Litnet marakkas!

Februarie 12, 2014 in Uncategorized

Lyk my daar is nog so hier en daar van julle wat gelukkig genoeg is om op die blog te kan inkom en sien wat ander mense geblog het!

Ek het   Godiva se raad en die alternatiewe links wat sy gegee het gevolg.   Enigste ene wat dalk kan werk is die van Vuurklip, maar dan moet ek elke leser wat ek wil sien se link persoonlik oplaai.  Nuwe bloggers of iemand waaraan ek nie gedink het nie, se blog sal  nie by my uitkom nie.

Hierdie is dan my voorlopige swanesang totdat die ratte  van die blog weer geolie is  (indien dit ooit gaan gebeur)

 

swaan 1

PS:   net vir interessantheid, ek aanvaar iemand het al vir Admin ‘n boodskap deurgestuur!

 

14 antwoorde op Litnet marakkas!

  1. Admin reageer nie op enige klagtes nie. Dít, dink ek is baie swak en getuig van ´n gebrek aan goeie maniere. Kan hulle nie maar net sê ons sukkel en verskoon die probleme en ons werk daaraan nie. Baie swak!

    • Op my rekenaar werk dit ooknie want ek het nie daardie blokkie nie, maar net op my tab, maar onthou as jy die blokkie met die rooi pyltjie het en gemerk het POSTS, dan moet jy litnet weer reload.
      Dis ‘n beslommernis.

      Dis ‘n pragtige swaan, amper so mooi soos my Charlie.
      🙂

  2. tina10 het gesê op Februarie 12, 2014

    Nee jong ek het nog nie gekla nie want ek weet nie wat om te sê nie Ek weet daar is ‘n probleem maar ek weet nie wat iemand moet doen nie

  3. Nee nou het die blokkie opgekom.
    Nou kan ek die nuutste blogs sien en as ek comments in die blokkie druk die kommentaar.
    Ek dink my blog is engels
    🙂

  4. Haai ouens hou net moed Media24 is besig om die stelsel te ondersoek om die fout te vind, dis waarskynlik hoekom alles ekstra deurmekaar is, Voor in die wapad brand ‘n lig!

  5. @monicahaddad Jy is bevoorreg dat jy kennis kry. Kan hulle nie maar net hier ´n kort briefie plaas en ons almal sommer tegelyk inlig nie, dan sal die gemoedere nie so hoog loop nie.

  6. Dit is een verskriklike gesukkel!

  7. Ek sien verder die uitgangspunt vir hierdie om te werk is vanaf die aktiwiteitsblad! dis daar wat jy die blokkie kry.
    Nie van die RSS nie.

  8. Frustrasies! Ag, jy weet mos, hulle se dat ‘n mens eers moet swaarkry voordat jy nader aan iemand kan beweeg. Miskien leer ons mekaar beter ken na hierdie hele proses. 🙂 Moenie bekommerd wees nie, ek sal gaan soek tot ek jou inskrywings kry, @rosiemetdorings

  9. Jis ek kan ook nie my gat draai nie – of die plek moer uitmekaar uit – was twee dae nie hier nie – en nou is daar net chaos – blameer dit op my – lyk my as ek nie inteken nie, dan breek goed – hoes daai vir ‘n ou met ‘n hoe dunk van homself!

  10. Ek’s gatvol.vir die gemors.

  11. Ek het ‘n avatar probeer laai,toe is ek skielik anonymus..bwahahaa!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.