme.

As jy ‘n blog op WordPress  het en ek volg jou nie, los asseblief tog ‘n boodskap daar by my. Selfs al haat jy my guts.

Ek wil graag al die ou Litnetters volg…

Evil Groete

Skeletor

Ons skool hou reunie

bts

 

Sorry oor die opskrif, maar helaas, ek weet nie –

a) Hoe mens re-unie spel nie

b) Hoe mens kolletjies op ‘n U sit nie

Maar ja. Die maters daar van my Alma-Mater af wil mos nou 20 jaar reunie hou.

Good luck to them all, is al wat ek sê.

Die een vraag wat ek my self altyd afvra, en wel, ek kan nie help om dit te vra nie, is dit:  25 jaar terug toe ons in standerd 6 ingestap het tot ons uit Matriek uit is, het die mense wat so bittergraag wil hê ek moet saam kuier, nie eens boe of ba omgegee oor my nie.

Vele teleurstellings later in my lewe, het ek maar geleer om baie versigtig te wees met iemand wat tog te keen is om weer met jou te praat. Daar is ‘n slang in die gras!

Anyhow vang ek nie die doel van die ding nie. Waarom wil hulle my nou, 20 jaar na matriek weer sien? Waarom wil ek hulle sien?

‘n Herhinnering van wat ek sou kon doen met my lewe as ek net geleer het?

Sien hoe die eks-girlfriend is as ‘n ma?

Depressed raak oor dies van ons wat die tydelike met die ewige verruil het?

Meh…

Of sal iemand soos ek, wat maar nie die populêre kind op skool was nie, maar net daar gaan sit en soos op skool, met niemand meng en met my self sit en kuier nie?

Ek lag. Wat is dan die punt van re-unie hou?  Sodat ek kan wys vir almal in 20 jaar, maak nie saak wat nie, kom jy maar weer terug by jouself uit?  Maak nie saak watse paadjies jy geloop het nie?

Miskien.

Wees die Bobbejane genadig…

Ek was die naweek bevoorreg gewees om Black Leopard Camp toe te gaan daar duskant Lydenburg. Awesome plekkie, rerig. (Miskien sal ek bietjie meer post later)

Die naweek het ek baie wild gesien. Onder andere bobbejane. En soos ek vir Kees dophou waar hy die berge op en af klim dink ek so aan my medemens.

Baie van ons: Dom soos brood.

Dat ek so sit en dink: Waar kom ons daaraan om te sê ‘n dom mens is ‘n bobbejaan?

Wat het die bobbejane aan ons gedoen????

Soms…

Word mens wakker, dan is jy sommer net om dit in goeie Afrikaans te stel die bliksem in vir sommer geen rede op aarde nie.

Alles irriteer jou net. Jy is lus om die man in die maan ‘n snotklap te gee sommer net.

Dan lees jy die nuus: 15 jarige doodgeskiet. Die skieter het “waarskuwing skote” na ‘n kar vol kinders geskiet.

As ek die polisieman was wat daai verklaring moes vat, sou ek die eerste snotklap vir die dag uitgedeel het.

batmanslapsNog iemand wat ‘n snotklap verdien:

Die drol wat die frase: “Pay your TV License. It’s the right thing to do” neergepen het. Fok jou! Ek gebruik nie eens my TV om DSTV te kyk nie, wat nou nog van die SABC stront wat julle my wil kom vertel is kwaliteit TV.

EDIT: O ja, en enige skrywer wat nog ‘n “Ek spyker ‘n biljoenêr” boek skryf.

 

Liefde… Blog uitdaging vir die week…

Oh they say that I’m feeble with age, Maggie

My steps are much slower than then

My face is a well written page, Maggie

And time all alone was the pen

They say we have outlived our times, Maggie

As dated as songs we’ve sung

But to me, you’re as fair as you where, Maggie

When you and I were young…

Daar is geen beter liefdeslied (Vir my) as die immergroen Maggie soos gesing deur Foster and Allen.

Dit is my hoop, dat ek eendag as ek oud en grys is, ek die liedjie vir die girl met wie ek tans my lewe share, sal kan speel, en ons met ‘n gelukkige tevredenheid kan sê: Die liedjie is ons twee…