Jy blaai in die argief vir algemeen.

2 goed wat ek wil weet

Oktober 21, 2013 in algemeen

eerstens.

Vanoggend weer ‘n kommentaar gekry wat ek moet modereer

Dit verstaan ek, voordat enige persoon vir die eerste maal op blog kommentaar kan lewer, moet hy eers toegelaat word.  Ek het die afgelope ruk nou al ‘n paar keer kommentaar op blogs wat ek 2JAAR gelede al geskryf het, gekry.  Gebeur sulke dinge bly enige ander bloggers ook??  dis ook nie vanaf mense wat ek elders sien blog of lees nie

tweedens

Wie of wat is Evie White?  Dit lyk vir my baie spammerig daar

en dan nou een ding wat ek wil vertel.  Daar word beweer dat hoe sterker die sedoos in die Kaap waai, hoe meer reën kry die binneland.  Dan wil ek julle waarsku om gereed te maak vir baie water.

Net Ek se uitdaging

September 4, 2013 in algemeen, suid-afrika

kom wys jou omgewing vra Net ek

Hierdie is nou wel so ongeveer 10 kilometer van ons af maar ek deel dit graag met julle.  Josfien (wat nie meer blog  nie!!) het my hierdie plek gaan wys en sedertdien het ek al ‘n hele paar van my besoekers geneem om die plekke te  gaan besigtig.  Dis so klein kompleks in die middel van Durbanville se sakekompleks met verskeie innoverende besighede wat daar bedryf word.  Die hoofgebou se geskiedenis ken ek ongelukkig nie.

gebou van voor af

1e padpredikantjie

2e padpredikantjie

annekse waar al die dinge gebeur

die mosaiek studio se bord

iemand se handewerk

die vrou se hare van naderby gesien

in die keramiekmuseum

Tailor’s dummy van Bea Jaffray

nog van Bea se werke  of ook  hier

Sy maak klein teeltjies van ongeveer 2.5 X 2.5 cm en heg hulle dan aanmekaar om paneel te vorm

(onthou tog om te kliek op die foto’s vir beter detail)

 

 

verskillende vorms van bedel

November 15, 2012 in algemeen

Nes enige ander plek het Rome ook sy kwota van bedelaars. Buiten dat daar op elke kerktrap iemand met ‘n papierkoppetjie sit en bedel is daar baie ander vindingrykes ook.

Hierdie ou se ogies mis niks wat na sy kant toe gegooi word nie.

Skerp ogies

Vir so foto moet betaal word en as jy saam met die man in die foto wil verskyn, nog meer.

nie sonder ‘n prys nie

en dan natuurlik hierdie ene.

stok oud? nee, goeie akteur

Hierdie figuur skuifel-skuifel rond met kopdoeke so laag afgetrek dat mens nie die gesig kan sien nie. Nadat ek lank genoeg rondgehang het, het “sy” gaan sit, ‘n appel uit daardie rugsak gehaal en begin eet.  ‘n Baie jong gesiggie(nog ene melkbaard) het vlugtig in my rigting gekyk voordat die kopdoek weer behendig afgetrek is.

Dan is daar nog die vele “standbeelde” en ‘n handjievol straat musikante ook.  Van hulle het ek egter nooit foto’s geneem nie.

 

2dinge……nee3

Oktober 31, 2012 in algemeen

Die eerste ene is dat Tina in die hospitaal is, ek wonder hoe dit met haar gaan en MIS haar regtig hier op die blog.

Dan die tweede ding : ek wens die flippen blog het my die keuse gegee om my kommentaar op ander blog te kan redigeer.  Dit maak my moedeloos as ek daardie LEWER KOMMENTAAR opsie so druk en ek sien hoe gaan ‘n gruwelike spelfout in die ruimte in.  Ek weet dreig word nie met ‘n y gespel nie en tog het ek dit gedoen en gesien net toe dit wegvlieg!

Laastens, ek dink die nuwe blogforum het ons almal se stoutse verwagtinge oortref.  Ja, daar is goed wat krap en pla, maar ons is nog hier en aan die gang.

PS:  Ons het ‘n heerlike sonnige dag gehad en ek het herfs foto’s gaan neem.  Sal môre oplaai want weervoorspeller het alweer nat koue weer van vannag af vir ons voorspel.