sien hier is tog nog so bietjie lewe

Junie 26, 2014 in Uncategorized

Het nou net so effentjies gedwaal deur die verlate gange van litnetblog.   Frik reken ons moet weer lewe hier laat opvlam. net daarna lees ek hy gaan vir 3 weke vakansie hou en sal weer kom blog as hy terugkom.   🙁

Ek is in jare dalk nie  so jonk nie, egter nie so jare lange blogger soos tina en ‘n paar ander siele nie.  Dit is egter iets wat ek baie geniet het en tog mis.  Die gedagte van weeklikse tema het nogal goei vrugte afgewerp en as die administrators nie so lank geneem het om die kranklikheid van die litnetblog te herstel nie, sou dit seker nie die spookdorp geword het nie.

siende dat dit nou onaangenaam koud en nat is hier by ons, sit ek nie my voete by die deur uit nie.  ek sal julle dus vermaak met foto’s wat ek al so rukkie gelede geneem het.  hierdie outjie het so effe koers verloor en in die huis ingevlieg.  Hy was so moeggespook om weer uit te kom dat ek hom sommer met die hand gevang het en buite op die muurtjie kon neersit.  daar het hy hele rukkie vertoef en toe met ‘n woerts weggevlieg.jan frederikkie

4 antwoorde op sien hier is tog nog so bietjie lewe

  1. tina10 het gesê op Junie 27, 2014

    Ja ek byt ook maar vas hier Die kommentare is maar skraps maar mens waardeer elke stukke kommentaar soveel te meer. Ek dink ‘n hele paar van die gereelde bloggers het gewoon ophou blog ook

    Lekker naweek

  2. Ag dis ‘n pragtige foto van ‘n pragtige knapie! Ek het bitter min tyd om te blog en kry gevolglik nie my blog op WordPress aan die gang nie. Kan eers van vandeesweek af hier op Litnet kommentaar lewer. Mis julle vreeslik!

    • @frandr
      my probleem is dat ek ‘n WP blog het wat deur etlike buitelandse mense gevolg word en waar ek meestal net ‘n paar foto’s plaas. Niks van hierdie lekker kekkel kuier nie, nou wil ek totaal nuwe ene daar begin maar kom ook nie so ver nie.
      die knapie is nou gereelde besoeker hier – ek sit maar so af en toe kaas uit vir hulle

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.