Ek lei af ons almal het ‘n bonte versameling bekers in ons kaste. Hulle is vir die huismense. Sekeres is gunstelinge as dit by die koffiedrink kom. Ek gebruik enige beker wat beskikbaar is.

so roesemoes van goed
Dan wil dit vir my voorkom of ons ook almal “bêre” bekers het wat vir ons gaste gereserveer is. Van beide die bekers hier onder het ek 12 gehad waarvan daar nou net 5 van die blou/groenes en 7 van die rooi Delft* oor is. van albei kan ek nie meer kry nie en sal seker maar nuwes moet kry en hoerdie na gebruikskas oorskuif

bekers vir gaste
my weird gewoonte is dat ek selfs ook vrugtesap in ‘n beker verkies!
*Ek het redelik lank terug eenmaal genoem dat ek van die pink Delftse porselein hou maar het ondertussen uitgevind dat dit eintlik veronderstel is om rooi te wees. Ek het ook ondertussen uitgevind dat die fabriek nog net die bloues maak en dat daar, buiten die rooi, ook groen en swart kleurstof op ‘n stadium gebruik was.
O ja, ek onthou nou! Het hom so rukkie terug hier gewys maar ek het Doring se oupa se bekertjie van 1928 wat seker die ereplek van bekers in hierdie huis verdien. HY word nie gebuik nie.

Murano glasbekertjie vanaf 1928
en dit @tina10 is my bekerstorie. 😀
Onlangse kommentare