Bloguitdaging KINDERS
Julie 1, 2014 in Uncategorized
Hierdie tante waterhoender het enige stuk vlotsam wat sy in die hande ( of is dit nou in die bek?) kon kry, gebruik om ‘n nes te bou waarop sy haar kinnertjie grootmaak. Onder haar was nog enetjie en Pa het so van tyd tot tyd daar aangekom met ietsie te ete in sy bek.
kyk hoe besorgd is haar kop na die kleinding gedraai
@tina10 wonder wie gaan nog hier ronddwaal!
tina10 het gesê op Julie 1, 2014
Sjoe dis ‘n pragtige foto!
Ek is darem nog hier
rosiemetdorings het gesê op Julie 3, 2014
@tina10 wat my interesseer is dat die kind se kop so vol helder donse is, maar die volwasse voels lyk nie so nie.
Ja Tina ek weet jy is nog hier, ek dink egter dit word tyd om te aanvaar dat litnetblog ‘n doodsreukie begin kry
perdebytjie het gesê op Julie 1, 2014
Dis nou so oulik…kindertjies in die natuur!Ek dobber darem nog hier rond saam met @tina10
rosiemetdorings het gesê op Julie 3, 2014
@perdebytjie
hier is nog so handjie vol mense wat in en uit woerts warts, maar ek dink ek gaan ook nou maar halt roep hier.
Ek wens net ek kan AFRIKAANSE blog aan die gang kry by WP ~ dis pure luigeid van my om nie so ver te kom nie
daniec het gesê op Julie 1, 2014
Ek kom darem ook af en toe hier loer. Nog nie regtig my voete gevind aan die anderkant nie.
danie coetzee het gesê op Julie 1, 2014
Ek kom loer ook so af en toe hier. Het nog nie my voete werklik daar gevind nie. Lees lekker aan baie ander bloggers se skrywes.
rosiemetdorings het gesê op Julie 3, 2014
@daniec
Jy is nie die enigste ene nie ~ ek het WP blog maar wil ‘n afrikaanse ene daar skep en kom netnie so ver nie
lora2me het gesê op Julie 7, 2014
@rosiemetdorings Dis ‘n pragtige foto.
rosiemetdorings het gesê op Oktober 16, 2014
@lora2me
Dankie, voel net baie sleg dat ek nou eers jou opmerking raaksien. Ek kom nou maar selde hier