Die weeklikse uitdaging : BEKERS

Februarie 20, 2014 in Uncategorized

Ek lei af ons almal het ‘n bonte versameling bekers in ons kaste.  Hulle is vir die huismense.  Sekeres is gunstelinge as dit by die koffiedrink kom.  Ek gebruik enige beker wat beskikbaar is.

bekers 01

so roesemoes van goed

Dan wil dit vir my voorkom of ons ook almal “bêre” bekers het wat vir ons gaste gereserveer is.  Van beide die bekers hier onder het ek 12 gehad waarvan daar nou net 5 van die blou/groenes en 7 van die rooi Delft*  oor is.  van albei kan ek nie meer kry nie en sal seker maar nuwes moet kry en hoerdie na gebruikskas oorskuif

bekers 02

bekers vir gaste

my weird gewoonte is dat ek selfs ook vrugtesap in ‘n beker verkies!

*Ek  het redelik lank terug eenmaal genoem dat ek van die pink Delftse porselein hou maar het ondertussen uitgevind dat dit eintlik veronderstel is om rooi te wees.  Ek het ook ondertussen uitgevind dat die fabriek nog net die bloues maak en dat daar, buiten die rooi,  ook groen en swart kleurstof op ‘n stadium gebruik was.

O ja, ek onthou nou!  Het hom so rukkie terug hier gewys maar ek het Doring se oupa se bekertjie van 1928 wat seker die ereplek van bekers in hierdie huis verdien. HY word nie gebuik nie.

kaggelkakkie 03

Murano glasbekertjie vanaf 1928

 

en dit @tina10 is my bekerstorie.  😀

 

 

28 antwoorde op Die weeklikse uitdaging : BEKERS

  1. Dit was nou ‘n lekker kuiertjie in jou bekerkas!

  2. Ek sal moord pleeg vir die Murano bekertjie
    🙂

  3. Nou wil ek natuurlik die geskiedenis weet van die bekertjie, uitgegraveer en alles….

  4. tina10 het gesê op Februarie 20, 2014

    Ek gaan nog eendag uit een van die bekers kom drink… Powerchair het vandag op sy blog gegroet Hy sê sy arems en vingers kan nie meer sulke lang blogs tik nie. Ek sal baie graag by hom wil draai… my hart is vreeslik seer. Wens ek kan iets doen.

  5. Wat het hulle uit daardie Murano bekertjie gedrink? Dink konjak behoort te werk. @tina10 Tragies van Powa, soos sy sportblogs geheet het. Mooi versameling!

  6. Godiva het gesê op Februarie 20, 2014

    Die Murano bekertjie is regtig besonders.

  7. Jou bekers loop oor?

  8. Elly het gesê op Februarie 20, 2014

    Daardie Murano beker – ek het ook so ene gehad. Met my egskeiding het ek egter die meeste van my goed moes agterlaat, en so ook hierdie beker. Sad memories. Hopelik kry my kinders eendag al hierdie goed van my wat ek moes agterlos!

  9. Jy het ‘n stewige versameling daar @rosiemetdorings. Die Murano-beker is seker nogal baie werd. Jou Delft-bekers is dun en sal seker lekker rooibostee ook kan hou.

  10. Om te dink daar was ‘n stadium toe gesê was blou en groen pas nie bymekaar nie. Good grief!

  11. Daai Murano bekertjie is te cute.

  12. jou bekerkas lyk baie soos myne (-; Daai glasbekertjie is iets besonders.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.