Jy blaai in die argief vir oor diere.

opinies asb

Januarie 7, 2013 in oor diere

Ouboet wat deurmekaargeraak het met Duitse meisie, het ons 2011 se Kersfees toe ons in Europa vertoef het, saamgeneem om die res van S se familie te ontmoet. dit was in ‘n sekere sin lekker en interessant maar ook ‘n pynlike ervaring.  Die grootste nadeel is natuurlik dat hulle net Duits kan praat en ons niks Duits magtig is.

Ons was heel gul met die uitnodiging dat hulle ook ‘n slag na Suid-Afrika moet kom. Hulle het die uitnodiging aanvaar – nie net die ouers maar ook die uitgebreide familie gaan hier opdaag.  Die hele groep sal 9 volwassenes wees (eina!) waarvan die 2 wat ons nie ken nie in die nabygeleë hotel gaan bly.

Gisteraand word daar vir my gesê: “Ma weet hoe lyk S se maak se huis!”   Ja my kind ma weet mens kan van die vrou se vloere af eet!!!!  Haar huis het nie vir ‘n jaar lank geen springclean  gehad nie.  Hulle het nie so ‘n droë warm somer wat jou dwing om vensters en deure oop te maak vir ‘n koeligheid nie.  Hulle het ook nie die Kaapse wind wat die stof so dowwe lagie op alles laat neersif nie.

En toe sit hy die kersie op die koek met die volgende woorde:  “Ma weet hoe voel S se ma oor honde in die huis!”  Toe vererre ek my so effens.  Hy het groot geword met diere in die huis en weet ons leef nie morsig nie. Trouens, die een hond wat ons op die oomblik nog het, het hy rondgesoek en vir ons van haar vertel!

Moet ek my honne met die banvloek tref as die kuiergatte hier aankom, of moet hulle dit maar vat soos ons dinge doen?  Is immers onse kaia!

Pennie by haar oubaas

 

Ps:   Ja Tina ek weet!    🙂    As jy my weer aanspreek gaan ek nie weer blog nie  🙂