Jy blaai in die argief vir leesstof.

wat lees ek?

Oktober 23, 2012 in leesstof

Ons verblyf in België word vir my draaglik gemaak deur ‘n paar dinge. Dis nie asof dit ‘n slegte ervaring is om hier te wees nie, maar mens is ver van huis en haard en die eensaamheid kan jou maklik beetkry.

Buiten die gulde geleentheid om nuwe plekke te besoek, hou internet my darem soortvan ook goed aan die gang.  Maar lees is een van die dinge wat ek die afgelope jaar baie druk doen.  Hoewel ek na maande ‘n winkel ontdek het wat groot verskeidenheid Engelse boeke het, het ek ‘n handjie volle plekkies raakgeloop wat 2e handse boeke verkoop en waar ek so van tyd tot tyd iets uitsnuffel.  Nou die dag was ek by die een in, die Engelse rak was besonder leeg en ek gryp toe die eerste die beste boek wat ek kon kry.

En ek is gehook!!!  Heeltoevallig is dit die eerste van ‘n reeks en ek weet nog nie of hulle noodwendig op mekaar volg nie.

Nou egter vir die tameletjie.  Ek het ‘n hele handvol van haar boeke in e-boek formaat, maar besit nie ‘n kindle nie.  🙁  Lees dit nou maar op die laptop, maar dis nie so maklik soos om bv. boek in jou handsak te stop en op die trein te sit en lees nie.

Sal ek nou maar ‘n wensbriefie oppos Noordpool toe en hoop ek is nog nie te oud om ‘n geskenk van Kersvader af te ontvang nie!