Jy blaai in die argief vir 2014 Junie.

sien hier is tog nog so bietjie lewe

Junie 26, 2014 in Uncategorized

Het nou net so effentjies gedwaal deur die verlate gange van litnetblog.   Frik reken ons moet weer lewe hier laat opvlam. net daarna lees ek hy gaan vir 3 weke vakansie hou en sal weer kom blog as hy terugkom.   🙁

Ek is in jare dalk nie  so jonk nie, egter nie so jare lange blogger soos tina en ‘n paar ander siele nie.  Dit is egter iets wat ek baie geniet het en tog mis.  Die gedagte van weeklikse tema het nogal goei vrugte afgewerp en as die administrators nie so lank geneem het om die kranklikheid van die litnetblog te herstel nie, sou dit seker nie die spookdorp geword het nie.

siende dat dit nou onaangenaam koud en nat is hier by ons, sit ek nie my voete by die deur uit nie.  ek sal julle dus vermaak met foto’s wat ek al so rukkie gelede geneem het.  hierdie outjie het so effe koers verloor en in die huis ingevlieg.  Hy was so moeggespook om weer uit te kom dat ek hom sommer met die hand gevang het en buite op die muurtjie kon neersit.  daar het hy hele rukkie vertoef en toe met ‘n woerts weggevlieg.jan frederikkie

weeklikse tema V voëls

Junie 8, 2014 in Uncategorized

@tina10

ek het nou op my ou blog ingegaan en gesien wat Danie vertel hy gemaak het.  Gaan dus kyk of dit vir my ook werk.

antjie die rooibruinhen

Antjie die rooibruin hen

Ja lyk vir my hier gaat ek weer!!

@daniec en @perdebytjie   ek het Danie se raad gevolg en sowaar ek het weer plek vir foto’s.  Net spyt ek het dit nie daardie tyd al gesien nie!   nou is litnetblog net ‘n ashoop