weeklikse tema: TROETELDIERE 3
November 29, 2013 in Uncategorized
Met Kersfees om die draai dink almal opnuut weer aan geskenke. Troeteldiertjies is tog al te oulik en cuddly, maak dus oulike geskenke.
Ek het sommer net ‘n paar foto’s wat ek gaan deel van troeteldiere wat nie meer welkom was nie en dan na een of ander sorgoord gestuur word ( as die dier gelukkig is). Ek het so rukkie gelede foto’s geplaas wat ek by Butterflyworld tussen die Kaap en Paarl geneem het. Daar het hulle ook fasiliteite vir sulke onwelkome troeteldiere.
Mense besef nie hoe kan voëls wat in ‘n kou aangehou word, mors nie. Ook word alle voëls nie so mak sodat hulle met gemak hanteer kan word nie. Sommige bly byt al is hulle van kleintyd af hanteer – en dis BAIE seer.
En dan natuurlik die liewe marmosetapies. Baie oulik maar flippen stout as hulle die kans kry.
Marmotte is ook nie altyd die oulikste troeteldiertjies nie. Hulle word nie altyd regtig mak nie en kan ook nogal venynig byt as hulle nie lus is vir hanteer nie
Helaas sal daar seker weer ‘n hele paar lewende Kersgeskenke wees wat die nuwe eienaar nie altyd weet wat om mee aan te vang nie
@tina10, daar is ook slange spinnekoppe en skerpioene maar ek neem nie foto’s van sulke goete nie. Van hulle is gekonfiskeer met die onwettige inbring daarvan in die land in
Onlangse kommentare