Jy blaai in die argief vir kos.

Die ete

November 23, 2012 in kos, Uncategorized

Adage het die lieflikste tafel gedek en die interessantste mense genooi om aan te sit.

ek wil ‘n paar manne die kans gun om op mekaar se skouers te huil dus sal my gaste iets in gemeen hê.

John Profumo

David Petraeus

Simson

plus 2 manne met rooi gesigte wat steeds soort van in hulle setels bly sit het

Hugh Grant

Bill Clinton

Vir ete sal ek Adage se voorbeeld volg en van die diens van spyseniers gebruik maak.  Sal egter sorg vir sulke lekker soedgoedjies vir nagereg.

vrugte tertjies

REDIGEER

Ek het vergeet om bloggers te nooi so hier gaat ek

Meld asb aan en reël dan jul eie etes.  En NEE julle kan nie almal langs Hugh wil sit nie

celia

 

 

vega

lou

 

tina

(jy het al ‘n tafel – so jy is verskoon van nog ‘n ete)

 

monica

 

Bully Beef – Boeliebief

Oktober 26, 2012 in kos

Met die lees van die kommentare op my vore blog oor die geblikte vleis het ek weer van ‘n langvergete gebruik onthou.

Omdat ek net ‘n klomp seuns grootgemaak het, het ek gewoonlik met hulle verjaarsdagpartytjies meer as net koek en lekkers aangebied.  Frikkadelletjies, klein vleisrolletjies en ander soutighede het ek gemerk hou die seuns net so baie van. ‘n Slag of wat het ek ook  Boeliebief wiele vir hulle voorgesit wat gladnie te onaardig is nie en groot aftrek geniet het.

Ds basies ‘n variasie van tuna wiele wat sekerlik bekend is in menige huishoudings

  • uitgerolde pak blaardeeg (van die gekoopte soort)
  • smeer boeliebief egalig oor deeg,
  • strooi gaar uie, gerasperde kaas en bietjie fyngekapte pietersielie oor.
  • toegerol en in skywe gesny.
  • bak platgepak op bakplaat by 180° tot deeg gaar is.  wat is nou makliker as dit

die vulsel het soms selfs ook bietjie mayonaise bygekry.