Studente is bliksems! 18T

Augustus 26, 2011 in Sonder kategorie

Waarskuwing: 18T Sommige taalgebruik hieronder kan anstoot gee. Jy is gewaarsku!

Dit was die laaste dag van gewone eksamens van my tweede jaar. Ek was nog by die koshuis oor die teer sakie van ‘n FinRek II her. Maar vir die meerderheid 3de jaar studente was hulle swottings verby. Die vreugdesvure het HOOG gebrand…

Onder die bittereinders by hierdie fees van Hoë Vure was daar oa ons huiskommitee lede vir Godsdiens en Kultuur, Primarius, Finansiël en Sosiaal. En ook een Studenteraadslid.

Elias, ‘n ou wat geglo het hy werk aan ‘n loopbaan en nie ‘n renbaan nie was ook deel…as ek reg onthou was hy iets soos 2de jaar akademies en 6de jaar histories was ook daar.

In die vroeë oggendure van daardie Dinsdag het die klompie besluit dis nou tyd om te gaan pool speel. Almal, gesuip, in een kar sit toe af na die local pool plek. So blok voor hulle arriveer is dit net blou ligte…

Na ‘n redelike geweldlose ekskursie, word die bestuurder (HK: Godsdiens en Kultuur) laat gaan. Die res moet kaastrokkie klim. Onthou dit was in die Vrystaat so mens noem dit ‘n trokkie…’n hond eet uit ‘n bakkie. Twee word by Navalsig se selle toegesluit; die res Parkweg.

Intussen haas die vrygelate HK van Godsdiens en Kultuur hom terug koshuis toe om by die Onder-Primarius hulp te gaan soek. Hy kon nie kuier nie…het self ‘n her gehad! Maar die gesprek loop toe iets soos dit:

“Paul, jy moet help. Daar is groot kak!”

“Watse kak?”

“Ons wou gaan pool speel toe trek die pote ons af. Toe maak die ander klomp kak en die pote sluit hulle toe.”

“Waar is hulle nou?”

“In die tronk!”

“Dan het ons niks om oor te worry nie. Ten minste kan hulle nie verder kak aanjaag nie. Ons sal hulle later gaan kry. Ek slaap nou eers verder.”

…if only they knew…

Voor ons delegasie die koshuis kon verlaat om ons maatjies te gaan haal, is hulle terug. En pikswart. Van ink. En hulle moet oor ‘n uur by die hof wees:

Openbare onsedelikheid

Kwaadwillige saakbeskadeging

Aanranding

Poging tot aanranding

Dronk op straat

Beskadiging van staatseiendom ens.

Ek kan nie al elf aanklagte onthou nie. Maar dinge het blykbaar regtig erg begin raak nadat een van hulle ‘n botteltjie vingerafdrukink gesteel het en hulle besluit het om daarmee hulle sel swart te verf. Dis nou nadat hulle valse name opgegee het en ‘n ander botteltjie ink in een van die polisielede se valhelms uitgegooi het. En daaroor met die lid handgemeen geraak het in die sel…studente is een ding, ‘n dronk student iets heeltemal anders! Veral as hulle in Parkweg se selle beland.

Soos die lot dit egter bepaal het, was ons koshuisvader ‘n prokureur! ‘n Vinnige oproep en Coennie sê hy kry die manne by die hof. ‘n Uur later staan ons almal by die hof en wag. Die aangeklaagde spul netjies gesuit en getie met alle ink verwyder. En so staan en wag ons. En ons wag. En ons wag. Ons sien honderde regsmense verby loop met togas en daai groot swart tasse…baie indrukwekkend!

Een van die ouens, Elias (dis nou die loopbaan ipv renbaan ou), se pa is oppad van Victoria-Wes om hom en sy boetie te kom haal. Maar Elias weet hy moet mooi in sy spoor trap…sy pa is baie kwaai en het al vele keer gedreig om sy loopbaan kort te knip. Hierdie sal die heel laaste strooihalmpie wees.

Elias kon ‘n matroos leer vloek. Nou koppel dit aan een helse hangover, intense senuwees en 11 hangende klagtes en jy het een standaard plofbare situasie. Hy het vir homself so ‘n 10 meter roete gekry en heen en weer geloop op dieselfde paadjie. En gerook. En gevloek.

“Jissis, fokkit, shit, god, fok”

Hierdie 5 woorde is oor en oor herhaal…nou en dan onderbreuk deur ‘n lang trek aan die sigaret in sy hand. Soos die spekulasie oor moontlike repurkussies gevloei het, sou Elias net elke nou en dan sê:

“Solank my fokken pa net nie uitvind nie. Die landdros kan my eiers uithaal. My pa moet net nie fokken weet nie.”

Sommige prokureurs het sommer met twee van daai tasse geloop. Sommiges het sommer sulke trollies saamgesleep. Ons het dadelik gereken hoe slimmer die prokureur hoe meer boeke dra hy saam! Dit het ook veroorsaak dat Elias gereken het Coennie gaan daar opdaag met ‘n 3 ton vragmotor vol boeke en leêrs. Hierdie is mos ‘n belangrike aangeleentheid!

Maar toe Coennie uiteindelik gewaar word op daardie Dinsdagoggend waar hy aangestap kom met slegs sy sambreel (dit het gelyk na reën) sonder toga en tas was daar totale chaos. Al wat Elias kon doen was om voor Coennie te gaan staan met trane wat teen sy wange afloop en sê:

“Fokkit Coennie, waar is jou boeke?”

22 antwoorde op Studente is bliksems! 18T

  1. Om daar te gewees het…dit was kak snaaks. Al die spanning was gebreek.

  2. TS het gesê op Augustus 26, 2011

    hehehe… ja studente is nie mense nie… dit sal nooit verander nie

  3. I’ll drink to that!

  4. Thanks!

  5. eros01 het gesê op Augustus 26, 2011

    Dit was nou snaaks!xR

  6. studente is nie ‘n poliseiman se gunsteling spesie nie

  7. 😉

  8. Ons het BAIE probleme met hulle gehad. Meestal oor simpel goed.

  9. pasella het gesê op Augustus 26, 2011

    Lekker ou kak aanjaag daar in Bloemies!

  10. watter koshuis?

  11. Ja-nee wraggies! Kom dit nou agter…

  12. 🙂

  13. En hierdie is een van die wat ek kan vertel…daar is so baie wat ek eerder vir myself sal hou!

  14. Ek het by die Technikon geswot. Mannheim.

  15. Die trane LOOOOOOOP soos ek lag.

    Dis flippen goed geskryf.

    Dankie Bernard.

    Fokkit Coennie, waar is jou boeke.
    BWHAAAAAAAAAAA HAAAAAAAAAA HAAAAAA
    LMGA.

  16. Uiteindelik op kantoor…

  17. Ek is bly jy het dit geniet!

  18. Hoekom ek gewonder het- ons het ook ‘n Elias gehad- ‘n Griek uit Welkom, wat deesdae êrens ‘n gerespekteerde dokter is…

  19. Stadion Take Aways se hamburgers, vroeër bekend as Johnnies, twee uur in die oggend… en Silver Spoons se vetkoeke…

  20. ‘n Johnnies burger met ‘n 500ml Creme Soda…manna uit die hemel! Ek maak ‘n punt daarvan om een te eet wanneer ek in Bloem is; goeie herhinneringe!

  21. Daai rooi mat…was self daar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.